Covid-19: Nóg ʼn minister uit die hospitaal ontslaan

Thulas Nxesi. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, is Dinsdagaand uit die hospitaal ontslaan. Hy is verlede week in die hospitaal opgeneem nadat hy met Covid-19 gediagnoseer is.

“Al is die minister uit die hospitaal ontslaan, sal hy in selfkwarantyn bly totdat hy ten volle herstel het,” het Phumla Williams, woordvoerder van die kabinet, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Ons is dankbaar dat die minister nou op die herstelpad is. Hy en sy familie wil alle Suid-Afrikaners bedank vir hul seënwense in die tyd dat hy in die hospitaal was.”

Nxesi is die tweede minister wat binne ʼn week weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem word. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, is Sondagaand uit die hospitaal ontslaan, ʼn week nadat hy weens Covid-19 opgeneem is.

Mantashe en sy vrou het op 14 Julie positief getoets vir die koronavirus. Hy is op 20 Julie in die hospitaal opgeneem.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adam Adriaan ·

Sal jou wet hy was nie in ‘n staatshospitaal nie.

koos10 ·

Natuulik nie. Vlieg ook nie ekonomise klas nie, Ry ook nie ‘n Corrola nie.
Dis dan nou hulle beurt om te skep! Ten koste van die armes en die belasting betaler.

Stofdonkie ·

Hy was duidelik nie in ‘n Oos-Kaap staatshospitaal nie, dan sou hy nie weer uitgekom het nie. Al die ministers moet eintlik na die staatshospitale toe gaan waarmee hulle plaaslike stemmers tevrede mee moet wees. Die mense van hulle moet tevrede wees met die diens by hospitale waarheen die ministers nie eers self wil gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.