Covid-19: Opwinding, onsekerheid oor ‘deurbraak-middel’

Deksametasoon (Foto: AP Photo/Nati Harnik)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het gesê sy departement is opgewonde oor die resultate van ’n kliniese proef uit die Verenigde Koninkryk (VK) wat toon dat ’n klein dosis van ’n relatief goedkoop steroïed moontlik Covid-19-pasiënte se lewe kan red.

Die resultate van die kliniese proef wat toon dat die middel deksametasoon sterftes kan voorkom in pasiënte wat ernstig siek is weens Covid-19, is Dinsdag gepubliseer.

Volgens die resultate kan deksametasoon die sterftes van Covid-19-pasiënte wat aan ’n ventilator gekoppel is met ongeveer een derde verminder en die sterftes van pasiënte wat aan suurstof gekoppel is met ongeveer een vyfde verminder.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het dié resultate verwelkom. Die organisasie het nou in ’n verklaring gesê deksametasoon ’n steroïed is wat sedert die 1960’s gebruik word om inflammasie in ’n verskeidenheid toestande te verminder. Dit word onder andere gebruik in die behandeling van asma, allergiese reaksies en sekere kankers.

Volgens die WGO is die middel sedert 1977 in verskeie formulerings op sy lys van noodsaaklike medikasie gelys en is dit in die meeste lande relatief bekostigbaar en maklik bekombaar.

“Dit is die eerste behandeling wat blyk sterftes te verminder by pasiënte met Covid-19 wat suurstof benodig of aan ’n ventilator gekoppel is,” het dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, gesê.

(Foto: Brian Inganga/AP)

Die WGO het wel benadruk dat daar gedurende die kliniese proef slegs beterskap was by pasiënte wat ernstig siek was met Covid-19 en nié by pasiënte wat die siekte in ’n ligter vorm gehad het nie.

Britse reguleerders het nou deksametasoon inderhaas goedgekeur vir gebruik op Covid-19-pasiënte wat in ’n hospitaal opgeneem is en suurstof benodig. Sommige dokters is egter versigtig om te gou opgewonde te raak oor die middel en het gevra om eers die navorsers se bevindinge onder oë te kry om die voordele én beperkings van die middel te kan verstaan.

“As dit reproduseerbaar is en as dit uitwerk, is dit ’n reuse-oorwinning – maar dit is nog baie onseker,” het Isaac Bogoch, ’n spesialis in aansteeklike siektes by die Toronto General Hospital in Kanada gesê.

Volgens Bogoch is die meeste dokters oor die algemeen gemaklik om deksametasoon te gebruik. Hy erken wel dat hy nie in dié stadium seker is of hy die middel op ’n Covid-19-pasiënt sal gebruik sonder meer inligting daaroor nie.

Anthony S. Fauci, direkteur van die nasionale instituut vir allergieë en aansteeklike siektes, het Dinsdag in ’n onderhoud gesê ’n groep kundiges wat riglyne oor die behandeling van Covid-19 opstel, beplan ’n vergadering om die data te evalueer en te beoordeel en aanbevelings oor die gebruik van deksametasoon te doen.

Bronne: WGO, The Washington Post

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

Terwyl Thabo Mbeki president was, het wit wetenskaplikes in Pretoria ‘n geneesmiddel teen HIV/VIGS uitgevind. Dis vinnig doodgeswyg en toegesmeer, hoofsaaklik omdat wit wetenskaplikes dit uitgevind het.
So ek hoop maar dié kuur teen Corona loop nie dieselfde paadjie nie.

BFJ ·

Dit klink bemoedigend. Miskien sal hierdie medikasie diegene help wat ernstig siek is van die virus en verdere sterftes verminder of voorkom. Hopelik sal hierdie Corona pestilensie in die nabye toekoms bestuur word sonder drakoniese regulasies en inperkings. Tot dan wanneer alles weer na die sogenaamde normaal terggekeer het moet ons maar hierdie pestilensie elke dag Dettol gee en voortgaan om die cheap slegte sigarette te rook.

Jaco ·

Die sogenaamde normaal gaan ‘n anderste soort normaal wees: onteiening van wit boere sonder vergoeding, oorvat van wit besighede as deel van BEE en drastiese regstellende aksie.

Fedup ·

Sorry, i do not agree with this magic medicine.
I don’t even think that the uk will use this on covid patients.
As for who, they will test grass on any patient with any illness.
Found this on my not so good friend, googly.
“How Dexamethasone Works: Corticosteroids are naturally produced by the adrenal gland in the body. … Dexamethasone is classified as a corticosteroid (more precisely a glucocorticosteroid), and has many uses in the treatment of cancer. One way that it works is to decrease inflammation (swelling).”
Always happy to burst bubbles for this circus.
I don’t know what they are up to yet, but this so called treatment is nothing to get excited about.

Okmardom ·

Goedkoop wat baie gaan kos. Ek dink aan woorde ssos wegraak, verdwyn, langsakke, lang vingers, ondersoek, aandeel, my deel..

marius ·

So opgewonde as wat hy was oor die tee in Madagaskar ? Hoeveel geld het daar uit die belasting betaler se sak gegaan daarvoor ? Hy weet sekerlik ook dat Fauci die laboratoruim in Huwan befonds het direk in stryd met die opdrag van die VSA se regering ?

Oom Hennie Pennie ·

Geen nuwe kuur nie. Kyk wat se die internet.
Dexamethasone is a type of corticosteroid medication.[3] It is used in the treatment of many conditions, including rheumatic problems, a number of skin diseases, severe allergies, asthma, chronic obstructive lung disease, croup, brain swelling, eye pain following eye surgery, and along with antibiotics in tuberculosis

Dries ·

Niemand se dis ‘n ‘nuwe’ kuur nie. Daar is net nou vasgestel dit is iets wat kan werk. As hulle uitvind jellytots mag jou dalk genees van Covid, sal niemand se dis ‘n nuwe kuur nie. Bewoording/begrip.

Oom Hennie Pennie ·

Dexamethasone was first made in 1957 and was approved for medical use in 1961

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.