Covid-19: Oos-Kaap benodig beddens, personeel, suurstof

Dr. Zweli Mkhize gedurende sy besoek aan die Oos-Kaap. (Foto: ANA)

Hospitale in die Oos-Kaap benodig meer personeel, hospitaalbeddens en suurstoftoerusting te midde van die Covid-19-pandemie – veral in die afgeleë gebiede.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Donderdag tydens sy besoek aan staatshospitale in dié provinsie gesê.

Altesaam 67 818 pasiënte in die Oos-Kaap het reeds positief getoets vir Covid-19 van wie 1 345 reeds weens die virus gesterf het.

Volgens Mkhize het die Oos-Kaap tans 3 500 beskikbare hospitaalbeddens vir pasiënte met Covid-19. Dit, sê die minister, is genoeg nie.

Mkhize het nou gesê ekstra hospitaalbeddens moet aangeskaf word en dat die bykomende hospitaalbeddens in gebiede geplaas sal word wat tans in nood verkeer weens die omvang van die pandemie in die Oos-Kaap.

Mkhize het ook opdrag gegee dat die provinsie se gesondheidsfasiliteite alle vakante poste vul om sodoende aandag te gee aan die personeeltekort in die Oos-Kaap. Die minister het verder gesê dissiplinêre prosesse wat sloer en sommige gesondheidsfasiliteite al geruime tyd sonder ’n bestuurder laat, moet ook so spoedig as moontlik afgehandel word.

Volgens Mkhize het die provinsie boonop nie genoeg suurstoftoerusting nie, aangesien die toerusting nie eweredig deur die provinsie versprei word nie. Sommige suurstoftoerusting wat nie in ’n werkende toestand is nie, benodig nou dringende instandhoudingswerk.

Mkhize het tydens sy besoek ook aandag gegee aan ’n dokumentêre program van die BBC wat die haglike omstandighede van sommige van die Oos-Kaapse hospitale aan die lig gebring het. Volgens die minister het hy reeds aan sy departement opdrag gegee om dié hospitale, waaronder die Livingstone-hospitaal in Port-Elizabeth, skoon te maak en te herstel.

Mkhize het verder gesê dat pasiënte waar nodig na veldhospitale verskuif sal word terwyl hospitale wat in ʼn onaanvaarbare toestand is, reggeruk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Petrie ·

Wat wil die Oos Kaap met beddens maak? Hulle het mos R10 miljoen se motorfietse om op te lê?

Paul ·

Kan nie verstaan toe Wes Kaap hoè getal Covid gevalle gehad het wil hulle kabinet ministers gestuur het om te gaan help hoekom stuur hulle dai ministers nie Oos Kaap toe nie

Toergids ·

Ten minste het hulle scooters, met sulke lekker tooters. Wat my egter bekommerd maak is dat hy jou dalk lang bome toe vat in plaas van een of ander struggle held gedenk hospitaal

JJ ·

Dit is nie ‘n Oos Kaap probleem nie. Die provinsie is deel van die RSA en wat daar gebeur spoel oor na die res van die land. Dink terug hoe die eerste gevalle in KZN geland het met ‘n vliegtuig- enkele gevalle. Nou is daar te enige gegewe tydstip derduisende meer verspreiders van die virus.

Oros Soros ·

Daar is so baie korrupsie en dan is daar ook niks tot feitlik niks tydens die afsonderingsperiode gedoen om die situasie te verbeter nie (behalwe die veldhospitaal deur privaat maatskappy) . Wat in die Oos-Kaap aangaan is so skokkend, dit kan beskryf word as ‘n misdaad teen die mensdom.

JJ ·

Ek was gisteraand in die township buite Kraaifontein na 18h00. In die hoofstraat, wat baie besig was, geen teken van enige masker nie- nie by volwassenes of kinders nie. Diegene wat teruggeloop het huistoe, se maskers hang onder die ken

JohanR ·

Nee Mkhize wat die Oos-Kaap nodig het is ‘n ordentlike regering. As ons die publiek die kan sien, kan jy sekerlik dit sien. Nog NIKS gedoen vanaf die 26de Maart nie, net winde gegooi! FIRE die hele lot daar, en kry bevoegde mense in. Vra die DA vir hulp. Hulle weet hoe.

JJ ·

Jy kry maar net waarvoor jy gestem het. So eenvoudig soos dit.

Kokerboom ·

Hoekom beskerm u die hele lot nuttelose kader gesondheidbesture in Ooskaap Minister? Kry ASB ruggraat en tree uit onder roekelose ANC invloed, maak jou stem dik en ruk die gemors reg!! DOEN dit net asb en HOU OP praat!!!

4ntj13 ·

Ek dog daai scooters was juis om pasiënte vanuit afgeleë plekke aan te ry! Of was dit net vir die premier en minister se pret? Wat was die plan van die Beheerraad vir sulke tyd? Om Vrystaat en KZN se beddens vol te maak sodat mense wat ʼn week of wat later siek gaan raak, nie meer geriewe beskikbaar sal hê nie? Rig ʼn paar gestrande vliegtuie in en vlieg na waar hulp benodig word.

marius ·

Op ernstige noot . Stuur die motorfiets brigade om al die ministers op te laai , sodat hulle kan help skrop , beddens bou en maskers vleg . Dis al hoop wat daar is .

DieKriek ·

Die scootertjies het dan almal tente vir die syspan. Trek n laer met die goed en siedaar, n vinnige veldhospitaal. Ek weet net nie waar hulle al die medisyne en suurstof gaan bêre nie. Maar ek dink dit sal baie higienies wees met hope vars lug en elke pasient afgesonder.

Alleen Wolf ·

So Mkhize dink hy is ‘n towenaar, spreek net die woord en siedaar, beddens, suurstof en personeel val uit die lug uit.
Plaas dat hulle die land behoorlik regeer het en sodoende verhoed het dat die mediese en ander beroepe die land in hulle hordes verlaat, nee ons plunder en trek alles deur ons agterent en nou dink hy dit kan met die klap van die vinger reg gestel word.
Dom verby

Knormoer ·

En van 26 Maart tot nou het hulle wat gedoen? O ja, scooters gebou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.