Covid-19: Ramaphosa sê moontlik oor skole, inperkingsvlak

(Argieffoto: Michele Spatari/ AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa spreek Maandag om 20:00 weer die land toe oor die jongste verwikkelinge rakende die afsonderingstydperk. Bespiegelings het Maandag die ronde gedoen dat Suid-Afrika weer na ʼn vlak 4-inperking kan terugkeer en dat skole later as beplan sal oopmaak vir die nuwe jaar. Ramaphosa sal na verwagting uitsluitsel oor dié kwessies gee.

Suid-Afrika stel tans elke dag ʼn nuwe rekord op vir die getal mense wat positief toets vir die dodelike virus, asook die getal mense wat daaraan sterf. Die situasie is dus sorgwekkend.

Met entstof op pad uit Indië blyk daar verdeeldheid oor die pad vorentoe te wees. Terwyl daar glo by die koronavirus-bevelsraad heelwat aptyt is om die land as geheel in ʼn vlak 4-grendelstaat terug te plaas, bepleit ander belanghebbendes dat die ekonomie in gedagte gehou en daar gedifferensieer moet word tussen verskillende provinsies en distriksrade na gelang van hul infeksiekoers.

Volgens die algemene opvatting is dit veral die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, wat ʼn voorstander van so ʼn enkele vlak 4-inperking is.

In ʼn potensieel insiggewende wending het die DA-leier, John Steenhuisen, om 12:00 Maandag begin vergader met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde. Die vergadering is geskeduleer om meer as vyf uur lank te duur, wat bespiegeling laat ontstaan het dat die DA-beheerde Wes-Kaapse regering die sentrale regering in die hof kan pak indien die provinsie onder ʼn meer stremmende inperking as ander provinsies geplaas word.

ʼn Verdere vroeë aanduiding dat die DA sy byltjies slyp, is ʼn verklaring wat vanmiddag deur die party uitgereik is wat ʼn vertraging in die heropening van skole verwerp en vra dat onderwysers geprioritiseer word by die verskaffing van entstof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris dupreez

Raak ontslae van Kopdoek en Bheki Cele en maak die drankwinkels oop

Casper

Dit blyk in die stadium dat die tweede golf veel erger as die eerste golf is en die regering en elke landsburger ‘n plig het teenoor mekaar om die virus te beveg.Ry maar in die openbaar en kyk wie dra nie maskers nie,gaan kyk by poskantore en banke of by afstand gehou word maar dan word een enkele branderplankryer summer gearresteer en toegesluit waar oom met die hoed by is.Ag tannie met die kopdoek moet nie weer drank die skuld gee nie.Jy verwoes die drankbedryf en gee nie om oor duisende mense wat so hul werk gaan verloor nie en… Lees meer »

Koos Kookwater

Klomp magsbehepte idiote

Tanniepetoors

Miskien moet ons begin belê in doringdraad want Mnr Hoed se patrollies maak g’n hond haaraf nie.

Gerhard

Ek wil aansluit by Casper. Ek en my gesin was die afgelope vakansie in Onrus (buite Hermanus) en wel, ek was darem een keer in die see, toe maak ons “wonderlike president” die strande toe. Nie te min, ek moes ‘n dag of wat vinnig mall toe om benodighede te gaan koop. Die strande is leeg, klomp polisiemotors by Onrus se klein strandjie en soveel polisiemanne wat daar sit en nonsens praat, want hulle moet mos nou die strand bewaak……nie te min, toe ek by die mall instap, toe val ek amper op my rug, dit is ‘n klein mall,… Lees meer »