Covid-19: SA steek China verby; dié provinsie loop deur

Argieffoto ter illustrasie (2 April 2020) (Foto: AP Photo/Nardus Engelbrecht)

Suid-Afrika het nou amptelik meer bevestigde gevalle van Covid-19 as China waar die nuwe koronavirus sowat ses maande gelede uitgebreek het. Sommige provinsies het ook Donderdag hul skerpste toename in gevalle aangedui sedert die virus in Maart in Suid-Afrika kop uitgesteek het. Dit wil boonop voorkom of Gauteng se gevalle nou baie vinniger as in die Wes-Kaap toeneem.

Volgens die barometer Worldometer se statistieke is 83 325 gevalle van Covid-19 tot op hede in China aangemeld. Suid-Afrika het China egter Donderdagaand verbygesteek toe altesaam 83 890 bevestigde gevalle plaaslik aangemeld is.

Hoewel Limpopo en Mpumalanga tans steeds die provinsies met die minste gevalle van Covid-19 is, het dié twee provinsies Donderdag hul skerpste toename in gevalle nóg aangemeld.

(Foto: AfriForum Navorsingsinstituut)

Limpopo het Donderdag 73 en Mpumalanga 70 nuwe gevalle aangemeld.

Die Wes-Kaap het tot dusver steeds die meeste gevalle van Covid-19 (47 522) van al die provinsies aangeteken. Volgens berekeninge deur die AfriForum Navorsingsinstituut kom dit egter voor of die persentasie nuwe gevalle en sterftes die afgelope week afgeplat het. Dít terwyl nuwe gevalle in Gauteng skerp begin toeneem het.

Gauteng het Donderdag meer nuwe gevalle as die Wes-Kaap aangemeld. Byna 3 500 nuwe gevalle is gister oor die land aangemeld waarvan 1 278 in Gauteng. Dít vergeleke met 967 nuwe gevalle wat in die Wes-Kaap aangemeld is.

(Foto: AfriForum Navorsingsinstituut)

Gauteng het nou reeds 15 898 bevestigde gevalle van Covid-19 aangemeld, waarvan amper ʼn derde (4 734) in die afgelope week. Dit verteenwoordig ʼn styging van 42% in die bestek van ʼn week. Hoewel die Wes-Kaap die afgelope week effens meer nuwe gevalle (4 983) as Gauteng aangemeld het, het dié provinsie se syfers die afgelope week met net 11,7% toegeneem.

Noordwes het ook vandeesweek meer nuwe gevalle van Covid-19 as gewoonlik aangemeld. Dié provinsie het Maandag 80 nuwe gevalle aangemeld, waarna dit Dinsdag 104 nuwe gevalle en Woensdag 121 nuwe gevalle aangemeld het. Teen Donderdag het nog 204 pasiënte in Noordwes positief getoets vir die nuwe koronavirus. In vorige weke het die provinsie daagliks tussen vyf en 19 nuwe gevalle aangemeld.

(Foto: AfriForum Navorsingsinstituut)

Die Vrystaat het op sy beurt tussen Maandag en Dinsdag ʼn relatiewe skerp toename in nuwe gevalle (66) aangemeld, waarna dit weer afgeneem het. Die provinsie het Donderdag 41 nuwe gevalle aangemeld.

Die Noord-Kaap se syfers styg in dié stadium steeds teen ʼn stadige koers. Die provinsie het Donderdag maar net drie nuwe gevalle aangemeld en staan tans op 214 gevalle.

KwaZulu-Natal het ook nie ʼn skerp toename in gevalle vandeesweek beleef nie. Die provinsie se gevalle neem klaarblyklik die afgelope twee weke teen dieselfde koers toe. KwaZulu-Natal het Donderdag 122 nuwe gevalle bygekry en het tot dusver 4 360 Covid-19-gevalle aangemeld.

Covid-19 en onderliggende siektes

Prof. Mary-Ann Davies, openbare gesondheidspesialis by die departement van gesondheid, het intussen bevind dat diabetes, eerder as MIV of tuberkulose, die grootste bydraende faktor tot sterftes weens Covid-19 is.

(Foto: Unsplash)

Volgens Davies het meer as die helfte (52%) van pasiënte wat tot dusver aan Covid-19 gesterf het, ook diabetes onder lede gehad.

Volgens Davies kan 19 uit elke 100 sterftes weens Covid-19 in die openbare sektor met hoë bloeddruk verbind word en 12 met MIV.

Nege uit elke 100 sterftes weens Covid-19 in die openbare sektor word verbind met niersiektes en ses met tuberkulose.

Meer oor die Wes-Kaap

Die Wes-Kaap doen verreweg steeds die meeste toetse. Teen Woensdag is 3 751 toetse per 100 000 mense in die Wes-Kaap gedoen, vergeleke met 1 871 toetse per 100 000 mense in die res van die land. Volgens die Wes-Kaapse wetgewer wag pasiënte tans sowat 48 uur op hul toetsuitslae.

Dit beteken dat die agterstand in toetsing in dié provinsie, wat in ʼn stadium ʼn agterstand van 27 000 toetse bereik het, nou heeltemal opgelos is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nie Verbaas ·

Hoeveel van die Covid 19 gevalle is werklik Covid 19? Deesdae is verkoue en griep ook Covid en wie kan ANC statistiek vertrou?

Jacobus ·

Statistiek is as ‘n reël verdag, in ANC hande is dit krimineel.
Hulle steek dit nie eers weg nie. “COVID19 en COVID19 verwante sterftes” wat is dit?

Johann ·

Glo iemand iets wat deur die ANC se WE MUST LOOK GOOD politieke siwwe gaan? Daars mos nie ‘n manier wat die kaders oor nag eerlik gaan wees en nie ‘n situasie tot hul eie vosordeel misbruik nie?

Jaco ·

Toe daar gesê is syfers is verkeerd in provinsies buite die Wes-Kaap, tot reën die beskuldigings van rassisme neer op “die rassistiese DA”.

Sakkie ·

Snaak hoe sielik die getale styg as daar n klomp agterstallige uitslae deur kom

Sharnelle ·

Stem saam Sakkie. Het jy opgelet toe ons nog in level 5 lockdown was, was die getalle nie eers so baie daagliks nie. Die oomblik toe ons oorskyf na level 4 en 3 toe, toe word die getalle meer.

Adam Adriaan ·

Hierdie Covid-19 pes hou darem die mense(ANC regering) wat hou van vermaak darem baie besig.
Die spreekwoord sê mos ” small things amuses small minds”

Jaco ·

Dood weens plaasmoorde gaan seker ook nog gelys word as COVID-19. COVID-19 en apartheid is mos maar die gerieflike verskoning vir alles wat skeefloop en vir lelike optrede teenoor wit mense

Mariana ·

Wel gedaan Wes-Kaap. Toetse op datum. Gedink die res sal nou begin meer gevalle toon. Kan ook net so lank die ding vryspring. Net so lank wegsteek wat regtig aangaan.

Sharnelle ·

Bla bla bla…..gee ons asb iets nuuts om oor te lag. Hierdie getalle is een groot klug

Francois ·

Ek glo glad nie meer die statistieke nie. Elke klein verkoue of koors van griep word nou aangeteken as Covic 19. Dit is n klomp leuns

sterk soos n beer ·

Ek glo nie meer daarin nie want niemand het verkoue en griep nie. Alles is covid as mens kanker ens het

Die Wolf ·

Die wiel draai stadig maar seker. Hulle twak sal wel uitkom.

Die Wolf ·

Die wat die griep inspuiting gekry het sal redelik daarby baat.

Johan D ·

Maar dit is mos logies dat ons China sal verbysteek, hulle het nie ʼn verbod op sigarette nie en is vd strafste rokers in die wêreld!
;-)

marius ·

Gaan terug na vlak een duisend drie honderd en nege
jaar …….terug .

DisEkke ·

Wat kom van hierdie regering wat ons kan glo? Hierdie statistiek is ‘n klomp bog. Elke sterfte, van selfmoord tot hartaanval, word blykbaar as Covid sterfte aangemeld. Daar is geen manier hoe ons klein populasie, gemeet teenoor die Chinese populasie, meer Covid gevalle kan genereer nie. Dit is baie duidelik dat hier ‘n groot gekonkel is…

Jack ·

Hulle het nou iemand van die Kaap aangestel om die telwerk te doen. Hoog tyd. Die ander provinsies gaan ook n kans kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.