Covid-19: Polisiebeamptes vas vir WVF-bedrog

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

Twee van die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met bedrog met die Covid-19-voordeel van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) is polisiebeamptes.

Die drie verdagtes, tussen 25 en 39 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Durbanse handelshof op aanklagte van bedrog en geldwassery verskyn.

Volgens kapt. Ndivhuwo Mulamu, Valke-woordvoerder, is die drie Maandagmiddag in Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo op bedrieglike wyse meer as R692 000 in die sak gesteek het.

ʼn Maatskappy het aansoek gedoen om die Covid-19-voordeel van die WVF en die aansoek is verwerk. “Dit het egter aan die lig gekom dat die maatskappy se bankbesonderhede op bedrieglike wyse verander is en ʼn bedrag van R692 185,55 is in ʼn ander bankrekening inbetaal.”

Daar is tydens ʼn ondersoek vasgestel dat die bankrekening aan ʼn polisiebeampte van die Durbanse taktiesereaksie-span behoort. “Hy het glo die geld in bankrekeninge van nog ʼn polisiebeampte en twee ander mense inbetaal.”

Volgens Mulamu is die vierde verdagte nie in hegtenis geneem nie, maar gewaarsku om saam met die drie ander in die hof te verskyn.

Nagenoeg R240 000 van die geld is gevries terwyl pogings onderweg is om die gesteelde geld te verhaal. Daar is ook op ʼn Nissan NP200-bakkie beslag gelê nadat dit glo met die gesteelde geld gekoop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sêmanet ·

Hoe op aarde kry hulle dit reg? Ek het vir my seun aansoek gedoen vir die klein bedraggie wat SASSA aan mense betaal, wat al meer as ‘n jaar werkloos is. WVF het hom egter nogsteeds op hulle stelsel as ‘n werknemer van sy vorige werk. Toe word hy afgekeur.

marius ·

En daar is geen polisie wat op en af spring by die hof oor hulle eerbare kollegas nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.