Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het nou ook die gebruik van die antivirale pil bekend as molnupiravir vir die behandeling van Covid-19 deur sogenaamde hoërisiko-volwassenes goedgekeur. Die pil word toegedien nadat Covid-19 opgedoen is om die simptome te behandel.
Sahpra het Donderdag in ʼn verklaring gesê die invoer van molnupiravir is voorwaardelik vir ʼn aanvanklike tydperk van ses maande goedgekeur.
Dié pil is ontwikkel deur die Amerikaanse farmaseutiese reus, Merck & Co., en word reeds in onder meer Brittanje gebruik om Covid-19-pasiënte se simptome – wat matig tot ernstig kan wees – te behandel.
Molnupiravir verminder die vermoë van ʼn virus om te repliseer en vertraag sodoende die siekte. Die pil word binne vyf dae ná die aanvang van simptome geneem en kan volgens ʼn proefstudie – wat voor die Omikronvariant se verskynsel gedoen is – ʼn risikopasiënt se kans vir hospitaalopname en sterfte met 30% verminder.
“Die goedkeuring van molnupiravir vir deernisgebruik dien as verdere behandeling in die stryd teen Covid-19,” het die uitvoerende hoof van Sahpra, Boitumelo Semete-Makokotlela, gesê.
Suid-Afrika is oënskynlik die ergste van alle lande op die Afrika-kontinent deur die Covid-19-pandemie getref, met meer as 3,6 miljoen bevestigde koronavirusgevalle en meer as 97 000 sterftes.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
50 Kommentare
Ha ha ha – hulle probeer darem vreeslik hard en ek vertrou niks van die pille en vaccines meer nie. Dankie, maar nee dankie.
Pil vir wat? 96% van mense herstel self?
Die vaksien ook……of tog nie.
Wha, ha, ha. 30%! Hulle gryp nou na strooihalms!!!! Wat is alles daarin! En wat word van die ander 70%? Dan hou ek maar by die beproefde verkoue medisyne, dis nou as ek dalk siek word, wat ek nie kan onthou wanneer een van ons gesin ooit geword het nie.
‘n Pil. Wat help keer dat ‘n virus kan repliseer. Hmmm…. Ek wonder of daar nie alreeds so ‘n pilletjie was nie…