Covid-19: Minister van handel toets positief

Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel (Foto: GCIS)

Ebrahim Patel, die minister van handel en nywerheid, het positief getoets vir Covid-19.

Phumla Williams, woordvoerder vir die regering, het in ’n verklaring gesê Patel is onlangs vir die koronavirus getoets waarna hy sy toetsuitslae Saterdag ontvang het.

Volgens Williams is dit die tweede keer dat die minister vir Covid-19 getoets word.

“Minister Patel is opgewek en sal van die huis af werk terwyl hy in self-kwarantyn is,” het Williams in die verklaring gesê.

Luidens die verklaring het Patel Vrydag nog aan die virtuele parlementêre begrotingsdebat oor sy departement se aangepaste begroting deelgeneem.

Die regering doen nou ’n beroep op diegene wat onlangs met Patel in kontak was om te selfisoleer en vir Covid-19 getoets te word.

Maroela Media het vroeër berig Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, is Maandagaand weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem nadat hy en sy vrou positief getoets het vir die virus.

Ander ministers wat positief getoets het, is die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, wat sedertdien herstel het en die minister van arbeid, Thulas Nxesi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Riekie ·

Was hulle almal wat hier genoem word dalk onlangs by ‘n begrafnis?

Andre ·

Oop punt skoene en T-hemde moet dadelik weer verban word. Daar sien almal nou die gevaar…

Pampoenboer ·

Ja so vang slim sy baas hy het defnitief nie n masker gedra nie en nie sy eie aanbevelings vir klere gevolg nie

Sarel ·

Herdie mensecgeniet die beste beskermi ng moontlik, hoe kry hulle die Virus?

Trevor ·

Hy rook en drink ook seker skelm hoe ander sou hy die virus kry Tannie Zuma

Boortor ·

Hulle kry dit want hulle eet die covid hulpfondse se geld.

Jr ·

Pasop mense hierdie kan ook n maneuver wees om dit langer te laat duur vir hulle doeleindes om die gelekte plan in aksie te sit. Sal hulle nie vertrou sover as wat ek hulle kan gooi

Realis Thailand ·

Kan hy nie maar vertrek van die aarde en n ander meer bekwame minister aangestel word hoewel dit n probleem ,waarskynlik onoorkoomlik, vir die anc sal wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.