Covid-19: Nagenoeg 1,4 miljoen herstel reeds

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 496 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 320 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 1 496 439 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 48 478 nadat nog 165 sterftes aangemeld is: 15 in die Oos-Kaap, 22 in die Vrystaat, 76 in Gauteng, 14 in KwaZulu-Natal, vier in Mpumalanga, nege in die Noord-Kaap en 25 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 399 829 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,5%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 772 743 toetse vir Covid-19 gedoen, 35 413 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap193 48712,9%
Vrystaat78 8765,3%
Gauteng399 92226,7%
KwaZulu-Natal325 62321,8%
Limpopo61 0304,1%
Mpumalanga69 4014,6%
Noordwes59 7904%
Noord-Kaap33 2112,2%
Wes-Kaap275 09918,4%
Totaal1 496 439100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 165181 575747
Vrystaat3 03268 7947 050
Gauteng9 371385 3635 188
KwaZulu-Natal9 373299 99416 256
Limpopo1 66257 9711 397
Mpumalanga1 20366 5161 682
Noordwes1 05753 5305 203
Noord-Kaap65029 5173 044
Wes-Kaap10 965256 5697 565
Totaal48 4781 399 82948 132

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pio ·

Die ANC kon die afgelope 26 jaar nie die land, of enige munisipaliteit suksesvol bestuur nie. Die grotermeederheid van ANC beheerde munisipaliteite en
Entiteite in Staatsbesit, kry nooit skoon ‘n oudit nie. Hoe is dit moontlik dat hulle elke dag, vir die laaste jaar, statistieke in detail kan opdis oor die stand van Covid in die land? Hulle verstaan nie eers die verskil tussen Covid 19 en ‘n snotneus nie!

Francois Le Cochon ·

Pio, Prof. Linda Gray gaan nie met jou saamstem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.