Covid-19: NW-pasiënte nou onder sorg van departement

Madoda Samabatha, LUR van gesondheid in Noordwes, het die toesig oorgeneem van Covid-19-gevalle in die provinsie (Foto: Molaole Montsho/African News Agency)

Alle bevestigde Covid-19-pasiënte en hul kontakte in Noordwes sal onder die sorg van die provinsiale departement van gesondheid geplaas word om die verspreiding van die virus te bekamp, het Madoda Samabatha, provinsiale LUR vir gesondheid, gesê.

Dit volg na ʼn pasiënt van Bloemhof, wat positief getoets het vir die koronavirus, nie by sy huis gevind kon word nie en op ʼn plaas in Welkom in die Vrystaat opgespoor is.

“Die persoon is nou onder die sorg van die departement,” het Samabatha bygevoeg. “Ons moet deurgaans weet presies waar Covid-19-pasiënte en hul kontakte is om die verspreiding van die virus te voorkom. Só sal ons hulle prognose kan dophou en behoorlike besluite kan neem.”

Twee mynhospitale, Westvaal in Orkney en Duff Scott in Stilfontein, is geïdentifiseer as oorvloeifasiliteite indien Klerksdorp-hospitaal nog Covid-19-pasiënte opneem. Klerksdorp-hospitaal is die enigste toegewyde Covid-19-hospitaal in Noordwes.

Samabatha het gesê hulle is op soek na nóg ʼn fasiliteit, spesifiek in die Bojanala-platinumdistrik, waar die meeste gevalle van Covid-19 tot dusver bevestig is. Elf persone het tot dusver positief getoets vir Covid-19 in Noordwes (geen sterftes nie). Sewe van die gevalle is in die Bojanala-distrik, twee in die Dr Kenneth Kaunda-distrik en een geval elk in Ngaka Modiri Molema en Dr Ruth Segomotsi Mompati-distrikte.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marius ·

Is vavi ook in ‘n staatshospitaal soos die twee dokters in modimole ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.