Covid-19-pasiënt in hegtenis ná versuim om hom te isoleer

Argieffoto: Phillip Bruwer

’n Man besmet met Covid-19 is in hegtenis geneem nadat hy hom nie in selfisolasie geplaas het nie, maar eerder vanaf Gauteng na Limpopo gereis het waar hy in aanraking met verskeie mense was.

Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, sê in ’n verklaring die man se toetsuitslae was vandeesweek positief waarna Gautengse gesondheidsbeamptes hom nie in die hande kon kry nie. Die man is later in Limpopo opgespoor.

Volgens Shikwambana is die man sedertdien in hegtenis geneem en in isolasie geplaas.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR van gesondheid in Limpopo, het gesê die departement sal nie huiwer om iemand in hegtenis te neem wat die reëls verbreek te midde van die Covid-19-pandemie nie.

“Omdat ons ’n provinsie is met ’n tekort aan hulpbronne is die enigste manier waarop ons hierdie stryd kan wen om te verseker dat diegene wat getoets moet word, wel getoets word en diegene wat hulself in kwarantyn of isolasie moet plaas, dit doen,” het Ramathuba gesê.

Die LUR het gesê haar departement is bekommerd dat hulle hul hande vol gaan hê met gevalle van plaaslike oordrag as mense doelbewus weier om hulle self te isoleer of gehoor te gee aan die opdrag vir algehele landwye afsondering.

Sy waarsku ook dat dit ernstige gevolge inhou vir diegene wat moontlik oor die volgende drie weke tussen provinsies beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lorna ·

Jip julle is nie instaat om beheer in te neem nie
Die land gaan in groot moeilikheid wees omdat hul van die bestes ontslae geraak het
Sterkte aan almal

Michael 1 ·

Dit is een waarvan hulle weet wat van die wat hulle nie van weet nie ,ek stel voor ons bly in ons huise en kom in aanraking met niemand nie.

Jan ·

Ag mense did nie so erg nie minder mense sterf as tydend gewone grielp en boonop izs china al weer oop vir besigheid en fabrieke is oop in china..die weste is gelock so china kry nou al die voordeel

Yvonne ·

Sulke gedrag sal die dood van baie mense kan veroorsaak….so jammer dat mense so dom of rebels kan wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.