Die getal bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus (Covid-19) staan nou op 1 280 met die tweede bevestigde sterfte weens Covid-19 Sondag aangemeld. Altesaam 93 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur aangemeld.
Dr. Zweli Mkhize het in ’n verklaring gesê ’n 74-jarige man is in ’n private hospitaal in Ladysmith in KwaZulu-Natal dood. Die man was aan ’n ventilator in die waakeenheid van die hospitaal gekoppel ten tyde van sy dood.
Volgens Mkhize het die man ’n onderliggende velkankertoestand (melanoom) gehad het. Die man het vroeër vandeesmaand die Nasionale Krugerwildtuin saam met sy familie besoek waarna hy by sy terugkeer simptome begin toon het. Die man is later met asemnood, hartversaking en ’n hoë liggaamstemperatuur in die hospitaal opgeneem waarna hy Vrydag positief vir Covid-19 getoets het.
Die oorledene was in kontak met sy familie en 14 gesondheidswerkers waarvan drie spesialiste is. Hulle sal nou in kwarantyn geplaas word.

Die nuwe koronavirus Covid-19. (Grafika: CDC/Alissa Eckert, MS; Dan Higgins, MAM via Wikimedia Commons)
Provinsies
Gauteng het steeds die meeste Covid-19 gevalle met 584 nou in dié provinsie aangemeld. In die Wes-Kaap het 310 mense reeds positief vir Covid-19 getoets en in KwaZulu-Natal het 167 mense die virus opgedoen.
Die Vrystaat het nou 72 gevalle. In Mpumalanga het 11 mense positief vir Covid-19 getoets en in die Oos-Kaap het 12 mense positief vir die virus getoets. Limpopo het 12 gevalle.
Noordwes en die Noord-Kaap het op hul beurt albei ses gevalle aangemeld.


O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Dis iets verskrikliks,maar die getal gaan nog baie styg ,en wat doen die regering, maak ń nuwe vergunning en taxi’s mag in die tyd ry. Watch this space italië ,suid afrika is ń land van freeDOM ,niemand gehoorsaam die wet nie,en hy is vir sommige partye daar om gebreek te word, en deur dit gaan ons nasie veroorsaak dat die land gaan verdrink in covid 19…..
Hopenlik sal die gene wat die polisie en weermag hier op Maroela alewig so kritiseer die erns van die saak begin te besef. Of dalk met n paar miljoen besmet word en n paar 100 000 dalk eers dood gaan voordat die klomp kla kouse wakker skrik.
SA is in lockdown en steeds styg die getalle. Duidelik dien die lockdown dan mos geen doel?
Sodra mens swartgallig raak , is dit raadsaam om te kyk na ander lande soos Italië , Spanje , VSA . Dan voel mens dat sake in SA werklik nog nie so vreeslik sleg verloop nie en dan kan jy jou seëninge tel. Die situasie in Italië is rampspoedig krities en ek vertrou en hoop so iets word SA gespaar.
Hier by ons is dit of daar glad nie n virus is nie. Die strate is vol mense wat rondloop en oral word partytjie gehou