Covid-19: Nog tientalle in gevangenis toets positief

Argieffoto

Nog 49 gevangenes by die korrektiewe sentrum in Oos-Londen het Dinsdag positief getoets vir die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Altesaam 53 gevangenes en 25 korrektiewe beamptes oor die hele land het nou Covid-19 onder lede. Dit sluit in die gevalle by die departement van korrektiewe dienste se hoofkantoor in Pretoria en by die St. Albans- korrektiewe sentrum in Port Elizabeth.

Die bevestigde getal gevalle by die departement staan nou op 78. Dié getal het Dinsdagoggend nog op 29 gestaan.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement, het in die jongste verklaring gesê die korrektiewe sentrum in Oos-Londen word tans ontsmet. Gesondheidswerkers wat by korrektiewe sentrums ontplooi is, word ook toegerus met persoonlike beskermingstoerusting en monitor tans enige gevangenes wat moontlik simptome van Covid-19 toon.

Volgens Nxumalo het die departement ook reeds ’n lys van hospitale saamgestel waarheen gevangenes geneem kan word, sou hul toestand dit vereis om in ’n hospitaal opgeneem te word. Hulle sal deur beamptes na die hospitaal vergesel word.

Gevangenes sal voortaan ook om die beurt kos ontvang om te verhoed dat baie gevangenes saam in ’n oop ruimte saamdrom. Net ’n sekere aantal gevangenes sal op ’n slag toegelaat word om iets by die snoepie te koop.

Geen besoekers word steeds in dié tyd by korrektiewe sentrums toegelaat nie, het Nxumalo gesê.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel ·

Vertel nou net vir my ,leef die mense dan nie in Afsondering nie? Hoe dan nou?

Deon ·

Dit is maklik om die tydperk te verleng as jy n vet salaris van die regering ontvang. Onthou net daar is miljoene vat geen inkomste in hierdie tyd het nie.

Lorna ·

Karel
Dit was n bewaarder wat OP n begrafnis was wat die virus saam haar ingebring het

Michael 1 ·

Hoekom word daar op tronke gekonsentreer,noem my ongevoelig maar 90% is daar oor hulle dit verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.