Covid-19-samevatting: ‘Afrika kan nuwe episentrum word’

‘n Man dra ‘n masker in Kampala in Uganda (Photo by SUMY SADURNI / AFP)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Vrydag gewaarsku dat die Afrika-vasteland moontlik die nuwe episentrum van die Covid-19-pandemie kan word.

Afrika se sentrum vir siektebeheer en -voorkoming het bevestig dat meer as 1 000 mense in Afrika reeds weens die nuwe koronavirus gesterf het. Meer as 19 800 bevestigde gevalle van Covid-19 is teen Saterdagoggend in 52 van die kontinent se 54 lande aangemeld.

Die WGO het ’n 51%-toename in gevalle in Afrika aangedui en ’n 60%-toename in sterftes. Die organisasie waarsku ook dat die aantal sterftes en gevalle veel hoër kan wees weens die beperkte aantal toetse wat op die kontinent gedoen word.

Afrika se sentrum vir siektebeheer en -voorkoming het gesê meer as 1 miljoen toetstoestelle sal vanaf volgende week in die kontinent versprei word.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het aangedui dat Suid-Afrika teen Vrydagaand 100 827 toetse uitgevoer het.

Solidariteitfonds help behoeftige huishoudings

‘n Vrou wag Maandag op ‘n kospakkie in Johannesburg (Foto: Jerome Delay)

Die Solidariteitfonds het Vrydag begin om kospakkies aan sowat 250 000 families oor die hele Suid-Afrika uit te deel. Die fonds het R12 miljoen beskikbaar gestel om gedurende die Covid-19-pandemie kos aan hulpbehoewende families te voorsien.

Nomkhita Nqweni, uitvoerende hoof van die Solidariteitfonds, het gesê daar is binne ’n week planne beraam om kospakkies op ’n enorme skaal aan diegene in nood te verskaf.

Die kospakkies is genoeg om families van kos vir twee tot vier weke te voorsien, na gelang van hoe groot die huishouding is. Die departement van maatskaplike ontwikkeling besluit watter huishoudings kospakkies ontvang.

Skenking aan Johannesburgse hospitaal

Argieffoto ter illustrasie van persoonlike beskermingstoerusting. (Foto: Jon Super, AP)

Transnet het persoonlike beskermingstoerusting ter waarde van R5,2 miljoen aan gesondheidswerkers in Gauteng geskenk.

Kwara Kekana, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het in ’n verklaring gesê die toerusting is vanoggend by die Chris Hani Baragwanath- akademiese hospitaal in Johannesburg aan gesondheidswerkers oorhandig. Die toerusting sal hoofsaaklik by dié hospitaal gebruik word.

Volgens Kekana behandel die hospitaal oor die algemeen pasiënte van Soweto en omliggende gebiede. Die hospitaal het vanoggend 5 000 ℓ handreiniger, 2 000 oorpakke, 2 000 maskers, 5 000 ℓ vloeibare handseep, 1 000 moubeskermers en handskoene, asook infrarooi en digitale termometers ontvang.

Bandile Masuku, LUR van gesondheid in Gauteng, het sy dankbaarheid oor die skenking uitgespreek.

DUT skenk 3D-gedrukte gesigskerms

3D-gedrukte gesigskerms (Foto: DUT)

Die Durban‑Universiteit vir Tegnologie (DUT) het reeds 300 3D-gedrukte gesigskerms aan dokters, hospitale, ouetehuise, klinieke en die polisie geskenk.

Ebrahim Asmal, ’n lektor in inligtingstegnologie aan dié universiteit, het gesê hospitale in Wentworth, Addington, Chatsmed en Umhlanga het reeds van die gesigskerms ontvang.

Sowat 120 gesigskerms word daagliks gedruk. Dit neem slegs 24 minute om een 3D-gesigskerm te druk.

Bronne: BBC, Aljazeera, ANA, Worldometer

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fedup ·

Good thing that solidariteit is helping those in need. Just one question though. How do they decide who are needy and who ain’t? As i know of a few people who asked for food help, but they want your bank statements, why you need help and what not. So, i am not sure what to think of all of this. Yes, there is a lot of needy people and nothing to be ashamed off . But everything and anything in forms of help, should be equal to all.

Zombie ·

I believe that the Department of Social Development wil use a means test.
Do not confuse the Solidarity Fund of the Government with the Solidarity Movement (Solidarity Trade Union; Afriforum; Helping Hand; Maroela Media).

PieterP ·

Ja die departement besluit wie kospakkies mag kry… Dit is hoekom blankes vroeër die week kospakkies geweier was. Kan nie onthou waar presies dit was nie maar die blankes was geweier. Sal gaan soek maar verder kom galbraak.

JM ·

Ek het nog nie eenkeer gesien dat mense in wit plakkerskampe kospakkies ontvang het nie …

Jaco ·

Afrika nogal. Vreemd, want wanneer ek die groepe mense wat rustig in my straat rondloop vriendelik vra om binnneshuis te bly, dan word ek uitgekryt as ‘n rassis en dat Corona glo net ‘n witmens siekte is.

Elsa ·

As dit net n witmens siekte is, the moet net die wit mense gehelp word, of hoe.
Het hul in elk geval nog by geen blanks nedersetting gesien, and want op Kyknet word net ander raskleure gesien.

Marina ·

Dit is hoekom hulle dit glad nie ernstig opvat nie. Ons gaan nog met ‘n baie groot probleem sit … die getal syfers wat drasties gaan verhoog en dan gaan ons beskuldig word, soos jy tereg se, dat dit ‘n witmens siekte is. Ons gaan seker weer aftjop daaroor ook.

Rodger17 ·

Dis hoekom el sê witmense sal nie hulp ontvang nie dai fondse is vir die people

Anoniem ·

Hierdie solidariteits fonds wat gestig is deur die regering gee net vir swartes ek het nog nie gedien of gehoor dat hulle enige witmens gehelp het maar ek kan jou verseker dit is baie witmense se geld wat in daai fonds in is want die witman gee om maak nie saak of jy wit, geel of swart is nie. Die witman het nog altyd n hart van omgee.

Riekie ·

Toe ek Solidariteit vra vir een kospakkie vir’n bitter arm blanke 60jarige vrou in Strand , toe het hulle ‘n moewiese lang verskoning hoekom hulle dit nie op my aanbeveling kan doen nie. Die vrou moet self aansoek doen, en dan is dit nie eens gewaarborg sy gaan kos kry nie. Sy het nie eens ‘n flippen email adres of ‘n rekenaar nie, skaars ‘n telefoon, hoe moet sy hulle nader???? Ek sal vir hulle nie ‘n sent skenk vir niks. As ek net naby genoeg aan die vrou was het ek vir haar kos gaan koop en afgelewer. Is daar winkels in Strand wat aflewerings doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.