Covid-19-positiwiteitskoers styg steeds

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Altesame 6 372 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld, wat die land se positiwiteitskoers laat opskiet.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 776 298 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 21,1%. Dit nadat die positiwiteitskoers skaars meer as 18% met die vorige verslag was.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (49%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (23%) en die Wes-Kaap (14%). Die totale getal aktiewe gevalle is 37 860.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 100 351 nadat nog drie sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 638 087 mense reeds van die virus herstel, wat ʼn herstelkoers van 96,3% verteenwoordig.

Suid-Afrika het tot dusver 24 400 471 toetse vir Covid-19 gedoen, waarvan 30 186 sedert die vorige verslag gedoen is.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 62 hospitaalopnames en is daar tans altesaam 2 028 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 34,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap2521 369
Vrystaat2411 935
Gauteng3 14513 512
KwaZulu-Natal1 44011 440
Limpopo67350
Mpumalanga166848
Noordwes113773
Noord-Kaap68575
Wes-Kaap8807 058
Totaal6 37237 860

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 619329 688
Vrystaat7 685194 393
Gauteng20 6911 202 441
KwaZulu-Natal16 076645 679
Limpopo4 617151 477
Mpumalanga4 705189 081
Noordwes4 794188 595
Noord-Kaap3 220105 621
Wes-Kaap21 944631 112
Totaal100 3513 638 087

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marius ·

Daar is 6372 gevalle en daar is ongeveer 60 000000 mense in suid afrika. Sal dit nou nie as noemenswaardig sien nie.

Manie ·

Uit ‘n bevolking van 60 000 000 is daar in totaal 37860 of 0.0631% aktiewe positiewe gevalle. Uit ‘n bevolking van 60 000 000 is daar 6372 of 0.0106% nuwe positiewe gevalle. Asof dit nou vreesaanjaende syfers is ? Die media jaag die histerie aan.

Sarie ·

Yea right. Terwyl ons wag vir die sg uitslae van komentaar op voorgestelde wetgewing

Suzette ·

Presies Sarie. Ons weet almal wat die uitslag van die voorgestelde wetgewing gaan wees.

VaalDonkie ·

Dis soos die Biden-stemme wat hulle onder ‘n tafel “gevind” het.

Swerwer ·

“So What” as dit groei. Wat is daar verwag. Dat kopdoek nou maar weer haar beheer oor haar mense neem en klaarkry. Dit is iets waarmee saamgeleef moet word en klaar. Die een wat nie na homself wil kyk nie “tuff luck”.

Casper ·

.My vriend se vrou het beide haar spuite gehad en het vanoggend positief getoets vir covid.Moet jy gaan vir die “booster”of nie of moet jy gaan vir die griep inspuiting.

Robert ·

Bangmaak stories… dit word nou as ‘n verkoue behandel deur goie dokters.

Pietertjie ·

Ek het gewone verkoue gehad en nogtans het dit ‘n positiewe PCR toets opgelewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.