Covid-19: Meeste toetse nog in 24 uur gedoen

Foto: ‘n Persoon word getoets vir Covid-19. (AP Photo/Brian Inganga)

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het tot 6 336 gestyg.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is 230 688 toetse al gedoen, waarvan 13 164 in die afgelope 24 uur gedoen is. Dit is die meeste toetse nog in ʼn 24 uur-tydperk.

Intussen is nog sewe Covid-19-sterftes aangemeld en staan die dodetal tans op 123. Die sterftes is in die Wes-Kaap en die Vrystaat aangemeld. Van die 123 sterftes was 71 mans. Die meeste slagoffers was 60 jaar oud en ouer.

Mkhize het gesê dit is egter bemoedigend dat 2 549 mense reeds van die virus herstel het.

Zweli Mkhize
(Foto: Nqobile Mbonambi/African News Agency)

Volgens die minister is intussen ook na data gekyk van pasiënte wat gehospitaliseer is en daar is bevind dat hipertensie, diabetes en hartsiektes die drie algemeenste siektetoestande is wat gepaardgaande met Covid-19 tot ernstige siekte lei.

“Ander siektetoestande wat onder Covid-19-pasiënte voorkom, is chroniese longsiekte, asma, chroniese niersiekte, kwaadaardige gewasse of kanker, MIV en tuberkulose.

Mkhize het ʼn beroep op Suid-Afrikaners van 63 jaar en ouer en diegene met onderliggende siektetoestande gedoen om ekstra versigtig te wees te midde van die inperkingsmaatreëls wat verslap word.

Sterftes volgens ouderdom:

Ouderdom Getal sterftes
0-90
10-190
20-291
30-396
40-4919
50-5923
60-6930
70-7928
80-8914
90-992

Sterftes en mense wat van die virus herstel het volgens provinsie:

Provinsie:Sterftes:Getal mense wat herstel het:
Oos-Kaap13275
Vrystaat696
Gauteng12948
KwaZulu-Natal34375
Limpopo225
Mpumalanga018
Noordwes020
Noord-Kaap013
Wes-Kaap:56779

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem ·

Watter provinsie doen die meeste toetse of is jy bang om dit openbaar te maak

Michael 1 ·

Die toets neem omtrent 5 minute as daar 2000 mense is wat toets in sa beteken dit plus minus 6 toetse elk in n 24 tydsduur, ek weet nou nie of dit kwalifiseer vir n plek op die Guinness book of records nie.

Kobus ·

Die probleem is nie die swap nie, dit moet na n lab gestuur word om getoets te word, wat afhangend waar die lab is en die hoeveelheid etlike dae sal vat om n resultaat te kry.

Gert ·

SA se populasie is 57 miljoen gedeel deur 13000 toetse per dag = 4384 dae, gedeel deur 365 dae per jaar = 12 jaar om almal te toets. Dan is daar nog ongeveer 480 000 wat bykom elke jaar x 12 jaar= 5.7 miljoen gedeel deur 13000 toetse per dag. Non 443 dae. Die woord lockdown gaan nooit weggaan! hahaha.

Alleen Wolf ·

Hulle kan toets soveel soos hulle wil, gaan geen uitwerking he op die eind resultaat nie, blote statistieke wat niks beteken nie.

Mauritz ·

Ek stem saam maar wil nog verder gaan en se die toetse is niksseggend, As ek bv vandag getoets word en is skoon, beteken dit dat ek vir altyd skoon sal bly ? As nie moet ek elke dag getoets word of hoe ? As ek nie elke dag getoets word nie beteken vandag se toets mos niks.

Kobus ·

Die doel is om die positiewe gevalle te identifiseer om isolasie moontlik te maak, asook om te sien hoeveel van die populasie het dit reeds gehad- so tensy die res van die wereld en deskundiges verkeerd is, is jou bewering ongegrond.

Margaret ·

Dankie vir syfers wat behoorlik wys wat gaan aan in elke provinsie!

Karlahari ·

As ek reg gehoor het is 30% van die toetse in die WesKaap gedoen.
Dit is dan ook hoekom hulle besmetting syfer so hoog is.
Sal interessant wees hoe die ANC provinsies vaar.
Aantal toetse uitgedruk as persentasie van bevolking……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.