Covid-19: Ondernemings kan nou aansoek doen om hulplenings

Argieffoto

Die regering se leningswaarborgskema vir ondernemings wat deur die Covid-19-pandemie geraak word, het Dinsdag in werking getree.

“Deelnemende banke is nou gereed om leningsaansoeke vanaf kwalifiserende ondernemingseienaars te aanvaar,” het die nasionale tesourie Dinsdag in ʼn verklaring gesê. Die fonds word geadministreer deur die tesourie, die Suid-Afrikaanse Reserwebank en kommersiële banke wat verteenwoordig word deur die Bankvereniging van Suid-Afrika.

Pres. Cyril Ramaphosa het in April aangekondig dié skema is ʼn regeringsinisiatief wat lenings aan ondernemings met ʼn jaarlikse omset van minder as R300 miljoen beskikbaar stel. Dit is sodat ondernemings wat finansieel geraak word deur die Covid-19-pandemie en gepaardgaande afsonderingsregulasies wel van hul bedryfsuitgawes soos salarisse en huur kan betaal. Die lenings word deur die regering gewaarborg en die risiko daarvan word gedeel deur die regering en samewerkende banke, naamlik Absa, Nedbank, Standard Bank, Nedbank, FNB, Investec en Mercantile Bank. Samesprekings is onderweg om nóg banke hierby in te sluit.

Ander kriteria waaraan ondernemings wat vir dié lenings kwalifiseer, moet voldoen, sluit in:

  • Ondernemings moet in die knyp wees weens die uitwerking van Covid-19.
  • Ondernemings moet op datum wees met ander lenings wat voor die uitbreek van Covid-19 in Suid-Afrika uitgeneem is.
  • Ondernemings moet ʼn bestaande verhouding hê met die bank waar hulle aansoek doen om die hulplening.

Ondernemings mag nie die lenings gebruik om beleggings te maak, bonusse te betaal of ander lenings af te betaal nie.

Die nasionale tesourie het aanvanklik R100 miljard vir dié doel beskikbaar gestel, met die opsie om die waarborg na R200 miljard te vermeerder, sou dit nodig wees of indien die skema suksesvol is.

Ondernemings wat aan die kriteria voldoen, word aangeraai om direk met hul betrokke bankier te gesels. Meer besonderhede oor die skema is ook hier en hier beskikbaar.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sharnelle ·

Hoekom kan daar nie net staan dat ondernemings kan aansoek vir hulplenings nie. Hoekom moet COVID-19 eers genoem word. Ek is al so keelvol om oor die sogenaamde virus te lees, want dis al waaruit die meeste berigte oor gaan. Nie eers ESKOM het soveel opsprake gemaak elke dag oor loadshedding nie.

Anoniem ·

Ja Sharnelle ek sal ook graag wil weet hoekom word Covid-19 aan ALLES gekoppel.
Ek is al ‘n bietjie gatvol daarvoor.

Sharnelle ·

Ons is seker maar kinders Irma, dit moet in ons koppe ingeprint word oor die COVID-19.

Jan ·

Hoekom is daar nie lotto bystand nie. Of help hille net hulle self

PieterP ·

R100 miljard vir dié doel beskikbaar gestel, met die opsie om die waarborg na R200 miljoen te vermeerder HUH???

marius ·

Gaan geld leen ? Waar is die biljoene wat geoormerk was om te help ?

Wondermaarnet ·

In die kaders se sakke. Almal weet die geld sal nooit aangewend word vir waarvoor dit geskenk is nie. Ek betaal belasting en help net witmense.

Venter ·

Leningswaarborgskema wat behels die woord nee damkie krap maar my pot self leen maar geld by bank sonder waarborge .

Covid 19 die naam verandering van alles. !!!!!!!!!!!!!

Erica ·

Nee kyk as dit die selfde is as die persoonlike hulp wat n scam is dan kan hulle dit los. FNB het een en dit is net vir hulle produkte help nie vir jou ander debit orders nie. Beste van als het Hollard as credit versekering wag al amper 2md vir hulle om te betaal. Alles vir n normale griep.

Wondermaarnet ·

Die artikel se opskrif is verkeerd. Dit moet eerder wees BEEE ondernemings kan nou aansoek om hulp doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.