Covid-19: President sê dié bedrywe ook nou weer aan die gang

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand die land toegespreek oor ontwikkelings in die land se risiko-aangepaste strategie om die verspreiding van Covid-19 te beheer.

Dit volg ná vergaderings met die kabinet, die nasionale koronavirus-beheerraad, en die presidensiële koördineringsraad.

President Ramaphosa het gesê tot dusver is 80 412 gevalle van Covid-19 reeds in die land bevestig. Van dié gevalle het 44 331 (sowat 55%) reeds herstel. Dit beteken daar is 34 407 aktiewe gevalle tans in die land. Die dodetal staan op 1 674.

Deksametasoon 

“Te midde van ʼn verwoestende pandemie, word ons bemoedig deur nuus vandeesweek van ʼn deurbraak in die behandeling van Covid-19,” het pres. Ramaphosa gesê. “ʼn Studie deur die Universiteit van Oxford in Engeland het bevind dat die middel deksametasoon, wat ook in Suid-Afrika vervaardig word deur een van ons farmaseutiese maatskappye en waarvan daar volop voorraad is, sterftes onder pasiënte op ventilators met ʼn derde verminder het.”

Die departement van gesondheid en die ministeriële raadgewende komitee het aanbeveel dat deksametasoon oorweeg kan word vir gebruik op pasiënte op ventilators en asemhalingsmasjiene.

“Ons glo dit sal ons bestuur van die siekte baie verbeter vir diegene wat die ergste hierdeur getref is.”

Dié bedrywe mag oopmaak 

Die president het gesê selfs met die maatreëls wat in plek gestel is om maatskappye, werknemers en behoeftige huishoudings te help as deel van die R500 miljard-verligtingspakket, is daar ʼn beperking op hoe lank dié ondernemings gesluit kan bly.

“Toe ek aangekondig het dat die land van 1 Junie na risikovlak 3 sal beweeg, het ek gesê dat ons sal oorweeg om ander bedrywe ook oop te maak, indien die nodige veiligheidsmaatreëls in plek gestel kan word en volgehou kan word.”

Ná verdere gesprekke met verteenwoordigers uit die verskillende bedrywe oor streng nakomingsmaatreëls, en raad van wetenskaplikes en gesprekke met premiers, het die kabinet besluit om beperkings te verlig op sekere ekonomiese aktiwiteit. Dit sluit in:

  • Restaurante vir aansit etes
  • Geakkrediteerde en gelisensieerde akkommodasie (huisdeel en akkommodasie soos AirBnB uitgesluit)
  • Konferensies en vergaderings vir sakedoeleindes, volgens die beperking op openbare byeenkomste
  • Flieks en teaters, met ʼn beperking op die hoeveelheid mense
  • Casino’s
  • Persoonlikesorgdienste soos haarsalonne en skoonheidsterapeute
  • Niekontaksportsoorte soos gholf, tennis, krieket en ander
  • Kontaksportsoorte sal slegs vir oefening en gewysigde aktiwiteit oopgemaak word met beperkte gebruik van fasiliteite

“In elke geval is daar op spesifieke en streng veiligheidsmaatreëls ooreengekom. Dit sal in plek gestel moet word voor die betrokke bedryf kan heropen en dit sal volhou moet word indien die bedryf wil oop bly.”

Pres. Ramaphosa het gesê ʼn aankondiging sal binnekort gemaak word oor die spesifieke maatreëls en die datum van wanneer dié bedrywe hul deure mag oopmaak.

Hy het gesê die betrokke bedrywe het meer as 500 000 mense in diens.

Alle verdere regulasies van vlak 3 bly van krag.

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Martie Smartie ·

So die ou steur hom nie aan die hofuitspraak v Regter Norman Davis nie, tipies Afrika regeringstyl

marius ·

Sy dokter kameraad prys Fauci en hy Bittanje , die koloniale verdrukkers ? Die gevalle vererger maar nou word alles oopgegooi ? Grootste konkelaar ooit !

Corne123 ·

ag nee wat bla bla bla maak asl oop maar sigarette los hy nog toe dit belaglik of sal ek se zuma maak als oop maar los sigarette nog toe rokers moet maar weet sal nie vinning in die land weer sigarette wettiglik kan koop nie want iemand skep like hel hieruit

Sharnelle ·

NDZ betaal hom seker ook n paar miljoene uit haar cheap cigarette wat sy geld uitmaak.

Africangrey ·

Corne, ek het n plan, stuur my jou telno dan bel ek jou, ek bly oorsee, maar dit kan goed werk!!

Johan ·

Broer Corné 123,die skrif is aan die muur vir rokers en die toekoms vir diesulkes is nag. My vriende en familie gebruik hierdie aaklige gebeure om maar iets anders te misbruik,om die spanning,kommer,opgewondenheid,teleurstellings en lus nek om te draai! Het jy dit al probeer? Terloops,ek lyk al soos ń bosvark,wanneer kan ons laat hare sny (en so ń hamburgertjie gaan geniet,hê mister Pres?)

antieke antie ·

gister in Parow sentrum het n swart man openlik sigarette gewys en verkoop en gebrag niemand gaan hom en hulle vang of aankla nie…. en hulle maak baie geld

Plaaskind ·

Ek het nie eers gistraand geluister na die praatjie nie – dis net belaglik.

Gert ·

Wat het verander van Maart tot vandag. Die syfers het net opgegaan. Kinders kan nog nie almal skoolgaan nie maar kan gaan uiteet saam met vriende. Sê ook niks van byeenkoms by mens se huis nie!

Herman ·

Kan uiteet en dobbel, maar nog nie kuier by die huis of provinsiale grense oorsteek nie. En ook nie sigarette koop nie want dit gaan die corona virus onbeheerbaar maak. Die is als n klomp duimsuigery, magsbeheptheid en n geldmaak storie vir daai paar wat hulleself die nccc noem.

antieke antie ·

maar die parlement se mense verdien nog nie hulle geld nie en gaan nie parlement toe nie

Marisa W ·

Ag man hy het weer ‘n 3 minute toespraak in 45 minute ingeprop – niks gese wat ons nog nie weet nie – ons weet die haarsalonne en restaurante gaan weer oopmaak, maar ons weet nog steeds nie wanneer nie.

Herman ·

As elkeen n saneer middel, n termometer en n facemask compulsory teken op die deur het en merkers op die vloere waar jy mag staan. Dan is als reg. Dit is maar hoe dit by al die ander winkels werk

Willem ·

Kopdoek sal seker teen die einde van junie die toegewings goedkeur

Porseleintjie ·

Dobbelhuise maak oop. Gaan daar soos by die kerk net 50 persone toegelaat word? Moet dink ons is almal breinloos.

Outop ·

Geakkrediteerde en gelisensieerde akkommodasie (huisdeel en akkommodasie soos AirBnB uitgesluit)
Sluit dit Tyddeel (Timeshare) in??

Nie Verbaas ·

Ja, en hy noem swart slagoffers by name. Ken jy enige van die wit plaasaanval slagoffers se name Ramaphosa?

Persheks Adri ·

Dis mos net hulle lewens wat saak maak!!! Hulle moet onthou wie hou die land aan die gang… Ons as blankes en as dit nie vir die boere is nie het hulle nie eers kos nie

Althes ·

Elke keer is dit ñ tydmors om na sy aankondigings te luister. Niks konkreet word genoem wanneer salonne ens. Oopmaak nie. Dis net blahblah…ekskuus gaap

Persheks Adri ·

Wat ‘n sirkus! Waar’s die social distance waaroor daar so bohaai van gemaak word as hul die plekke oop maak? Nou word die SAPD bedank vir goeie werk? Wat jy waar kry? Als is korrupsie! Nou word daar gehuil oor misdaad, moord en dood, maar wat het die regering gedink? Hul dryf die mense na dit toe.
Dit help nie daar word nou gehuil oor vrouens en kinder mishandeling nie – jy wou mos die drank oop maak Cyril – mens noem dit common sense hoor. Weereens net die swart slagoffers word genoem en mee gesimpatiseer. Wat van die blanke slagoffers? Dlamini maak STEEDS geld uit die sigarette en tot vandag toe GEEN vervolging deur die SAPD, maar hul doen “goeie” werk? Sluit haar dan toe vir STEEDS verkoop van sigarette wat verban is. As dit enige ander landsburger was, was hul lankal in die tronk!

Charl ·

So jy Maag gaan uiteet, fliek, dobbel, in hotels oor bly, salonne besoek (ek is bly oor dit). MAAR jy mag nie by jou familie gaan kuier/braai of kerk to gaan nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.