Covid-19: Nog 13 mense sterf

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Altesaam 5 951 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak is nou in Suid-Afrika aangemeld, ’n toename van 304 gevalle in die afgelope 24 uur.

Nog 13 sterftes is intussen in die land aangemeld. Die sterftes is in die Wes-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap aangemeld. Dit bring die dodetal op 116 te staan.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy jongste verklaring gesê 2 382 pasiënte in Suid-Afrika het reeds van Covid-19 herstel.

Altesaam 9 992 Covid-19-toetse is sedert Donderdag uitgevoer. Altesaam 217 522 toetse is tot op hede in die land gedoen.

Die Wes-Kaap is steeds die provinsie met die meeste gevalle van Covid-19 (2507) gevolg deur Gauteng met 1 507 gevalle.

So lyk herstel van pasiënte per provinsie:

ProvinsieAantal gevalleAantal pasiënte reeds herstel
Oos-Kaap691254
Vrystaat11895
Gauteng1 507948
KwaZulu-Natal1 006372
Limpopo3425
Mpumalanga3518
Noordwes3516
Noord-Kaap1813
Wes-Kaap2 507641
Totaal                  5 9512 382

 

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief. 

*Maroela Media is bewus daarvan dat daar soms teenstrydighede is in die Covid-19-syfers wat in berigte aangehaal en op grafieke aangedui word. Die syfers word egter net so oorgedra uit inligting wat van die departement van gesondheid ontvang word. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gerhard ·

Wat presies beteken die toetsing? Net om jou opinie daaromtrent te kry.

Raadslid ·

Daar moes van dag 1 af daagliks sowat 75 000 toetse gedoen gewees het om syfers relevant te maak. Die agterstand sal nooit ingehaal word nie.

daniel ·

Ek persoonlik dink hulle gebruik onakkurate toets toestelle.

Rodger17 ·

Hierdie regering moet wakkerskrik!Hanteer die positiewe gevalle deur inperking en kwarantyn daar waar dit hoog is.Verslap die inperking waar gevalle minimaal is.Kyk bv Vrystaat,118 gevalle en 95 het herstel,Noordkaap,18 gevalle en 13 herstel!Tree op daar waar die epicentres is en perk daar in.Die mense in beheer van SA is rerig nou nie van die skerpste potlode in die pakkie as dit by belangrike besluite kom nie,weereens anc!Skrik net wakker asb!

antieke antie ·

dit sal in die kaap werk as die probleem areas se mense saam werk…maar die meeste steur hulle nie aan inperkings nie…

Kobus ·

Van skerp potlode gepraat, hoeveel mense dink jy is al getoets in die areas? Hoeveel mense het die virus onwetend? Jy het n punt beet, maar jy kan nie op die syfers vetrou nie, dit sal baie meer wees. Slegs as jy baie getoets het en dit is duidelik dat die virus nie meer in die gemeenskap versprei nie, met getalle wat nie toeneem nie en beperkinge wat verhoed dat draers van ander areas inbeweeg, kan jy gerus raak. Ek dink jy kan wel verskillende beperkinge plaas om verskilllende risiko groepe, soos in Swede, maar SA is nog in die begin stadium van die virus.

daniel ·

Miskien gebruik hulle nie die Chinese BIOEASY toestelle nie.

DieKriek ·

Hoekom is SA se sterftesyfer om en by 2% terwyl die hele wêreld (n baie groter monster) s’n ongeveer 7% is? Onkunde, leuns, verskuilde agenda?

Hennie ·

Baie maklike antwoord. Daar word nie so baie toetse gedoen per dag soos byvoorbeeld die VSA nie. Ek glo ons getalle is baie meer as wat ons sien.

Gerhard ·

Die wiskunde is verkeerd want sterftes word meer akkuraat gemeet en is op daardie PRESIESE oomblik min of meer akkuraat (behalwe dat 99% nie VAN die virus oorlede is nie, slegs dat hulle baie siek was voor die tyd en toe die virus OOK NOG bygekry het), maar jy kan GLAD nie weet hoeveel mense die virus HET of GEHAD het, sonder om AL die mense op ‘n PRESIES dieselfde tyd te toets nie. So, die een veranderlike van die som is TOTAAL verkeerd en die ander en min of meer korrek ( as mens dan sommer aanneem dat almal wat dood is normale gesonde mense was wat NET deur die opdoen van die virus oorlede is).

netekalleen ·

Ek glo nie die korekte getalle word hier uitgegee nie. Eyeblinding vir die res van die wereld dat dit lyk asof ons regering weet wat hulle doen

Gerhard ·

Ek wonder wanneer gaan ons wakker word en besef dat die maatreëls wat ingestel was en nog steeds is, GEEN verskil aan die verspreiding van die virus gaan maak nie. Net soos ELKE ander virus gaan hy versprei met of sonder maskers, met of sonder afsondering, met of sonder WAT OOK AL. Dit is wetenskap. Dood eenvoudig. Wanneer gaan ons wakker word en besef dat mediese hoë risiko pasiënte al vir jare op presies dieselfde vlak vatbaar was vir enige ander respiratoriese siekte, en in presies dieselfde mate. Die feite is klaar daar. Het ons alle logika en denke verloor? Ons regte word geskend deur ons as diere te behandel. “Bly agter daardie hekkie anders gaan ek jou in jou hok toestluit”…sonder om vir jou in DETAIL en met WETENSKAPLIKE bewysde studies te sê HOEKOM. Dit is REG om te weet hoekom die een hardeware winkel oop mag wees en nie die ander een nie. Hoekom jy ‘n boud mag koop en nie ‘n moer nie. Hoekom jy jou normale immuunstelsel volgens WET moet benadeel…VIR???

Kobus ·

Dink jy SA is die enigste wat hierdeur gaan? Tot en met n entstof gevind word is toetse, social distancing en isolering van positiewe gevalle die ensigste om te voorkom dat miljoene is SA sterf. Met die winter wat kom, n land met die hoogste HIV en TB gevalle en die sosio-ekonomiese probleme, is daar rede om dit ernstig op te neem. As iemand moet wakker raak, is dit miskien jy, mits jy en jou geliefdes onsterflik is. SAners is resilient, maar dit sal kos saamstaan, verdraagsaamheid en mekaar te help deur die tyd. Ek verstaan die frustrasie, maar neem dit ernstig op en weet dat biljoene in dieselfde posisie is.

Co ·

Ek sien op EuroNews ‘n baie interesante gesprek, ek was te laat om te hoor wie presies die persoon was wat gepraat het maar dit gaan oor die virus in Europa en spesifiek Belgie. Die persoon is of die Belgiese minister van Gesondheid, of die persoon aan die hoof van Belgie se pandemie veldtog.

Hy noem dat in Europa en veral Belgie sterf daar blykbaar byna geen meer mense van griep of verwante longsiektes nie. Alle sterftes word nou toegeskryf aan die Covid 19 virus. Iets om oor na te dink. Gebeur dit hier ook, is ons TB/HIV verwante sterftes nou ook laer?

Dus al hierdie syfers kan BAIE maklik gemanupeleer word.

Kobus ·

Maak seker van jou bronne- Covid word gediagnoseer met toetse en ernstige gevalle word is spesiale covid afdelings in die hospitale behandel, Belgie het meer as 50,000 gevalle met 8,000 sterftes alreeds. Mense wat sterf, se long scans lyk aansienlik anders, as die wat aan ander siektes sterf, so is vreemd dat dokters en Belgie doelbewus syfers manipuleer. So volgens jou word alle sterftes aan covid toegeskryf, ongeag of jy die virus het…. verskaf my jou bron en maak seker dit is nie een van die conspiracy theories nie.

koos10 ·

Sê sommer vir ons hoeveel van die getalle is rokers, om te kyk of julle verbanning sin maak.
Gaan lees ook gerus oor Frankryk se navorsing oor nikotien en COVID 19.

Ian ·

Volgens die jongste wetenskaplike syfers oorsee is die volgende waargeneem. Baie mense herstel van covid-19 sonder om aan te meld omdat hulle nie juis baie siek geword het nie. Sommiges weet nie eers dat hulle dit gehad het nie. Die syfer is bepaal met teen-liggaam toetse. Daarvolgens is die sterf-koers as gevolg van covid-19 ongeveer 0.1% of selfs minder. Teen daardie syfer kan ons aflei dat ongeveer 116000 mense tot op hede in SA die siekte reeds opgedoen het. Dit is byna twintig keer hoer as die amptelike syfer.
0.1 % sterfdekoers is soortgelyk aan gewone griep en benodig geen histeriese of drakonies ondeurdagte optrede nie.

Jan ·

Daar le nog n verasing voor . Hulle skreen so stadig dat as hulle 10% van die land geskreen het moet hulle weer voor begin. Dit is dan waar die ware totale gaan wys. Kyk in die tiwnships . Hoe weemel hulle op straat. So of hy vandag geskreen is of nie hy bly meng

Willem ·

Dis waar Gerhard voel vir my of hulle wegkruip vir die virus

Alleen Wolf ·

Die hartseer van die regering se mags vergrype is dat dit wat hulle beweer hulle teweeg wil bring daardeur, die red van lewens nie gaan gebeur nie, dus ‘n klug en na my beskeie mening net ‘n rookskerm vir ‘n ander duistere agenda.
Die enigste ding wat ‘n noemens waardige impak sal hê op die eindelike sterfte syfer sal ‘n teen middel wees vir die virus.
Intusse gaan groot getalle mense sonder kos en word hulle imuun stelsels benadeel daardeur wat ‘n selfs groter sterfte syfer tot gevolg kan hê.
Ek stem, hiedie syfers is bollie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.