Covid-19: Ramaphosa keur vrylating van duisende gevangenes goed

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het goedgekeur dat byna 19 000 gevangenes voortydig op parool vrygelaat word in ʼn poging om die verspreiding van die nuwe koronavirus in die land se korrektiewe sentrums hok te slaan.

Glynnis Breytenbach, voormalige staatsaanklaer en huidige DA-LP, meen egter dié besluit gaan tot ’n groter humanitêre krisis lei as wat die president hiermee probeer vermy.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het Vrydag in ʼn verklaring gesê Ramaphosa het besluit om byna 19 000 van die 155 000 gevangenes wat tans in die land se tronke is, vry te laat. Dit in ʼn poging om ʼn plan te maak met die land se oorvol tronke te midde van die Covid-19-pandemie.

Teen Woensdag het die departement van korrektiewe dienste reeds 165 Covid-19-gevalle en twee sterftes in die land se tronke aangemeld; die getal sluit gevangenes en korrektiewe beamptes in.

Volgens Diko is die besluit geneem in antwoord op die Verenigde Nasies se beroep op lande om hul tronkbevolking te verminder sodat sosiale afstand in korrektiewe sentrums gehandhaaf kan word.

Diko verduidelik dat die gevangenes wat vrygelaat gaan word ʼn lae risiko inhou om weer die wet te oortree en reeds ʼn groot deel van hul vonnis uitgedien het. Luidens die verklaring sal gevangenes wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir ernstige misdade soos seksuele misdrywe, moord en poging tot moord, geslagsgebaseerde geweld en kindermishandeling nie in aanmerking gekom om vrygelaat te word nie.

Argieffoto

Maroela Media het vroeër berig ʼn e-pos aan aanklaers en landdroste verlede maand het versoek dat sowat 2 000 verhoorafwagtende gevangenes in Gauteng, onder wie dié wat van geweldsmisdade aangekla word, vrygelaat word. Dit sluit in sowat 750 gevangenes wat weens die aard en erns van hul beweerde oortredings nie vir borgtog in aanmerking gekom het nie en reeds langer as twee jaar verhoorafwagtend en in aanhouding is. Name van mense wat aangekla word van moord, verkragting en aanranding verskyn ook op dié lys.

Diko wys daarop dat diegene wat vrygelaat word op parool vrygelaat word. Hulle word dus nie kwytgeskeld nie en kan weer in hegtenis geneem word sou hulle hul paroolvoorwaardes verbreek.

Luidens die verklaring sal die vrylating van die gevangenes oor ’n tydperk van tien weke plaasvind. Dit sal begin sodra alle prosesse van die paroolraad gefinaliseer is en gevangenes alle toepaslike rehabilitasie- en voorvrylatingsprogramme bygewoon het.

Breytenbach glo egter nie dit gaan moontlik wees om soveel gevangenes suksesvol op parool vry te laat nie, aangesien baie van die gevangenes wat vrygelaat word nie gesinne of huise het om na terug te keer nie. Diegene wat wel ʼn heenkome het, kan moontlik terugkeer na ’n huis waar daar min of geen kos is nie.

Volgens Breytenbach is dit boonop onmoontlik om in die huidige ekonomiese omstandighede werk te kry. Dit is boonop selfs moeiliker vir dié met ’n kriminele rekord om werk te kry. Dié wat op parool vrygelaat word, kan dus maklik in die versoeking kom om weer in misdaad te verval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Willem ·

Waar by watter kampe gaan hul vir 14 dae gehou word onder kwarantyn sonder om getoets te word

Jacobus ·

Hulle is slegs besig om die werkloosheids en voeding probleem te vererger. Wat voel hulle. Hulle kruip weg agter rekenaars in virtuele kantore. Dop in die hand, min gepla met die welstand in die land. Sies.

Fedup ·

This is a joke right? Since when does this government adhere to the un’s fairytales? There is a reason those one’s are jailed. Letting them lose with such a stupid example is mind blowing. This move is going to bite hard, cyril.

Anel ·

Goeie genade, wat het hy gerook? Wat dan van Janus Waslush? Nou gaan hier weer gemoor en aan gerand word vir ‘n vale. Waar gaan die spul bly en kos kry. Jammer hulle kan nie sommer almal op sy plade gaan aflaai nie. Dan maak hy dit sy probleem.

Burgermeester ·

Laat ek dit reg verstaan; net omdat 0.1% van die totale gevangenes in aanhouding positief getoets is vir Covid-19, word 19 000 (12.15%) gevangenes vrygelaat? Hoe gaan die 19000 gevangenes wat vroeg uitgelaat word hulle les leer om nie weer die wet te oortree nie?

Raakvatter ·

Mens gaan nie tronk toe “om ‘n les geleer” te word nie, maar om te rehabiliteer. Sommiges rehabiliteer wel, ander nooit. Verstaan ook nie die vrylating so goed nie.

Burgermeester ·

Dankie Raakvatter, jy vat hom nou raak met daai kommentaar, ek moes liewers rehabiliteer gebruik het, in plaas van ‘om ‘n les te leer’.

ElizeK ·

Burgermeester.
Dink jy daar is iemand in die ANC regering wat jou som kan maak.
Indien wel, sou so n idee nooit tot uitvoer gekom het nie.

Sylvia ·

Ons vrees reeds n lewensbedreigende virus, nou word 19000 misdadigers onder ons losgelaat. Waar gaan hulle kos kry, mnr die president?? Dit maak nie sin nie?? Is dit ‘n voorbeeld van hoe die regering oor ons veiligheid dink en besluit??

ElizeK ·

Lekker man lekker. Nog 19 000 wat nou in die ry kan kom staan vir Sassa geldtjie en n kospakkie.
ANC logika.:::Kom ons probeer covid 19 keer in die tronke en laat eerder die gevangenes los tussen gewone burgers wat alreeds “lockdown” voos is.

Yolandie ·

Ek voel ek is besig om van my kop af te raak!!!! Daar is obviously genoeg honger wetsgehoorsame burgers op straat nie. Kom ons vererger die situasie nog meer want ons regering hou van ‘n uitdaging. Dis absurd……lagwekkend……..

Kosie ·

Maar laat jy nou net met jou hond gaan stap in die middag, dan kyk jy… Maak dit enigsins sin vir ander, want vir my lyk dit eerder of Cyril weereen gewonde mense probeer vernietig met sy besluite…

AH ·

Ja, hulle maak die tronke leeg vir mense wat die grendelwet oortree! Nóg ‘n swart merk langs die onbetroubare regering se naam! Myns insiens kan hulle nou maar die hele inperking aflas en dan moet elkeen van ons maar vir ons eie gesondheid sorg en probeer om liewer die ekonomie aan die gang te kry…….

JohanR ·

Was dit President Nkosazana Dlamini-Zuma se besluit, en die adjunkpresident Cyril Ramaphosa moes die net aankondig? Moenie worry nie die ANC het ‘n plan…’n versteekte agenda plan!

marius ·

Waar gaan hulle heen ? Ranch toe ? Sy plannetjies loop nou soos stroop .

Genis ·

Wat n belaglikke ding om te doen.. het jy nie geleer nie CR, jou vorige pardon het weer verkrag, en gemoor… bloed op wie se hande? Jy en jou ANC korruptes het n agenda…

Jaco ·

Ja, maar jy moet nou onthou, daar is mos nou nie meer drank te koop nie, dus is daar geen risiko dat hul misdaad sal pleeg nie. Verbod op drank bring misdaad statistiek af soos hoedman sê. Dus kan hul maar almal in die tronke vrylaat.

Mossel ·

Liewe aarde die Rama kani meer dink nie… kon nog nooit ! . stop mense in tronk oor n covid oortreding maar laat 19k kriminele uit ! Los hulle daar hulle is mos ge isoleer.. liewe hel !

Maritha ·

Dit is virseker di heel domste ding ooit. Presies waar gaan hulle woon en werk. Ek kan nie eens my huur of kar betaal nie, want ek MAG nie werk nie. Hulle moet nog iewers ń werk kry! Nog altyd gedink daar is ń skroef los by oom C, maar nou weet ek dt!

RB ·

Wat n dwase ding om te doen!!
Of maak hy dalk plek vir die skuldige ANC-lede en hul maters? Ons wag darem al lank om te sien dat hulle oranjepakkies kry.

Renee ·

Die pres kan gevangenisse vrylaat en al ons ander nie op hoogte hou van wat ons mag doen en nie mag doen nie Meer as tien dae laas met sy land se mense wat hulle salarisse betaal in te lig. Ek dink dit is n’ skande almal moet maar raai. Wat is volgende?

Lourens CFG ·

Hy lig ons nie meer in nie omdat hy ge-veto word deur mama uma!

Danie ·

Ja hier kom dit nou gaan ons nog versigtiger moet wees. Moorde en verkragtings en roof gaan nou verdubbeld.

Eerlik ·

Kan ons n tax return eis vir die 19000 wat ons nie meer hoef te voer nie?

Rerig ·

So maw jy is meer van n gevaar vir ander as jy rook as wat jy in die tronk is?

Jessey ·

Jule verstaan heeltemal verkeerd. Daar is ‘n tekort aan mense wat Drank en sigarette kan versprei, hierdie 19 000, gaan vir seker handig te pas kom daar buite. Ek is amper seker hulle het klaar werk daar buite

Lizanda ·

Jy mag nie na 8 in die aand op straat, wees nie en vele meer, 19 000 wat in die tronke gesit het vir wie weet watse misdade, geen kos, geld, families nie, dink jy vir een oomblik hulle gaan hulle steur aan dit wat ons gehoor aan moet gee .

Barbara ·

Hierdie hele virus word deur ons regering vir politieke doeleindes gebruik,.

Michael ·

Dit verbaas my glad nie, want so wen die anc nog meer stemme. As die tronke nie so oorbevolk was nie sou hul nie n probleem gehad het nie, die doodstraf moet terug kom en die probleem is opgelos, binne en buite die tronk…

Francois ·

Dis goed solank daar net n ooreenkoms is dat vir elke losgelate misdadiger wat weer gevang word moet die president persoonlik aangekla word.

Michael 1 ·

Hy is n grap en almal lag vir hom net hy dink dat hy vreeslik belangrik is.

Yvonne ·

Die vrylating kan erger as die virus wees….Here wees ons genadig…..dit is kriminele nie Sondagskool kinders nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.