Covid-19: Nog ʼn geval in Afrika; eerste in Nieu-Seeland

Van die jongste gevalle word nog nie op die WGO se kaart aangedui nie.

Die derde geval van die koronavirus, oftewel Covid-19, is in Afrika bevestig.

Dit is die eerste geval suid van die Sahara nadat Egipte en Algerië vroeër gevalle aangemeld het. Nigerië se departement van gesondheid het aangekondig dat ʼn Italiaanse burger wat in die land werk met die virus gediagnoseer is.

Volgens die owerhede het die man op 25 Februarie van Milaan, Italië, na Lagos teruggekeer. Die man se toestand is volgens berigte stabiel en hy toon geen ernstige simptome nie. Hy word in ʼn hospitaal in Yaba behandel.

Die Nigeriese regering het gesê maatreëls is versterk om te verseker dat ʼn uitbreking in die land vinnig onder beheer gebring kan word. Daar word intussen gepoog om almal wat kontak met die pasiënt gehad het sedert hy in Nigerië aangekom het, op te spoor.

Intussen het Nieu-Seeland ook sy eerste geval van Covid-19 aangekondig. Luidens die New Zealand Herald het eerste minister Jacinda Ardern bevestig dat ʼn persoon wat onlangs na Iran gereis en Woensdag weer terug in die land aangekom het, positief getoets het.

Eerste minister Jacinda Ardern. Foto: Kyodo News via AP

Die persoon, in die 60’s, het van Teheran via Bali in Auckland aangekom. Die persoon is in ʼn stabiele toestand. Daar word intussen ook gesoek na mense wat op dieselfde vlug was en met wie daar kontak was.

Volgens die berig is Nieu-Seeland die 48ste land om ʼn geval van die virus aan te meld. Ierland en Nederland het intussen ook gevalle aangemeld.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Brasilië, Denemarke, Estland, Georgië, Griekeland, Noorweë, Pakistan, Roemenië en die voormalige Joego-Slawiese Republiek van Macedonië ook intussen gevalle van die virus aangemeld. Wêreldwyd is meer as 82 000 gevalle en 2 800 sterftes reeds aangemeld.

Die virus het vermoedelik sy oorsprong gehad by die vleis van wilde diere wat by ʼn kosmark in Wuhan verkoop is. Die Chinese regering het vroeër die week ʼn algehele verbod geplaas op die onwettige handel in wild en die eet van wilde diere.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

HOOP ·

Hier kom n ding !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Afrika 3 gevalle ???????????

Karen ·

Ek dink die virus is al SA maar soos alles anders word dit toe gesmeer

Aai ·

Hulle dink seker dit is TB maar nie wetend mense gaan dood van Covid-19

Aai ·

Kry ek hoendervleis vanoggend toe ek sien daai groot airbus in die lug waarop groot geskryf staan China reg om te land op O.R Thambo vanoggend.Ander lande het ‘n verbod op daai vlugte maar ons laat toe.

Werner ·

Die staatspresident van New Zeeland is so liberaal sy sal die virus met ope arms verwelkom

Josef du Toit ·

Ja-nee, Eerste Minister Ardern is kapabel genoeg om COVID-19 ere-burgerskap aan te bied, en nog boonop verskoning te vra vir die gebrekkige ontvangs. :-)

Dals ·

Die Chinese regering het vroeër die week ʼn algehele verbod geplaas op die onwettige handel in wild en die eet van wilde diere.

Dit is darem ‘n oorwinning vir die diere, hoop dat die verbod later sal oorgaan tot die gebruik van die wilde diere in medisynes ens. Ek wonder steeds wat het van al die diere geword wat in die mark in Wuhan was? Seker van kant gemaak?

J ·

Die Corona virus gaan ons hierdie komende Winter aanval …. soos al die ander verkoue en griep virusse?

Kom ons hoop daar kom binnekort ‘n entstof uit die Noordelike halfrond voordat die hel losbreek hier in Mzansi!

Niklaas ·

Ek wonder nounet wat dit alles gaan doen aan die kanse vir deelname aan die Japanse Olimpiese spele later vanjaar , veral wat die span van Sjina aanbetref. Hul sal met maskers en spesiale oorpakke moet deelneem.

Karen ·

Dit is ‘n blessing in disguise dat so baie atlete níé Spele toe kan gaan agv SASCOC se wanbestuur nie – sou ek sê…..

Josef du Toit ·

“Ierland en Nederland het intussen ook gevalle aangemeld.”

Die eerste geval van COVID-19 is gister (27 Feb) in Noord-Ierland bevestig, maar Noord-Ierland is ‘n deelstaat van die Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Noord-Ierland. Die Verenigde Koninkryk as geheel het reeds 16 gevalle van COVID-19. Op die oomblik is die (Republiek) Ierland vry van COVID-19, maar die geval in Noord-Ierland behels ‘n persoon wat van ‘n COVID-19-area in Noord-Italie” na Ierland gereis het oppad na Noord-Ierland.

Ierland, Portugal, Ysland, Malta, Noord-Siprus, Siprus, Andorra, Monako, Die Vatikaan, Luxemburg & Liectenstein, is die enigste lande in Wes-Europa wat tot dusver (28 Feb) geen COVID-19 gevalle aangemeld het nie, maar die eerste aanmeldings in hierdie lande is waarskynlik voor die deur. Die kleine San Marino (die we^reld se oudste aaneenlopende republiek, en omring deur die erg getroffe Italie”) het al sy eerste geval gehad.

Josef du Toit
Dublin, Ierland

johan ·

Kan nie glo daar is nie al ‘n pilletjie vir die kiem nie. Dalk help ‘n panado of Grand Pa.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.