Covid-19: Minstens 755 gevalle by korrektiewe dienste

Argieffoto Foto: veooz.com

Minstens 755 gevalle van Covid-19 is reeds by die departement van korrektiewe dienste aangemeld.

Die departement het Woensdag in ʼn verklaring gesê agt beamptes in die Wes-Kaap het positief getoets en een beampte in Gauteng het positief getoets.

Landswyd het 273 beamptes positief getoets vir Covid-19 en 482 gevangenes. Altesaam 173 individue het reeds herstel en ses persone is dood.

Die Oos-Kaap het die hoogste geval infeksies (490 gevalle): 77 beamptes en 413 gevangenes. Drie sterftes is aangemeld en 72 persone het herstel.

In die Wes-Kaap, die huidige episentrum van die koronavirus-uitbreking in die land, het 229 gevalle aangemeld (172 beamptes en 57 gevangenes) met drie sterftes en 98 persone wat herstel het.

Limpopo het slegs twee gevalle van beamptes wat Covid-19 opgedoen het en een persoon wat herstel het.

Gauteng het 20 gevalle aangemeld met 12 gevangenes en agt beamptes wat positief getoets het. Tien persone het herstel.

Die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal het onderskeidelik twee beamptes wat die virus opgedoen het. In die Vrystaat is een geval aangemeld en een persoon wat herstel het.

By die departement se hoofkantoor in Pretoria het een beampte die virus opgedoen en een persoon het herstel.

Volgens die departement van gesondheid is 25 937 gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika bevestig met 552 sterftes. ʼn Herstelkoers van 52% is aangemeld met 13 451 persone wat reeds herstel het. Die departement het reeds 634 996 toetse gedoen.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.