Covid-19: Piek van derde vlaag bereik; ses miljoen inentings gedoen

Die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane. (Foto: GCIS)

Alles dui daarop dat Suid-Afrika die piek van die derde vlaag van die pandemie bereik het met die algehele getal gevalle wat begin afneem het.

Volgens Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, is daar egter kommer oor die groot groepe mense wat tydens die onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal bymekaargekom het en dat dit tot ʼn toename in gevalle kan lei.

Die onluste het ook ʼn afname in die getal inentings gehad weens inentingspersele wat moes sluit. Daar was ook ʼn verlies aan entstowwe as gevolg van die plundering. Na raming is tot 120 private apteke beskadig en het die plundering tot die verlies van ongeveer 47 500 entstofdosisse gelei.

Intussen is meer as ses miljoen inentings reeds gedoen en word daar nou gemiddeld 250 000 inentings per dag gedoen. Volgens Kubayi-Ngubane sal daar gepoog word om dit teen volgende week tot 300 000 inentings per dag te verhoog.

Entstowwe het net soos enige ander medikasie newe-effekte, het Kubayi-Ngubane beklemtoon. Sommige individue ervaar geen newe-effekte nie, ander minder ernstige en sommige ervaar erger newe-effekte.

“Ons is egter bekommerd oor die toenemende verspreiding van vals nuus oor die newe-effekte van entstowwe. Hierdie vals nuus is daarop gemik om paniek te saai rondom die inentingsprogram en mense te ontmoedig om hulle te laat inent.” Kubayi-Ngubane het benadruk dat die regering niemand sal dwing om ingeënt te word nie.

Prof. Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, het op haar beurt gesê inentings is veilig hoewel daar al seldsame newe-effekte aangemeld is, insluitend trombose, Guillain-Barré-sindroom en miokarditis. Die voordeel van entstowwe weeg egter swaarder, het Gray benadruk.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat Covid-19-entstowwe langtermyn-newe-effekte sal hê, het Gray gesê en bygevoeg dat newe-effekte gewoonlik binne ses weke nadat die entstof toegedien is, aangemeld word.

Oor die 28 sterftes wat in Suid-Afrika aangemeld is nadat die betrokke persone ingeënt is, het Gray gesê dit is belangrik om vas te stel wanneer die persone die inenting ontvang het en hoe lank daarna hul dood is, of hulle aan Covid-19 dood is en of hulle enige komorbiditeite gehad het. Volgens Gray moet die oorsaak van die sterftes ondersoek word sodat daar bepaal kan word of dit met die inentings verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Wens sy wil wakkerskrik, dit is nie te sê as daar minder gevalle is dat die piek bereik is nie want die koue het nou eers werklik begin en die virus floreer mos in die koue. O ja….het vir ‘n oomblik vergeet dit kom in golwe…..so die gety is besig om terug te trek.

Pieter

Ai die ANC menisters met hulle graad een mentaliteit maak my siek

VaalDonkie

Mag ek dan nou darem ‘n brannewyntjie koop? pappa se keel is al lekker droog.

Adriaan

Ons gaan nou n kort blaaskansie gegun word, voordat die propagandaveldtog begin vir die vierde vlaag gedurende Desember.

Carina

Prov Gray, hoe de duiwel kan jy sê die sogenaamde inenting is veilig en sal geen langtermyn newe effekte hê nie? Het jy jouself 20jaar terug al daarmee ingeent dat jy weet? Ek persoonlik weet van 2 mense wat dood is binne 3wk na hulle ingespuit is, en hulle was 100% gesond met geen onderliggende siektes nie. En nog vele ander wat baie erge newe effekte gehad het na die inspuiting, tot my eie dokter. Nee wat, julle kan vir my al die mooiste storietjies opdis oor hierdie inenting, ek sal dit NIE neem nie. Ek sal ook maar wag… Lees meer »