Covid-19: Nog meer gevalle in tronke

(Argieffoto)

Die departement van korrektiewe dienste het Sondag 69 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld. Dit bring die bevestigde getal positiewe Covid-19-gevalle by korrektiewe dienste op 2 311 te staan.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, sê daar het sedert Saterdag nog 56 korrektiewe beamptes en 13 gevangenes positief getoets. Dit bring die aantal korrektiewe beamptes wat positief getoets het op 1 084 te staan en altesaam 1 227 gevangenes het reeds positief vir die virus getoets.

Altesaam 23 van die beamptes werk in korrektiewe sentrums in die Oos-Kaap, 12 in Gauteng, agt in die Noord-Kaap en Vrystaat, ses in Limpopo, Mpumalanga en Noordwes, ses in die Wes-Kaap en een in KwaZulu-Natal.

In die Oos-Kaap het nog 11 gevangenes positief getoets, asook twee in Gauteng.

Die Oos- en Wes-Kaap asook Gauteng loop in dié stadium die ergste deur onder die virus. Altesaam 350 korrektiewe beamptes en 734 gevangenes het reeds in Oos-Kaap se korrektiewe sentrums positief getoets, 465 beamptes en 452 gevangenes in die Wes-Kaap en 173 beamptes en 35 gevangenes in Gauteng.

Altesaam 1 673 gevalle by korrektiewe sentrums landwyd het reeds van die virus herstel, terwyl 21 reeds weens die virus omgekom het. Daar is dus in dié stadium 617 aktiewe gevalle van Covid-19 in die land se 243 korrektiewe sentrums.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Jeff

Nie n probleem. NDZ INSTRUCT SYRYPY CYRIL to release another 20 000. PROBLEM SOLVED!