Covid-19: Ramaphosa praat vanaand virtueel met gemeenskappe

Pres. Cyril Ramaphosa (17 Junie 2020) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting Woensdag vroegaand met gemeenskappe deur middel van ʼn virtuele presidensiële Imbizo oor Covid-19 praat.

Die presidensiële Imbizo het ten doel om ʼn platform te skep vir openbare deelname waar gemeenskappe direk met die regering kan kommunikeer oor uitdagings waarmee hulle worstel.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê gemeenskappe sal deur middel van meer as 80 gemeenskapsradiostasies, verskeie TV-kanale en sosiale media aan die gesprek met Ramaphosa kan deelneem.

Die presidensiële Imbizo vind omstreeks 18:00 plaas.

Vrae rakende die nuwe koronavirus kan deur middel van die tolvrye nommer 0800 142 446 aan die president gerig word. Sosialemediagebruikers kan ook vrae rig deur die hutsmerk #PresidentialImbizo te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JohanR ·

Praat praat praat! Kan die ou nie ‘n besluit op sy eie neem nie?

Gideon ·

???? As hy nie praat nie kla die mense. As hy wel praat kla die mense dat hy nie n besluit kan op sy eie kan neem nie en nie moet praat nie. Ai jaai jaai.

Pieter ·

Hoop net kopdoek sit langs hom so dat sy hom kan se wat om te antw.

Renee ·

Hy bekommer hom oor gender violence nie plaas moorde nie want dan hoef hy nie pa te staan vir grondoneiening nie dan kan net vat die boer is mos dood

marius ·

Ek sit eerder die hele naweek vir my swembad skoonmaak apparaat en luister . Hy maak meer sin …

Pappa Beer ·

Blikke wat leeg is maak die meeste geraas. Het kopdoek haar toestemming gegee vir hom om sy gelieg te verkondig? Is die nuwe leuens eers deur haar goedgekeur? Sirkus narre, die hele lot.

Mariana ·

Ek vermoed hy weet lankal wat die gemeenskappe wil hê, maar versuim om gehoor te gee. Hy werk mos ook vir ‘n “baas” en dit is juis veronderstel om die mense van hierdie land te wees. Al sy gepraat oor dieselfde goed het geen impak op die pandemie. Al die gesloer om als oop te stel is net besig om die hele land tot stilstand te bring, wat niemand iets in die sak bring, behalwe hongersnood, werkloosheid, ens.

Michael 1 ·

Ek het 2 keer na sy niksseggende gebabel geluister dit is n totale mors van tyd.

Renee ·

Sal graag wil hoor wat hy oor die rook verbod gaan doen. Ons moet ons lewens in gevaar stel om sigarette in die hande te kry teen n buitensporige bedrag en om te wonder wanneer gaan jy n’ krimineele klag teen jou he. Maar daar word lande soos China toegelaat om in te voer en al wat SA kan doen is uitvoer. Hy gaan weer se hy weet nie hoekom is hy dan President as hy nie weet wat gaan in sy land aan nie. Wanneer fire hy kopdoek wat hoeveel kere al die hof bevel verontagsaam het en niks oorgekom het nie en Taxis wat die land oorgeneem het is hy bang vir hulle?

Persheks Adri ·

Renee, dis my vraag ook! Die taxi’s mag vol gelaai word, drank is oop, restaurante, cinemas en so gaan die lys net aan! Ons mag nie rook nie EN NDZ maak geld op swart mark en nie sy of haar kinders word vervolg nie! Hy beter ons sigarette terug sit op die rakke en gou ook. Die reëls maak nie sin nie dis dubbel standaarde en waar is social distancy met cinemas en goed? Plaasmoorde is ‘n GROOT probleem, maar dit word nie eers aangespreek nie!

Willem ·

Ek sal graag wou vra, want ek kom nie deur na nommers adverteer nie, hoekom “lieg en steel” 90% van die ANC so van die armstes van die armstes? Sal hy dit kan antwoord wat daar is 26 jaar se bewyse.

Alleen Wolf ·

Hy gaan selektief sy “People” se vrae beantwoord en dan is die vraetyd verby, die virus en die sinnelose reels vir wetsgehoorsame landsburgers gaan voort en ons word verder verarm.

Pieter ·

Hulle kon eerder n 1jarige baba voor die mikroofoon sit wat oulike geluide maak. Sou meer sin maak en ten minste iets beters om na te luister.

Duck ·

Ai, ek was nogal heel opgewonde om te hoor wat die “land” te sè het, nie die Prez nie, maar ek kon niks hoor nie, audio was ‘n gemors en ons kon net video sien.
Nie seker of dit net hier by my op Youtube was nie.

Renee ·

Was ook nogal nuuskurig ek glo nie dit was die audio nie dit is so bewerkstellig sodat hy net antwoord wat hy wil hoekom niks gese oor oorlaaide taxis nie seker te bang vir hulle Ek kan doen met die R5000 geskenk wat hulle aangebied word. Cocid 19 sal hulle niooit kan oorwin met . Maar durf ons net siggarette onwettig koop dan het ons n’ kriminele rekord

Yvonne ·

Ek dink ek het belangstelling verloor oor dit wat die president te se het….dis jammer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.