Covid-19: Nóg ʼn minister toets positief

(Foto: Unsplash)d

Nóg ʼn minister het positief vir Covid-19 getoets.

Die presidensie het kort gelede in ʼn verklaring gesê Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, het Vrydag sy toetsuitslag ontvang. Dit is die vierde keer dat Nxesi vir Covid-19 getoets word en die eerste keer dat die uitslag positief is.

Nxesi is in hierdie stadium in selfisolasie en werk steeds van die huis af. Almal wat in sy kantoor werk of wat met die minister in aanraking gekom het, word ook vir die virus getoets.

“Die minister is opgeruimd en vol vertroue dat hy die virus gaan oorwin,” lui die verklaring.

Benewens Nxesi het ministers Nosiviwe Mapisa-Nqakula en Gwede Mantashe, asook adjunkministers Hendrietta Bogopane-Zulu en Nkosi Holomisa ook reeds positief vir Covid-19 getoets.

Mapisa-Nqakula en Holomisa het reeds van die siekte herstel en het die ander amptenare spoedige beterskap toegewens.

Die presidensie het ook sy beste wense aan ander mense wat die virus opgedoen het gegee en sy medelye betuig met diegene wat geliefdes weens Covid-19 aan die dood afgestaan het.

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Juffrou

Wie betaal vir daardie 4 toetse? Weer ons!? Só waar was sy masker én afstand?

Duwweltjie

Wel, ons moet een ding van die agbare minister sê. As hy ‘n toets dop dan probeer hy weer tot die uitslag posititief is!.

Ag, vergewe my maar so ‘n bietjie galgehumor in hierdie tyd wat vir baie mense BAIE swaar is.

marius

Gedink hy het dan verdwyn ? Baie jammer om te hoor dit was toe nie die waarheid .

Bernard

Dis mos die knaap wat in Nelspruit so naam weggegooi het by die Chinese masseersalon! Wonder wat hy nog daar opgetel het.