Covid-19: Meer bekend oor man in SA

OR Tambo (Foto verskaf aan Maroela Media)

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het aansienlik meer inligting verskaf oor die eerste geval van die nuwe koronavirus (Covid-19) in Suid-Afrika, hoe die persoon die land ingekom het, watter veiligheidsmaatreëls getref word en wie in gevaar is.

Mkhize het die parlementêre perskorps toegespreek nadat die eerste bevestigde Suid-Afrikaanse geval, ‘n 38-jarige man met ‘n vrou en twee kinders van KwaZulu-Natal, Donderdagoggend gediagnoseer is.

Die man en sy vrou het saam met ‘n groep mense vakansie gehou in Italië, wat tans saam met China en Iran die kernpunte van die siekte in die wêreld is. Hy het op 1 Maart die land binnegekom deur die OR Tambo-lughawe en vandaar na Durban gevlieg, maar ondanks al die voorsorgmaatreëls het niemand iets agtergekom nie, want hy was in die inkubasietydperk van veertien dae – die venstertydperk wanneer die virus aanwesig is, maar onmoontlik is om na te speur.

Die pasiënt se status het bekend geword nadat hy sy huisdokter gaan spreek het, wat die nodige toetse gedoen het, wat toe deur die Sentrum vir Oordraagbare Siektes in Pretoria nagegaan is.

Die man is nou in kwarantyn by ‘n mediese instelling in KwaZulu-Natal. Sy vrou en kinders is in tuiskwarantyn. Hulle mag nie skool of werk toe gaan nie.

Mkhize wil nie tans sê waar in KwaZulu-Natal die mense vandaan is nie, om onnodige paniek te voorkom. Hy het wel onderneem om die naam van die gemeenskap binnekort bekend te maak.

Die mense wat in die paar rye rondom die man op die vliegtuig gereis het, word ook nou gekontak om getoets te word.

Mkhize het gesê ‘n oudit is gedoen en die land blyk genoeg opgepotte gesigmaskers, handskoene en medies beveiligde klere te hê, omdat Suid-Afrika altyd goed voorberei is hiervoor – deels omdat die land soveel hulp moet verleen wanneer siektes elders in Afrika uitbreek.

Van vandag af sal die departement van gesondheid elke dag ‘n bulletin oor die stand van die virus in Suid-Afrika uitreik.

In ‘n parlementêre debat Donderdagmiddag het veral die DA, EFF en VF Plus hul kommer uitgespreek oor al die versekerings van goeie voorbereiding, veral gegewe die algemene stand van staatsbeheerde gesondheidsorg in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Karen ·

Little too late DA, EFF & VF+! Ons het mos geweet dis ‘n kwessie van tyd. Ek glo vas dit is die 1e geval wat bevoegtheid dit kon reg diagnoseer het. Dis lankal in die land.

Louis ·

Lande waar die mediese strukture 200% beter fuksioneer as die in SA kon nie die verspreiding van die virus keer nie. Hoekom sal ons gespaar word daarvan? Al die pasasiers van die vlug waar ‘n lugreeling in die vliegtuig is voorspel niks goed nie. Hoeveel internasionale vlugte land in SA en watter beheer het die regering oor die vlugtelinge en onwettige kruisings oor SA se grense. Die vigs epidemie is redelik onder beheer, maar hoeveel word daagliks steeds geinfekteer.

Lorna ·

Nou ja net vanoggend praat ek op kantoor met Indian vrou
Sal sy toe sê SA gaan die een vryspring wonder toe of sy enige idee het van wat in wereld aangaan Duidelik nie
My woorde was skaars koud toe in virus hier
Hul kan tenminste die area bekend maak

netMYopinie ·

“Die mense wat in die paar rye rondom die man op die vliegtuig gereis het,”
Moet dit nie wees ‘vliegtuie’ nie?
En wat van die lugwaardinne wat moontlik verversings aan hom verkoop het of sy glasie/ koeldrank houer moes weggooi?

Sean ·

n vlug van Italie vat meer as 20 ure direk Daai man was ten minste 2 keer toilet toe

Sean ·

Jy praat nonsens meneer die president Niemand gaan met n droee keel of ligte hoesie dokter toe nie Mens gaan eers dokter toe as jy werklik siek is Dws die man is al reeds sondag siek gewees toe hy deur jou “oop” lughawe is

Kokerboom ·

Aanspreeklikheid moet vasgepen word asb op bestuur van ACSA en Minister van Gesondheid en sy DG. Hul weet al van Des 2019 maar stuur net lee beloftes uit. Ons weet ook egter die die soort aksie NIE in die ANC se verwysingsraamwerk is. Hul speel roekeloos met landsgesondheid!!

Sean ·

Julle moes na die DA geluister het toe hulle bekommerd was oor die “oop” lughawens

Skybird7 ·

Hy wil nie die dorp of voordorp bekendmaak nie, om paniek te voorkom ? Paniek is al lankal in die land ! Waar gaan die ‘stat’ orals uitdeel punte opstel om ons as burgers ‘gratis’ te voorsien van gesig maskers, handskoene en skoonmaak middels, of moet ons nou ten duurste gaan aankoop op die uitbytmark, sommige winkels het klaar pryse op die noodsaaklike items opgemerk.

Sean ·

Daai man het moontelik siek huis toe gekom en sy vakansie kort geknip

Magda ·

Mmmmmmmmmmm – hoekom is almal wat op daai vliegtuig van italia is nie getoets of vir 21 dae in kwarentyn geplaas – dit is een vd lande wat erg onder die virus deurloop – Gedink die klompo in SA praat baie soos altyd maar geen aksie. Die mense moes al gestop geword het op OR Tambo Lughawe. Net weer n bewys van onbevoegdheid en die EIE EK wat n bitter groot probleem in SA is. iks nuut nie. GOD slaap nie hoor

Kompas ·

Waar is die groep saam met wie hy vakansie gehou het? Hoekom word mense wat uit Italië in SA aankom nie in kwarentyn geplaas soos die SuidAfrikaners wat hul nou uit China terugbring?

Theo ·

Ek wonder nou waar is die minister van Gesondheid se weermag en CCTV kameras wat ons sal beskerm teen die virus.

Dries ·

Die EFF moenie nou wil kommer uitspreek nie, Malema het dan gese hy sal wegdoen met landsgrense, want dit is ‘n koloniale idee. Dit verstom hoe kort party mense se geheues is.

Charl ·

Sover ek verstaan is sy kinders in Hilton skool naby Pietermaritzburg so mens kan raai hy bly daar

RyanSA ·

Dis veels te laat, saam met hoeveel was hy op die vlugte? Hoeveel interaksies het hy gehad by sy werk en kerk, spreekkamer?

TO ·

Regtig, SA hospitale is in so haglike toestand. Die wie droom en wie verf die lugkastele

Bianca ·

In die eerste plek moes daardie vliegtuig nooit eers in SA geland het nie want onmoontlik het suid afrika die finansies of spasie om elke liewe vlug wat hier land se hele passasiers getal te kwarentyn vir 21 dae dit is soveel makliker en veiliger om net alle vlugte te stop of om n goedkooper en makliker manier te kry om seker te wees iemand is gesond voor hulle enig sins in die vliegtuig mag klim suid afrika dink heeltemal te vlak om hierdie virus onder beheer te hou is amper 100% seker dat daar meer as een persoon is wat die virus op getel het maar hulle sal nooit weet nie want nie almal het geld om dokter toe te kan gaan vir n ou hoes en seer keel nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.