Covid-19: Ondersoek gevra na ‘absurde’ getal nuwe grafte

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, dr. Bandile Masuku, besoek ‘n begraafplaas in die Pretoria-omgewing. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die Solidariteit Beweging het Vrydag gevra dat ondersoek ingestel word na moontlike ongerymdhede met die toeken van tenders om grafte in Gauteng te grawe.

Die waarskuwing kom nadat die Gautengse LUR vir gesondheid, dr. Bandile Masuku, ter voorbereiding op Covid-19-sterftes in dié provinsie, plek vir sowat 1,5 miljoen grafte geïdentifiseer en daar reeds met grawewerk begin is.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê hoewel die styging in Covid-19-sterftes in Gauteng nie ligtelik opgeneem moet word nie, is die veronderstelling absoluut absurd dat daar slegs in dié enkele provinsie vir 1,5 miljoen sterftes – drie keer meer as die aantal sterftes in die hele wêreld tot dusver – gereed gemaak moet word.

“Die eerste voorspellings, wat Suid-Afrika genoop het om die landwye afsondering in te stel, het geraam dat die land as ʼn geheel ten slegste sowat 351 000 sterfgevalle weens Covid-19 kan hê. Hierdie voorspellings is egter gemaak voordat daar baie oor die virus en neigings bekend was,” het Buys gesê.

“Die departement van gesondheid, in samewerking met mediese kenners, se eie vooruitskattings is egter later aangepas na ʼn moontlike slegste scenario van sowat 48 000 sterftes landwyd teen November vanjaar. Hierdie moontlike slegste scenario is ver verwyderd van dít wat die Gautengse regering nou vir die een enkele provinsie uitstip.”

Buys sê die stap laat talle vrae ontstaan.

Flip Buys, voorsitter van die Solidartiteit Beweging. (Foto: René Roux)

“Indien die departement van gesondheid self voorspel dat Suid-Afrika ten slegste 48 000 sterftes landwyd kan hê, is dit verregaande dat Gauteng hom moet voorberei op 1,5 miljoen sterftes wat sowat 10% van dié provinsie se algehele bevolking uitmaak. Weens die massiewe verwydering tussen dit wat deur die departement voorspel word en dit waarop die Gautengse regering hom voorberei, is dit dus uiters belangrik om hierdie projek en die moontlike tenders wat daarmee gepaardgaan deeglik te ondersoek,” het Buys gesê.

Hy waarsku ook dat optrede soos dié tot onnodige paniek en angs onder Gautengse inwoners kan lei terwyl dit in werklikheid nie op feite gegrond is nie.

“Indien die LUR vir gesondheid voorspel dat daar soveel sterftes in die Gauteng-provinsie gaan wees, moet hy dit kan staaf deur empiriese feite bekend te maak. Indien nié, is hy besig om onverantwoordelik op te tree,” het Buys gesê.

Volgens hom is dit sinies van die Gautengse regering om in antwoord op die pandemie massagrafte pleks van hospitaalbeddens te voorsien.

“Aanvanklik was die rede vir die landwye afsondering dat daar meer hospitaalbeddens bygevoeg moet word, maar met meer as 100 dae van afsondering is daar nasionaal slegs sowat 400 hospitaalbeddens bygevoeg,” het Buys gesê.

Volgens die jongste beskikbare statistieke is Gauteng nou die provinsie met die meeste Covid-19-gevalle. Altesaam 81 546 gevalle en 515 sterftes is tot dusver in die provinsie aangemeld.

Gauteng het die Wes-Kaap nou verbygesteek wat betref aktiewe Covid-19-gevalle. Sterftes in die Wes-Kaap staan tans op 2 229 en 74 815 gevalle van die virus is in die provinsie bevestig.

Kwara Kekana, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het vroeër ontken dat meer as ʼn miljoen oop grafte in die provinsie gereed lê. Volgens haar verwys die syfer na die gesamentlike kapasiteit van begraafplase in Gauteng.

“Ons verstaan sterftes is ʼn ongemaklike onderwerp om oor te praat. Om te verseker dat daar genoeg grafte in die provinsie is, is ongelukkig deel van die werklikheid vir die regering in die stryd teen Covid-19,” het Kekana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hugh ·

The graves are for the people that will die of hunger due to the government’s killing of the economy and failure to deliver food parcels

Persheks Adri ·

Seker NDZ en haar maaitjies in die kabinet absoluut vir seker SONDER twyfel!!!

Prikkie ·

Laat die ANC met rus – hulle is besig om hulle eie graf(te) te grawe.

KB ·

Ek trek die COVID-19 syfers ernstig in twyfel. Daar is al hoe meer gevalle waar mense te sterwe kom agv ‘n ander rede (bv. hartaanval), maar dit word aangeteken as COVID-19 sterfte. Ek hoor dit ook via medici. Ons (as publiek) kan ernstig mislei word, ‘n wanpersepsie (met gevolglike paniek) kan so geskep word. Wie hou ‘n wakende oog oor die “werklike oorsake van sterftes”?
New York (stad) het gebuk gegaan onder hierdie waninligting. Wat is die kans dat dit nie reeds hier plaasvind nie?
Word toetse vir COVID-19 orals ewe getrou (en deur opgeleide personeel) uitgevoer? Hoekom is die ontwikkelde dele se syfers so hoog versus Limpopo (bv. Thohoyandou)/Mpumalanga/Noordwes/ens. se lae syfers? Dit laat my ernstig wonder…

Marius ·

Ek ruik nog n geldrot !!! Iemand se sak word weer uitgele met belasting geld .

Johann ·

Gko nie n WOORD of n SYFER watdie ANC aanvoer nie! Hulle is besig met n staat van anargie skep met als wat en waar hulle kan. Slaap wakker!

Trinity ·

Hulle grawe nuwe grafte en skort ambulans-dienste op… is daar iets wat ons moet weet?

Vettiemaragartos ·

Hulle gaan seker so baie grafte benodig aangesien daar geen hospitale gebou is om mense te verpleeg wat behandeling nodig het nie.

VIVA la Coke hê?

JohanR ·

Onthou die wat in die 60’s, 70’s en 80’s hulle militere opleiding moes doen? Die korporaal se vir jou om ‘n gat te grou tot hy se stop. As hy nou vir jou finaal se stop, dan is jy al klaar halfpad Australie toe gegrou, nat gesweet, moeg en vuil. Hy wat dan ‘n laaste trek aan sy sigaret, gooi die stompie in die gat, en se jy kan maar weer toemaak! Jammer iewers het die storie ietsie te doen met die 1 500 000 grafte wat nou gegrou word, of die grafte het ietsie te doen met die sigaret gat!

Alexz ·

Bevestiging van die feit dat ANC nie ñ clue het oor hoe om die pandemie te bestuur nie. Failing to plan is planning to fail!

Lorna ·

Is daar iets wat HUL ons nie vertel nie
O wag 1 of ander high en mighty se boetie wat tender gekry het

Ronel ·

Hmmm, ek dog die parliament en government het gese hulle is gereeld as die virus ons tref……….ja seker gereed vir baie om dood te gaan of om mense se dood onnodig te verseker ja!

Truthful ·

Indien ek sterf aan covid veras my.. 6voet remind vi virus, en ook ek wil nie land mors nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.