Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting Woensdag vroegaand met gemeenskappe deur middel van ʼn virtuele presidensiële Imbizo oor Covid-19 praat.
Die presidensiële Imbizo het ten doel om ʼn platform te skep vir openbare deelname waar gemeenskappe direk met die regering kan kommunikeer oor uitdagings waarmee hulle worstel.
Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê gemeenskappe sal deur middel van meer as 80 gemeenskapsradiostasies, verskeie TV-kanale en sosiale media aan die gesprek met Ramaphosa kan deelneem.
Die presidensiële Imbizo vind omstreeks 18:00 plaas.
Vrae rakende die nuwe koronavirus kan deur middel van die tolvrye nommer 0800 142 446 aan die president gerig word. Sosialemediagebruikers kan ook vrae rig deur die hutsmerk #PresidentialImbizo te gebruik.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Praat praat praat! Kan die ou nie ‘n besluit op sy eie neem nie?
Gaan net weer ‘n klomp TWAK praat!
Hoop net kopdoek sit langs hom so dat sy hom kan se wat om te antw.
Sal graag wil sien of hy vrae oor boeremoorde gaan akkomodeer
Ek sit eerder die hele naweek vir my swembad skoonmaak apparaat en luister . Hy maak meer sin …