Covid-19: Nog 12 sterftes in SA aangemeld

(Foto: Itumeleng English/ANA)

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het tot 10 652 gestyg met 637 nuwe gevalle wat die afgelope 24 uur aangemeld is.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is nog 12 Covid-19-sterftes aangeteken en staan die dodetal nou op 206.

Daar is agt nuwe sterftes in die Wes-Kaap aangeteken, twee in die Oos-Kaap, een in KwaZulu-Natal en een in Noordwes. Dit is die eerste sterfte wat in die Noordwes aangemeld is.

Mkhize het bevestig dat 356 067 Covid-19-toetse tot dusver gedoen is waarvan 174 978 deur die private sektor en 181 089 deur die openbare sektor gedoen is. Landwyd is 14 731 toetse die afgelope 24 uur uitgevoer.

Altesaam 4 357 mense het reeds van die virus herstel.

Die grootste styging van gevalle was in die Wes-Kaap. Die getal gevalle het van gister se 5 168 tot 5 621 toegeneem.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Santie ·

Kan maroela media nie dalk uitvind in watter dorpe in die provinsies mense is wat die covid 19 gevalle het nie. Soos bv die Wes Kaap. Dit kan ook baie help vir ons as die publiek. Die publiek moet die regelasies nakom maar dit sal vir ons nog n beter prentjie gee om nog meer te doen om nog meer veiliger te wees as ons weet watter dorpe in elke provinsie. Bv in die noord kaap se hulle die hoeveelheid. Die noord kaap is baie groot. Hoe weet ons watter dorpe het covid 19 gevalle. Ek vra maar net

Sarel ·

Die Sterftes aan die hand van die Polisie word dit by die syfers ingesluit.
Hoe vergelyk syfers van ander onnatuurlike sterftes soos Moord ,Aanranding Roof , verkragting ens met die Virus. Geweldsmisdaad in SA het baie vinniger toegeneem as die Virus.

Mauritz ·

Ek stem saam Sarel, maar sal nog wil byvoeg dat ons daaglikse syfers kan kry van hoeveel sterftes daar is weens hongersnood en kyk hoe dit gaan vermeerder in die maande wat voorle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.