Covid-19-pasiënt in Gauteng ‘kritiek’

Angsbevange inwoners van Marokko ná ‘n sterfte weens Covid-19 hier aangemeld is. (Foto: AP/Mosa’ab Elshamy)

Een van die pasiënte wat in Gauteng positief getoets is vir die koronavirus, of Covid-19, is in ʼn kritieke toestand.

Só het die Gautengse departement van gesondheid Woensdagaand aangekondig.

Altesaam 13 gevalle van die koronavirus is sedert verlede week in Suid-Afrika aangemeld. Vier van dié is in die Gauteng-provinsie. Die pasiënte is ʼn 33-jarige vrou wat saam met die toergroep na Italië gereis en aan die begin van die maand teruggekeer het, ʼn egpaar van 34 en 33 jaar oud wat na Duitsland gereis het, en ʼn 57-jarige man wat ook na Italië gereis en Maandag teruggekeer het. Dit is nie bekend watter een van dié pasiënte in ʼn kritieke toestand is nie.

Die res van die gevalle is in die Wes-Kaap (1) en KwaZulu-Natal (8).

Teen Woensdag is minstens 3 642 Suid-Afrikaners vir Covid-19 getoets. Meer as 115 000 mense wêreldwyd is gediagnoseer met die virus en 4 200 oorlede sedert die virus in Desember in China uitgebreek het.

Intussen is die vyfde geval van Covid-19 in Marokko aangemeld. Een van dié pasiënte is ook onlangs dood weens die virus. Volgens Marokko se departement van gesondheid was die pasiënt 89 jaar oud en het aan lugweginfeksie en hartversaking gely. Dit is die tweede sterfte weens die virus in Noord-Afrika. Die ander geval was ʼn 60-jarige Duitse toeris in Egipte, wat glo geweier het om in kwarantyn geplaas te word.

Marokko het nou alle vlugte na en van Italië en Beijing opgeskort.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jaco ·

Ek sal ook kritiek wees al behandel ‘n staatshospitaal my net vir ‘n kneusplek op my duim. Die toestande daar is regtig sleg. Dis vuil, verpleegpersoneel is swak opgelei, kritiese gevalle word nie prioriteit gegee nie en en en.

Anton ·

Jaco was jy in daardie isolasie-eenheid? Beslis nie. Rest my case

Chantz ·

wanneer sal die uitslae van die 3 642 Suid-Afrikaners beskikbaar wees

Anton ·

Slegs bevestigde gevalle word bekend gemaak… om eenvoudige en verstaanbare redes.

Anton ·

Gaan loer gerus na die amptelike getal by NICD se webblad… was gister 848 mense wat getoets is. Ek weet nie van die 3600+ nie. Meeste van daardie mense se uitslae reeds bekend. Dit neem tussen 12 en 48 uur vir uitslae.

Wonder net ·

Sal nogal interessant wees om te weet wat die ander 3600 se uitslae is. Dan spring ons skielik van 7 na oor die 1000? Ek se nog steeds, maak die areas bekend waar besmetting is sodat ons kan weet waar om te vermy.

Anton ·

Google gerus “earth map”. Wanneer jy die eerste foto of prentjie van die aardbol sien… dit is die gebied waar besmetting voorkom.

André ·

Dept van Gesondheid is dan “Gereed” vir dit? Hulle het seker gedink dat die virus nie sal oorleef in hierdie vuil hospitale nie.

Anoniem ·

Word die honderde duisende Chinese wat die land inkom, almal getoets?

Anton ·

Sê gou waar het honderde duisende chinese die afgelope maand in SA aangekom?

Kattebol ·

Hoe gemaak as jy weet van mense wat onlangs die land binnegekom het vanaf die ooste en nié getoets is nie?

Anton ·

Maroela Media, ek lees nêrens in jul berig dat die pasiënt aan niersiekte ly nie. Julle weet mos dat so persoon deel van die risiko groepering is. Daarom is dit nie vreemd dat so persoon veel sieker kon word nie. Hoekim word hierdie inligting nêrens hier vermeld nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.