Covid-19: Meer as 400 nuwe gevalle bevestig

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het tot 6 783 gestyg met 447 nuwe gevalle wat in die afgelope 24 uur aangemeld is.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is nog agt Covid-19-sterftes aangeteken en staan die dodetal nou op 131. Daar is twee nuwe sterftes in die Wes-Kaap aangeteken, vier in die Oos-Kaap en twee in Gauteng.

Mkhize het verder gesê daar is tot 30 April altesaam 7 216 777 burgers gesif van wie 72 087 vir toetsing verwys is. Altesaam 245 747 Covid-19-toetse is al gedoen en 2 549 mense het reeds van die virus herstel.

Die grootste styging van gevalle was in die Wes-Kaap. Die getal gevalle het van gister se 2 700 tot 3 044 gevalle toegeneem met 58 sterftes wat reeds in die provinsie aangeteken is. In KwaZulu-Natal is 34 mense reeds dood en 17 in die Oos-Kaap. Gauteng het al 14 sterftes aangemeld, die Vrystaat ses en Limpopo twee. Noordwes, Mpumalanga en die Noord-Kaap het nog nie sterftes aangeteken nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ronel ·

Die toetsing vorder te stadig en baie provinsies is nog nie eers gedoen. Die daaglikse statistieke is nie by verre korrek.

Willem ·

Stem Ronel die Wes Kaap vetrou ek met syfers maar Limpopo en Natal waar min mensehul blykbaar steur aan die virus nooit. Daarom sal hulle nooit syfers van aantal toetse gedoen bekend maak nie

Willem ·

Sien op news 24 die DA vra nou ander provinsies se toets syfers aan . Nou gaan die poppe dans

Lorna ·

Ek het in n berig gelees dat hkm die kaapstad die meeste gevalle het is omdat hul baie harder werk as ander provinsies om op spoor van virus te bly hul gaan na huise en soek virus waar in ander plekke wag hul vir mense om na hul toe te kom
Hul werk harder daar as op enige ander plek
Ek weet nie maar dit maak vir my sin

JohanR ·

Agt provinsies onder ANC beheer, en een onder DA beheer. Wie sal jy glo vir statistiek? Kan sien dat die KGB komittee vir die Wes-Kaap gaan se om op te hou met statistiek uit te stuur….

Porseleintjie ·

Wat ek nie verstaan nie is hoekom die geval eers bevestig word nadat dit getoets is. SA is reeds vanaf Maart bewus van die virus. Mense sou tog lankal by n kliniek of hospitaal gaan aanklop het. Ek ruik n rot en wonder tog oor dai stokkie teorie.

Alleen Wolf ·

As jy na die grafieke kyk wat in elk geval sinnelose snert is, dan het “Lockdown” net mooi niks bygedra tot die bekamping van die virus nie, net daarin geslaag om die reeds brose ekonomie totaal te vernietig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.