Die minister van kleinsake-ontwikkeling het eienaars van kleinsake-ondernemings gewaarsku dat die blote registrasie van hul ondernemings by haar departement nie beteken hulle kwalifiseer vir hulp weens die uitwerking van die Covid-19-afsonderingstydperk nie.
Minister Khumbudzo Ntshavheni het gesê ondernemings moet eerstens registreer as kleinsake op die webblad smmesa.gov.za en dan afsonderlik vir skuldverligting aansoek doen op die beskikbare vorm daarvoor op die webblaaie smmesa.gov.za of dsbd.gov.za of sefa.org.za of mybindu.org.za.
Die vorm vir skuldverligting is ʼn enkele vorm, dit is afsonderlik van die vorm vir die registrasie van kleinsake en dit is op enige een van bogenoemde vier webblaaie beskikbaar. Volgens Ntshavheni het meer as 81 000 ondernemings het reeds geregistreer om op die databasis te wees.
Twee foute wat die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, gister gemaak het, is intussen reggestel. Die korrekte inligting is dat vrugte- en groentesmouse wat op straat sake doen, slegs by hul munisipaliteit se kantore kan aansoek doen, en nie by hul raadslede, soos Dlamini-Zuma aanvanklik aangekondig het nie.
Sulke straatsmouse mag slegs die goedgekeurde noodsaaklike produkte soos gedefinieer in regulasies tydens die grendelstaat verkoop.
Tweedens kan hotelle en gastehuise nie begrafnisgangers inneem, soos Dlamini-Zuma gister gesê het nie.
Die adjunkminister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het gesê die swakker rand maak dit weliswaar moeiliker vir die regering om mediese beskermingstoerusting soos handskoene en gesigsmaskers van oorsee te bekom, maar die situasie behoort vroeg volgende week te verbeter.
Die minister van omgewingsake, Barbara Creecy, het met verwysing na die huidige snoektyd in die Wes- en Noord-Kaap gesê bestaansvissers met lisensies mag gaan snoek vang mits hulle hul permitte en hul identiteitsdokumente by hulle het, en nie oorslaap nie, maar elke dag terugkeer na hul tuisgemeenskap. Sulke bestaansvissers mag hul gewone hawens gebruik.
Die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, het gesê verminderde mynbouproduksie is in volle swang maar dit is ʼn bron van kommer dat drie mynwerkers al positief getoets het vir die koronavirus.
Voorts is sy departement bekommerd oor die logistieke nagmerrie daarvan om mynwerkers te laat terugkeer na die myne nadat die afsonderingstydperk verby is. Hy vergader Dinsdag met vakbonde en Woensdag met mynbase oor verskeie aspekte in die mynbou.
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
Hierdie “lockdown” is n klug.
Hoekom moet net sekere mense en besighede wat OOK gesinne het om te onderhou en wat NET so afhanklik van n inkomste is by hul huise sit en ander mag werk.
Seker maar omdat sekere mense meer nodig is as ander. Dit mask die lockdown nie n klug nie. Die wst werk dien dit nie net omdat hulle geld wil verdien nie daar is reels oor wie mag en mag nie
Dlamini-Zuma het totaal verward geklink en was nie behoorlik by nie. Ek sidder om te dink sy kon president gewees het. Beslis glad nie regering gehalte nie
Wonder hoe omseil sy die verkryging van die goue voggies.
Elize ons almal trek swaar maar ons moet ook besef dat alles nie om ons draai nie maar om ons almal ek mag werk en ek belowe jou dis nie maklik nie ons gaan in huise in en jy wonder of jy volgende gaan siek word geld kan nie die risiko vervang nie my spreekwoord is “it is not how we re act but how we act that makes us a leader or a follower”
Die reëls en regulasies vir hulp moet uiteen gesit word en daarby gehou word sodat almal bewus is daarvan, ek verstaan nou straatsmouse wat meestal onwettig optree volgens munisipale bywette word gehelp maar nog geen woord van wit besighede wat nie die diskriminerende wette van die regering toepas nie.
Ag “minister” natuurlik gaan ek nie kwalifiseer nie……ek is immers BLANK.
Een groot sirkus met kompeterende en talentvolle narre op die verhoog.
Ek dink my haar punte sou begin bloei as sy moes gesê het dat alle kleinsake-ondernemings goedgekeur gaan word. Niks skok my meer van die lotte nie.
LEES DIE FYNSKRIF. LEES DIE FYNSKRIF. DIT IS SO FYN DAT DIT SEKERE’S TE FYN SAL WEES. EN VIR ANDER SAL DIT SO HARD WEES DAT U DOOF SAL WORD