Covid-19: Nóg 2 sterf

Dr. Zweli Mkhize. Foto: Elmond Jiyane

Nog twee pasiënte in Suid-Afrika het gesterf weens die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Dit bring die land se dodetal nou op 54 te staan.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand in sy jongste verklaring gesê dié sterftes is onderskeidelik in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal aangemeld.

Volgens Mkhize staan die getal bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus nou op 3 158. Die getal het in die afgelope 24 uur met 124 toegeneem.

Gauteng is steeds die provinsie met die meeste gevalle. Altesaam 1 148 mense in dié provinsie het reeds positief getoets vir Covid-19. Die Wes-Kaap het in die stadium 868 gevalle gevolg deur KwaZulu-Natal met 617 gevalle.

Altesaam 114 711 toetse is tot op hede uitgevoer, het die minister bevestig.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Martie Smartie ·

My waarnemings: (1) die kurwe van bevestigde gevalle plat nie af nie en wonder mens sterk of hierdie lockdown enigsins werk, maar weet ons beslis dit vernietig die ekonomie en die staatskas word al hoe leër; (2) mens se kans om die virus op te doen is baie hoër in Gauteng as res vd land – die regering behoort oorgrens provinsiale reise te beperk na Gauteng vir nog n paar maande; (3) mens se kans op herstel is menigvuldig beter as om te sterf; (4) agv beperkings op reis. gaan die RAF totaal ineenstort omdat daar baie min brandstofheffings gevorder word tydens lockdown – gaan die regering hulle red soos met die ander bankrot staatsinstellings?

ᛄᚪᚾ ·

Definitief. Die Lockdown gaan seker verleng word met 2 tot 3 weke, ons wag bloot vir die amptelike aankondiging.

Michelle ·

As mense die reëls begin volg sal die lockdown werk. Maar, 70% van die land se inwoners gaan aan soos normaal en doen net wat hulle wil. Ja die ekonomie kry swaar maar hoe vinniger mense luister hoe vinniger is dit verby.
Ek het met ‘n vriendin gepraat wat ‘n paramedic is en sy sê mense draf en stap nog steeds in die strate rond.

Stefnie ·

Presies! Ons is in Randburg en dit lyk maar hier soos normaal.
En sekeres glo mos die virus is nie “real” nie, so hulle word siek en besmet als en almal om hulle. Lekker man.

Marina ·

Hartseer. Hoekom? Kyk hoeveel mense steur hulle glad nie aan die lockdown nie, hulle dink dit is een groot grap en, sonder om negatief te klink, soos gewoonlik, gaan Suid-Afrika die hele wereld seker weer verbysteek met die virus. Die land is moes goed om alles op te …. . Jammer as ek negatief klink maar dit is die reine waarheid.

koos10 ·

Daai kurwe kom glad nie af nie en inteendeel dit gaan op. So die inperkings werk nie.
Hoe meer toetse, hoe meer gevalle. Tans is die gevalle 2.7% van die getoetsdes en die sterfte syfer is 1.7% van die gevalle, maar die herstel koers is meer af 50% van die gevalle. Hoekom word daaroor stil gebly?
Logies sal die twee provinsies met die meerste mense die meerste gevalle hê, maar ek sien nog nie ‘n uitbarsting soos ons 4 weke terug vertel is nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek glo wel dat die virus bestaan, maar ek glo nie wat ons tans doen het enige invloed op die besmettings nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.