Covid-19: ‘SA moet op vlak 3 bly’; ál minder registreer vir inentings

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid.

Dr. Joe Phaahla, nuwe minister van gesondheid, meen die land moet op vlak 3 van die nasionale inperking bly aangesien die derde golf van Covid-19-infeksies steeds in ons midde is.

Volgens Phaahla sal die departement van gesondheid nie in dié stadium aanbevelings aan die Covid-19-bevelsraad maak dat die inperkingsmaatreëls verslap word nie. “Ons sal aanbeveel dat ons op vlak 3 bly.”

Dit is bemoedigend dat daar ʼn deurlopende afwaartse neiging in Covid-19-gevalle in die afgelope sewe dae was, het Phaahla gesê en bygevoeg dat Gauteng duidelik die piek van die derde golf bereik het, maar dat daar steeds kommer oor die Wes-Kaap is.

Dié provinsie beleef steeds die meeste daaglikse infeksies, het die meeste aktiewe gevalle asook die meeste hospitaalopnames weens Covid-19.

Volgens Phaahla is die gemiddelde positiwiteitskoers van tussen 19% en 20% vir die afgelope sewe dae steeds te hoog. “Ons is dus steeds ver daarvan om te kan sê dat die derde golf verby is.”

Daar word intussen verwag dat daar teen die einde van Vrydag vier miljoen mense sal wees wat ten volle teen Covid-19 ingeënt is. Teen gister is meer as 9,1 miljoen inentings reeds gedoen. In Limpopo is meer as 700 000 mense reeds ten volle ingeënt.

(Argieffoto: Unsplash)

Dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van gesondheid, het gesê daar is genoeg entstofdosisse, van Johnson & Johnson én Pfizer, in die land beskikbaar en dat daar ook voorsiening gemaak is vir nog dosisse om vir die res van die jaar in die land aan te kom.

Volgens Crisp is dit egter teleurstellend dat registrasie vir die inentings besig is om af te neem, met slegs sowat 53 000 mense wat gister vir inentings geregistreer het. Net meer as 9,2 miljoen mense het reeds geregistreer om ingeënt te word.

In die ouderdomsgroep 35 tot 49 jaar het net meer as drie miljoen mense (of sowat ʼn kwart van die bevolking) geregistreer om ingeënt te word. Die aantal inentings wat gedoen word, het ook sowat twee weke gelede begin afneem en daal steeds.

Crisp het daarop gewys dat daar ʼn vierde golf Covid-19-infeksies gaan wees. “Ons weet nie wanneer nie, ons weet nie hoe erg dit gaan wees nie en ons weet ook nie watter variant dominant gaan wees nie. Ons moet onsself beskerm deur ingeënt te word.”

Van 1 September af sal diegene in die ouderdomsgroep van 18 tot 34 jaar ook kan registreer om ingeënt te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Gogga ·

Conspiracy theory of nie…ek en my man het gegaan vir die inspuiting. As mens sien en hoor hoe naby die covid gevalle en sterftes begin kom aan jou familie, kan ek nie die een wees wat nie myself beskerm nie. Ons het nog jong kinders, en het ook nie ‘n mediese fonds nie. So, as die inspuiting beteken dat, sou ek die virus opdoen, en ek kon ‘n invloed he dat my simptome “ligter” is, dan reken ek dit was die beter keuse. Gelukkig is dit ook so dat dit elkeen se eie besluit is of hy die inspuiting wil neem, of nie, en ek respekteer elkeen se besluit en opvatting daaroor, maar dit beteken ook nie dat ek my laat beinvloed deur ‘n ander se siening nie

Hendrik Marthinus ·

Stem met jou Gogga
Baie Bly maroela het Anel se kommentaar weggevat.
Jy stel dit so Mooi, dit Bly elkeen se keuse, en jy breek nie die mense af wat nie die inenting Wil vat nie.
Well done, die wat nie inenting Wil he nie, breek ons wat vir inenting is af.
Hulle Kan nie net se, Bly vir jou maar ek Wil nie inenting he nie.
Nee Hulle Wil dinge se soos, merk van die duiwel, en proefkonyne etc

Irma ·

Hendrik Marthinus, jy se dit is die wat die inenting neem wat afgekraak word, ek dink dit is egter net andersom.

Ilze ·

Ek vat maar eerder n kans met covid. Maar ek sal nie n kans met hierdie covid entstof vat nie.

Ilze ·

En smeer verder ivermectine al vanaf Februarie voorkomend. Tor jarelange vratjies het verwyn. Met ivermectine.

Danie ·

Hi Ilze, vertel asb vir ons wat is Ivermectine. Van wat is dit gemaak, die bestandele?

Hendrik Marthinus ·

Jy was seker by Dr Susan Vosloo
Ontou Sy n hart dokter, Sy soek pasiente, Sy behandel siek mense, Sy Wil jou nie gesond he nie

Adriana ·

Tot jy iemand in jou familie verloor as gevolg van die virus praat jy weer. Maak oop jou oë

Oom Kaspaas ·

Madeleine – Al wat ek weet blanke mense sterf op die stadium teen ‘n verskriklike spoed a.g.v Covid, beplan of nie

DANNY ·

Oom Kaspaas kan jy vir ons se waar sterf die mense teen die verskriklik spoed my somme se al die sterftes vir die totale covid “pandemie” beloop 0.125 % van die bevolking of ongeveer 75 000 mense. Oor dieselfde tydperk het 178 000 mense aan tuberculose gesterf en 107 000 aan hartvat siektes.

Oom Kaspaas ·

Danny in ‘n klein gemeenskappie in die Noord Kaap is daar op die stadium 18 mense in die laaste 11 dae oorlede ouderdomme wissel van 40 – 75 en dis net die wat ek van weet nog dubbeld soveel lê tans in ICU of op masjiene

Pieter ·

Nee ou Danny… Ek weet nie onder watse klip jy leef nie… Elkeen van my vriende se familie en van my eie familie het iemand in hulle gesin wat gesterf het a.g.v Covid. As jy dink Covid is net sommer n hier-jy storie, gaan praat met al die gesinne wat geaffekteer is deur Covid. Sal jou opinie gou verander.

Anton J ·

Danny jou somme verkeerd, 3,4%. Dit sluit Baie blankes in, gesonde blankes wat geen mediese probleme gehad hey nie, het gesterf aan covid. Ek praat eerstehans

jacques ·

Natuurlik sal hy se ons moet, hy verdien volle salaris sonder enige finansiele implikasies.

Ian ·

Ja 4e golf ja. Eers gese dis in desember nou ewe skielik weet julle nie wanneer nie. Hel julle weet nie eens of die inenting gaan werk vir die 4e golf nie want dis nog n trail run en nie goedgekeur nie….. maar ons moet tog asb op vlak 3 bly. Die enigste ding wat ek nie kan doen nie is in die aand by n restuarant eet en kerk toe gaan.

koos10 ·

Geagte minister, KZN is besig om met ‘n krag te klim, en dit was te wagte.

Ek was een van die grootste anti-vaxx persone gewees, maar ek verander nou my wysie. Ek en my vrou is deur COVID en was bitter siek. Twee ou mense wat ons ken het selfde tyd as ons positief getoets, ook Delta variant. Hulle was beide reeds ingeënt, en het nie eers siek geword nie. Bietjie loop neus en hoesie. O ja hulle is beide oor die 70 en het onderliggende toestande so lank soos my arm.

Dit wys vir my dat daar iets in moet wees. Nog nie laat inent nie, maar doen nou navorsing. Dit bly steeds elke persoon se eie besluit, maar COVID het my kop gedraai.

Tiptol ·

Koos10, baie dankie dat jy julle ondervinding met Covid gedeel het. Dit blyk my dat almal wat met Covid te doen gehad het, die inenting wil kry.

Marius Gerhardus ·

Nee wat die ou kry sy salaris. Sy voordele. Sy alles. Waaroor sal hy warrie? Kry jy inenting….kan jy sterf….kry jy nie inenting….kan jy sterf. Kom ons vra eerder: Suid Afrikaners waar is julle geloof in ons hemelse Vader? Maar ja…nuwe SA…..elkeen maak soos hy wil wanneer hy wil.

MakersMark ·

God het vir die mens verstand gegee en gesê hy moet oor die aarde heers. Dit sluit siektes in. Daarom is daar mediese tegnologie. En vaksiene teen CV19.

Deon ·

Nie teen nie… Teen beteken vir my jy gaan dit nie kry nie, soos die wat teen die vaccine is, die vaccine nie wil kry nie

VaalDonkie ·

Snaaks dat die golwe so saamval met belangrike datums soos Krismis en Nasionale Verkiesings en sulke goed.

DieKriek ·

As ek n afspraak maak, dan verwag ek nie om nog n paar ure in die ry te sit nie. Mense is dik vir goed wat nie reg werk nie. Ek hoor gereeld daar word gesê mense kom nie hulle afsprake na nie. In daardie geval moet die rye mos korter wees. Die waarheid is dat hulle opdaag en dan huistoe gaan na n paar uur sonder om gehelp te word.

Pietertjie ·

Met die klem op “vlak”. Want dís hoe die maatreëls is. Vlak.

andre ·

die rubriek se 2de laaste paragraaf is selfverduidelikend .

My2Sent ·

Solank dit net elkeen se vrye keuse bly of hul vaksineer of dan nie, is ek tevrede. Dit behoort elke individu se keuse te bly om die risiko’s teen mekaar op te weeg en dan daarvolgens ‘n besluit te neem oor wat jy toelaat om met jou liggaam te gebeur. Wens ons kan ophou klipgooi na mekaar oor ons nie saamstem met mekaar se persoonlike besluite nie. Soveel mense, soveel menings.

Thom ·

Absoluut waar en almal is verantwoordelik vir hulself daarom het my vrou en ek besluit om nie enige komplotaanhangers meer in ons huis toe te laat nie .

MakersMark ·

Ja nee Thom hier by ons is ‘n CV19 inentingspas nodig om by die voorhek in te kom. Soek nie variantfabrieke om ons nie.

Agietjie ·

Moenie my stenig nie……. as die derde golf dalk langer aanhou as wat gedink is, neem dit hopelik ook langer voordat die vierde golf (?) opdaag. En dan is die valkansiebetemmings en strande asseblief tog nie wéér Desember verbode nie

Landras ·

Hierdie is so real as real can get – ek is so bang vir die 4 de golf , want mense wat nie geënt is nie veroorsaak dat ons wat wel is , oor en oor gaan siek word . Hierdie is my tweede keer wat ek Covid gekry het , glo my ekt nie gesoek vir dit nie en die keer was NAG – ek dink as ek nie geënt was nie was dit ‘n ander uitkoms . Ek weet ook van mense wat meer as een per familie verloor het agv covid .

My2Sent ·

Ek wil net seker maak ek verstaan reg. So die eerste keer wat jy dit gekry het was jy ongeënt en minder ernstig siek – die tweede keer was jy geënt en erger siek?

Landras ·

Eerste keer asimptomaties en tweede keer 4 maande na my jab , BITTER SIEK . So dankbaar vir die spuit !

Landras ·

Chris – ek worry want die verskillende variante word nie gedek deur my inenting nie , ek was nou 65% beskermd .

annie ·

Dr Crisp weet sommer net… is dit nie effens onwetenskaplik nie? Selfs die dodelike Spaanse Griep in 1918 het sonder entstof mettertyd getaan so ook die erge Swart Dood wat in 1348 uitgebreek het. Niemand weet hoekom nie. Destyds is baie meer mense dood as met covid tot dusver. Daar is diegene wat aanvoer dat die huidige pandemie omtrent vir ewig gaan woed en jaarlikse entings nodig sal wees. Seker opportuniste of uiterste pessimiste wat so hoop.

KB ·

SA moet op vlak 3 bly…, want:
Die ANC funksioneer op drie vlakke:
1. Ramaphosa en kaders se vlak,
2. Magashule, Zuma en Niehaus se vlak, en
3. Malema en sy rooi hoedjies se vlak.
Kom by Joe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.