Covid-19: Piek van derde vlaag bereik; ses miljoen inentings gedoen

Die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane. (Foto: GCIS)

Alles dui daarop dat Suid-Afrika die piek van die derde vlaag van die pandemie bereik het met die algehele getal gevalle wat begin afneem het.

Volgens Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, is daar egter kommer oor die groot groepe mense wat tydens die onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal bymekaargekom het en dat dit tot ʼn toename in gevalle kan lei.

Die onluste het ook ʼn afname in die getal inentings gehad weens inentingspersele wat moes sluit. Daar was ook ʼn verlies aan entstowwe as gevolg van die plundering. Na raming is tot 120 private apteke beskadig en het die plundering tot die verlies van ongeveer 47 500 entstofdosisse gelei.

Intussen is meer as ses miljoen inentings reeds gedoen en word daar nou gemiddeld 250 000 inentings per dag gedoen. Volgens Kubayi-Ngubane sal daar gepoog word om dit teen volgende week tot 300 000 inentings per dag te verhoog.

Entstowwe het net soos enige ander medikasie newe-effekte, het Kubayi-Ngubane beklemtoon. Sommige individue ervaar geen newe-effekte nie, ander minder ernstige en sommige ervaar erger newe-effekte.

“Ons is egter bekommerd oor die toenemende verspreiding van vals nuus oor die newe-effekte van entstowwe. Hierdie vals nuus is daarop gemik om paniek te saai rondom die inentingsprogram en mense te ontmoedig om hulle te laat inent.” Kubayi-Ngubane het benadruk dat die regering niemand sal dwing om ingeënt te word nie.

Prof. Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, het op haar beurt gesê inentings is veilig hoewel daar al seldsame newe-effekte aangemeld is, insluitend trombose, Guillain-Barré-sindroom en miokarditis. Die voordeel van entstowwe weeg egter swaarder, het Gray benadruk.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat Covid-19-entstowwe langtermyn-newe-effekte sal hê, het Gray gesê en bygevoeg dat newe-effekte gewoonlik binne ses weke nadat die entstof toegedien is, aangemeld word.

Oor die 28 sterftes wat in Suid-Afrika aangemeld is nadat die betrokke persone ingeënt is, het Gray gesê dit is belangrik om vas te stel wanneer die persone die inenting ontvang het en hoe lank daarna hul dood is, of hulle aan Covid-19 dood is en of hulle enige komorbiditeite gehad het. Volgens Gray moet die oorsaak van die sterftes ondersoek word sodat daar bepaal kan word of dit met die inentings verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anoniem ·

Wens sy wil wakkerskrik, dit is nie te sê as daar minder gevalle is dat die piek bereik is nie want die koue het nou eers werklik begin en die virus floreer mos in die koue. O ja….het vir ‘n oomblik vergeet dit kom in golwe…..so die gety is besig om terug te trek.

Stefaan ·

So terloops die vierde golf gaan volgens beplanning Oktober hier wees.

Pieter ·

Ai die ANC menisters met hulle graad een mentaliteit maak my siek

VaalDonkie ·

Mag ek dan nou darem ‘n brannewyntjie koop? pappa se keel is al lekker droog.

Adriaan ·

Ons gaan nou n kort blaaskansie gegun word, voordat die propagandaveldtog begin vir die vierde vlaag gedurende Desember.

Carina ·

Prov Gray, hoe de duiwel kan jy sê die sogenaamde inenting is veilig en sal geen langtermyn newe effekte hê nie? Het jy jouself 20jaar terug al daarmee ingeent dat jy weet? Ek persoonlik weet van 2 mense wat dood is binne 3wk na hulle ingespuit is, en hulle was 100% gesond met geen onderliggende siektes nie. En nog vele ander wat baie erge newe effekte gehad het na die inspuiting, tot my eie dokter. Nee wat, julle kan vir my al die mooiste storietjies opdis oor hierdie inenting, ek sal dit NIE neem nie. Ek sal ook maar wag en sien wie van die wat gespuit is lewe nog en is nog gesond oor so 2-5jaar. Dan, en ‘n groot miskien dan, sal ek dit dalk neem. Ek het covid oorleef na my dokter my ‘n 25% kans op oorlewing gegee het. My God en Ivermectin het my binne 8dae uit ICU gekry, so hou maar julle ou spuitjie.

Anoniem ·

Weet ook van baie mense ondermeer ek wat ingespuit is, en nie ‘n enkele een het newe effekte gehad nie

MakersMark ·

Sy kan dit sê op grond van haar kwalifikasie en ondervinding. Net soos wat weerkundiges die weer kan voorspel en ekonome die ekonomiese indikators kan voorspel. Hoeveel biljoene mense is ingeënt wêreldwyd ? Hoeveel is dood ? Gaan vergelyk daai persentasie met dieselfde vir CV19 dodetal teenoor infeksies dan sal jy sien hoekom die risiko van inenting baie laer is as om van CV19 te sterf of ernstig siek te word. Syfers lieg nie sameswerings teorieë wel.

Thom ·

Jammer om te sê maar ek dink dat jy lieg behalwe as hulle dalk in motorongelukke dood is .

Anoniem ·

Kommentaar wat ek hier lees is presies waarvan gepraat word in paragraaf 6

Jan Albert ·

As ‘n wynboer kry ek uiters swaar onder huidige omstandighede. Dit gaan seker ‘n dekade neem om uit my huidige finansiële krisis te kan kom indien ek nie voor dit bankrot speel nie. Ek sien die INENTING as die enigste manier om ui hierdie gemors te kan kom.

Jan ·

Waarom is die media tjoepstil oor Swede wat ‘n nul covid sterftesyfer bereik het? Boonop funksioneer hul ekonomie normaal.

Jaco ·

In Swede is dit onnodig om Covid-19 en inperking vir radikale ekonomiese transformasie, BEE en ander anti-wit maatreëls te gebruik.

Josua ·

Ek raai niemand af van die inenting nie maar as dit dan so veilig is waarom word mense wat die teendeel kan bewys totaal geblok word op sosiale netwerke en word dokters en wetenskaplikes wat teen die inenting is ook gedreig dat hulle hul lisensies mag verloor sou hulle enige ander alternatiewe aanbeveel. Waarom is daar skielik besluit om die drae van maskers en inenting program te staak in die UK en dit slegs op jou eie besluit te baseer, is dit dalk oor hul demokrasie en konstetusie voorsiening maak vir mense regte of is dit juis 100de mense wat skielik uitgekom het wereldwyd wat newe effekte getoon het nadat hul gevaksineer was en omdat die entstof ook nog nie geregistreer is of was vir menslike gebruik nie gaan doen maar self navorsing en kyk of die antwoorde benatwoord kan word. Dat covid wel bestaan is beslis maar die inenting is nie die enigste antwoord nie. Al is jy gevaksineer kan jy steeds siek word en mense aansteek dink bietjie hieroor ook!

MakersMark ·

CV19 infeksie golwe sal die verskerping en verslapping van inperkmaatreels volg soos dit nou al 3 keer gedoen het. Sodra die infeksietempo afneem is dit weer lekker en baie min hou by voorkomings maatreëls. Dan skiet die infeksies weer die hoogte in, hospitale oorlaai, tekort aan suurstof, klomp tragedies, dan word inperkings weer verskerp. Ongelukkig het ons ‘n regering nodig wat ons moet vertel wat om te doen want SA’nrs doen dit nie uit hul eie nie. Al wat die siklus sal breek is genoeg inentings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.