Covid-19: Meer as 900 SA’ners het al herstel, wys statistiek

Foto: Pixabay

Die departement van gesondheid het Donderdagaand die jongste statistiek vir die koronavirus (Covid-19) in Suid-Afrika bekend gemaak.

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het bevestig 2 605 persone het tot dusver positief getoets vir die virus en 95 060 toetse is reeds gedoen.

“Limpopo en die Oos-Kaap het ook hul eerste sterftes aangemeld,” het Mkhize gesê. Die dodetal staan op 48.

Mkhize het egter verduidelik dat minstens 903 persone reeds herstel het van die virus in Suid-Afrika. “Ons word bemoedig deur die toenemende getal pasiënte wat van Covid-19 herstel het. Ons spreek ook ons waardering uit aan die toegewyde gesondheidswerkers wat daagliks onder hierdie omstandighede werk,” het hy bygevoeg.

Die provinsiale statistiek lyk soos volg:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lorna ·

Ek vertrou maar net nie die total nie
N 100000_ getoets = van 57 million bewoners
Ag dink hul ons is stupid
My meegevoel met oorledenis
Sterkte aan herstel gevalle
MAAR HOU OP OM VIR ONS GEWONE BURGER TE LIEG

antieke antie ·

ek stem…. ek glo hulle lieg vir ons…. en ons ken hulle tel vermoe….of die gebrek daaraan

Rodger17 ·

Die getalle is verdag net soos die laaste sensus opname.Hierdie virus word net nir reg hanteer nie want die people in beheer is mos almal dokters en professors!Ek glo nie n duit wat die staat deurgee nie!

Andre ·

En hulle wat die reëls neerlê het nie ‘n idee wat aangaan in die regte lewe nie.

venessa ·

Wie kan die syfers glo. dit maak nie sin nie.
dit is so ver van die werklike syfer af.

Bets ·

Hierdie virus word nie reg gehanteer nie daarom kom hy nie tot n einde nie kry mense wat weet hoe om hierdie virus te breek

Jan ·

En hoeveel mense gaan nou dood aan ondervoeding en wanvoeding agv die inperking

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.