Covid-19: Nog korrektiewe beamptes, gevangenes toets positief

(Argieffoto)

Die departement van korrektiewe dienste het Maandag gesê ʼn toename van positiewe gevalle van Covid-19 is aangemeld.

Die bevestigde getal gevalle by die departement staan op 29.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement, het gesê die nuwe gevalle is by die departement se hoofkantoor in Pretoria en by die St Albans- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth aangemeld. Volgens hom duur die proses by St Albans voort om persone op te spoor wat met die besmette persone in kontak was. Altesaam 34 beamptes is reeds in kwarantyn geplaas en die staatsgesonheidsdiens het hulle getoets.

“Direkte kontakte van die beampte by die hoofkantoor is geïdentifiseer en alle maatreëls in dié verband is gevolg. Die kantore, hysbakke en ander gebiede is reeds ontsmet,” het Nxumalo bygevoeg.

ʼn Gevangene by die korrektiewe sentrum in Oos-Londen het ook positief getoets, bykomend tot die drie ander gevangenes wat Sondag aangemeld is.

“Die situasie by die Oos-Londen-gevangenis word gemonitor en dit is in hierdie stadium belangrik om die toetsing van alle beamptes en gevangenes af te handel. Ons werk deurgaans saam met die departement van gesondheid en ander belanghebbendes om verdere oordrag van die virus te voorkom.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.