Covid-19: Nóg vier sterftes aangemeld

Nóg vier mense het weens Covid-19 in Suid-Afrika gesterf.

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het Vrydagaand gesê twee sterftes is in onderskeidelik die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal aangemeld.

“Dit bring die getal sterftes nou op 79 te staan. Ons betuig ons medelye met die naasbestaandes van die oorledenes en bedank die gesondheidswerkers wat die pasiënte behandel het,” het Mkhize gesê.

Volgens die minister is 267 nuwe gevalle van die virussiekte aangemeld en is altesaam 152 390 mense al vir Covid-19 getoets. Suid-Afrika het nou 4 220 bevestigde voorvalle van die siekte.

Die Wes-Kaap, met 1 279 gevalle, is nou die provinsie met die hoogste syfer. Alan Winde, premier van dié provinsie, het Vrydag gesê teen gister is net meer as 150 000 siftingstoetse in die provinsie gedoen en 6 006 mense is vir laboratoriumtoetse verwys.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag aangekondig dat Suid-Afrika ná volgende week die afsonderingstydperk geleidelik gaan uitfaseer. Ramaphosa het gesê daar is op dié manier besluit omdat die afsonderingstydperk nie onbepaald volgehou kan word nie.

Die benadering is gegrond op die raad van wetenskaplikes wat gewaarsku het dat ʼn skielike ophef van maatreëls sal lei dat besmetting onbeheersd kan plaasvind.

Maroela Media is bewus daarvan dat daar soms teenstrydighede is in die Covid-19-syfers wat in berigte aangehaal en in grafieke aangedui word. Die syfers word egter net so oorgedra uit inligting wat van die departement van gesondheid ontvang word. – Red.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willem ·

Met die helfde van die Oos Kaap hier wat verwag hulle ons sal bowees

Kosie ·

Halwe nuus = valse nuus. Wat is die gemiddelde en die mediaan ouderdom van die mense wat gesterf het? Die hele wêreld is besig om te besef dat hierdie een groot klug is. Hoe lank gaan ons nog aanhou met die valsheid waardeur ons vryhede gestroop is? Hoe lank gaan ons nog die land stop vir valse modelle en leuens?

johanf ·

Kosie, verduidelik bietjie meer, ek verstaan nie jou siening so mooi, maar dit prikkel tog my nuuskierigheid, sit ook maar hier in die gatkant van die Karoo.
Mooi Sondag.

Anel ·

Vandag toets hulle negatief maar wat van môre? Hierdie een groot klug! Gaan ins vir die res van die eeu getoets in op die rand van inperking huiwer vir in geval iemand dalk siek word? Wat van al die ander siektes? Is dit nie meer belagrik nie? Nogal jammer dasr word nie so drakonies opgetree tenoor misdaad nie.

Jaco ·

Interessant dat die 3 provinsies met die meeste wit mense, kleurlinge en Indiërs ook die meeste corona gevalle het. Môre oormôre is daardie 3 provinsies se lockdown ook strenger as die res van die land. Die SA regering se eintlike doel met lockdown is om minderheidsgroepe te onderdruk en dan agterna te sê “dis nie ons skuld nie; blameer corona”

Willem ·

Jy slaan die spyker op die kop . Het dit ook gese maar toe n oorlogskip genoem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.