Covid-19 moontlik nié van China afkomstig – ambassadeur

China se ambassadeur in Suid-Afrika, Lin Songtian (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Lin Songtian, China se ambassadeur in Suid-Afrika, glo sy land behoort nie alleen aanspreeklik gehou te word vir die gevreesde nuwe koronavirus bekend as Covid-19 nie. Dit is omdat daar volgens hom geen bewyse is dat dié virus van China afkomstig is nie.

Lin het joernaliste Vrydagoggend in Pretoria toegespreek nadat die departement van gesondheid Donderdag die eerste bevestigde geval in Suid-Afrika aangekondig het.

Lin het gesê hoewel die eerste geval in Wuhan, China, aangemeld is, beteken dit nie noodwendig dat die virus van dié land afkomstig is nie, aangesien wetenskaplikes steeds spook om die oorsprong van Covid-19 te bepaal.

“Tot dusver toon studies deur wetenskaplikes in lande soos die VSA, Europa en Japan dat die oorsprong van die nuwe koronavirus steeds onduidelik is. Maar ons het opgemerk dat sommige mense met ʼn agenda China daarvan beskuldig dat dié land die oorsprong van die nuwe koronavirus is of selfs dat die virus in China vervaardig is,” het hy gesê.

Volgens Lin behoort geen land hom van Covid-19 te distansieer nie. “Geen land kan alleen teen die epidemie veg nie. Wat ons behoort te doen is om die verantwoordelikheid te deel. Dit is deel van ʼn wêreldwye stryd tussen mens en natuur.”

Lin het gesê dit is verstaanbaar dat die Suid-Afrikaanse regering sy burgers uit Wuhan repatrieer, maar beklemtoon dat China alle pogings aanwend om die verspreiding van die virus hok te slaan.

Die ambassadeur het Suid-Afrikaners gemaan om nie nou te reis nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Belinda ·

Hehehe grootste grap, hoe sal die virus nou oral skuil en China veldbrand en dan tiktak met met bewyse dat mense uit China uitkom na ander lande……… Onderskat is ‘n “under statement”

Snowball ·

Nee kyk, party skiet spek, ander gooi sommer die hele vark.

netMYopinie ·

Hahaha. ( kan nie die emoji wat lag met trane in die oë opsit nie)

Pooksy ·

Die is n biologiese wapen. Eks geen doom profeet, maar hierdie is net die begin.

Spook ·

Ek stem saam met jou. Die Chinese weermag het ‘n laboratorium by Wuhan. Die virus het daar uitgekom, of die manne het besluit om die effektiwiteit van van die virus op hul eie mense te toets. Toe ruk die ding handuit. Menseregte is nie juis kommuniste se topprioriteit nie, en mense is daar baie van. Oorle Mao het juis van 50 000 000 ontslae geraak in sy rewolusie. Nou klink dit soos ‘n samesweringsteorie, maar daar is te veel goed wat in plek val.

Cherokee ·

Vergeet dit. Die natuur is slimmer as wat julle dink en weet hoe om balans te handhaaf.

Willem ·

Baie scary stukkie gesien wat in die boek van Dean Koontz “In the eyes of darkness” geskryf is in 1981 oor so n virus. Weet net nie hoe publiseer ek dit hier nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.