Covid-19-samevatting: Amerikaanse deelstaat dagvaar China

Eric Schmitt (Foto: Manuel Balce Ceneta, AP)

Die Amerikaanse deelstaat Missouri het die Chinese regering gedagvaar oor sy hantering van die nuwe koronavirus. Die staat beweer Chinese amptenare is verantwoordelik vir die Covid-19-pandemie.

Die dagvaarding is Dinsdag deur die staat se  voorste advokaat by die federale hof ingedien. In die dagvaarding word beweer dat Chinese amptenare “verantwoordelik is vir die geweldige sterftes, lyding en ekonomiese verliese wat die wêreld, insluitende inwoners van Missouri, gely het”.

Die Republikeinse prokureur-generaal, Eric Schmitt, het in ’n verklaring gesê die Chinese regering het nie oop kaarte gespeel oor die gevare van die virus nie en nie genoeg gedoen om die verspreiding daarvan te vertraag nie.

“Die Chinese regering het vir die wêreld gelieg oor die gevaar en die aansteeklike aard van Covid-19, fluitjieblasers stilgemaak en min gedoen om die verspreiding van die siekte te bekamp. Hulle moet aanspreeklik gehou word vir hul optrede,” het Schmitt gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Chinese regering het verlede jaar glo ’n dokter wat gewaarsku het oor die gevolge van Covid-19, gemuilband. Dié dokter is intussen aan Covid-19 oorlede.

China ontken egter bewerings dat die regering die situasie wanbestuur het.

Die Chinese president Xi Jinping (Foto: Xie Huanchi/Xinhua via AP)

Altesaam 2 565 879 bevestigde gevalle Covid-19 is tot op hede in 210 lande aangemeld. Altesaam 177 789 pasiënte het reeds weens die nuwe koronavirus omgekom, terwyl 696 861 reeds van die virus herstel het.

Die VSA is steeds die land wat die meeste gevalle tot dusver aangemeld het. Altesaam 819 175 mense in die VSA het nou reeds Covid-19 opgedoen, nadat nog 431 nuwe gevalle in dié land aangemeld is. Meer as 45 000 pasiënte in die VSA het reeds weens Covid-19 gesterf.

Chinese Owerhede het Woensdag nog 30 bevestigde gevalle Covid-19 op die Chinese vasteland aangemeld. Minstens 23 van dié pasiënte het onlangs die Chinese vasteland binnegekom.

Altesaam 82 788 gevalle is tot op hede in China aangemeld sedert die virus in Desember in die Chinese stad Wuhan in die Hubei-provinsie uitgebreek het. Altesaam 4 632 pasiënte het sedertdien weens die virus gesterf. Meer as 77 000 mense in China het reeds van Covid-19 herstel.

Die land meld die afgelope ruk al minder nuwe gevalle aan.

‘n Man loop Dinsdag in München, Duitsland. (Foto:
Matthias Schrader, AP)

Duitsland meld ook al minder gevalle aan te midde van die algehele landwye afsondering wat nou stelselmatig in dié land verslap word.

Teen Woensdagoggend is 1 388 nuwe gevalle steeds binne 24 uur aangemeld, wat die land se totale getal bevestigde gevalle op 148 453 te staan ​​bring. Maroela Media het Dinsdag berig die Duitse bierfees, Oktoberfest, is weens die pandemie vanjaar afgestel.

Luidens statistiek deur Johns Hopkins University is nog 224 stertes in Duitsland aangemeld. Die land se sterftekoers is nou 3,4%, terwyl die aantal mense wat herstel het tot byna 100 000 toegeneem het, die meeste van enige ander land, berig Bloomberg.

Duisende toeriste vanaf Kaapstad repatrieer

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Meer as 5 000 buitelanders is die afgelope maand uit Kaapstad na hul onderskeie tuislande gerepatrieer. Sowat 80% van hulle was Duitse toeriste.

Volgens die Wes-Kaapse regering is sowat 3 596 Duitse burgers, 1 354 Britse burgers, 605 burgers uit Frankryk en Nederland, 347 uit die Verenigde State, 287 uit Switserland, 213 uit België en 153 uit Kanada en 130 van Brasilië teruggestuur na hul tuislande toe.

Die regering het gesê dat nog repatriasievlugte beplan word. Hulle kan nog nie sê hoeveel buitelandse burgers in die provinsie steeds wag om huis toe gevlieg te word nie.

Matthias Hansen, die Duitse konsul-generaal, het bevestig dat daar sedert 3 April bykans 4 000 Duitse asook ander Europese burgers met 14 verskillende vlugte vanaf Kaapstad na hul tuislande teruggevlieg is.

Hansen sê teen Donderdag sal al die toeriste en nog 400 ander Europese burgers gerepatrieer wees.

Bykomende bronne: BBC, Sky News, CNN, The Guardian, Worldometer, ANA

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Fedup ·

Now. This is the kind of news i want to read. Good for you missouri. Drag them through every small hole you can find along the way. Time for the chinese to start paying for their sins.

Michael 1 ·

Ek dink as hulle die afrikane begin repatrieer na hulle lande van oorsprong sal die regering,sal die SALen prasa besig wees vir n paar jaar.

SomeOne ·

dit moes al lankal gebeur het dan sou daar minder moleste by die kerk en in kaapstad self gewees het, die klomp het al lankal gevra dat hull terug geneem moet word

Jaco ·

Kan al die wit mense van SA nie ook na hulle tuislande gedeporteer word nie? Met die ekonomiese chaos na lockdown sal ons makliker daar van vooraf begin as in SA. Hier is te veel “regte” velkleur vereistes.

Genis ·

Hulle moet ook voor die wereld hof oor hulle mishandeling van diere, en die smokkel met beskermde spesies…

Dr Pieter ·

Jaco, Ek sal ook baie daarvan hou, maar my voorouers kom onderskeidelik van Frankryk en Ierland. Sal ek kan kies? ☺ Grappie hoor.

Martie Smartie ·

Missouri moet sommer die Chinese regering aanspreeklik hou ook vir die swak beheer oor informele markte waar mense enige ondier en onding koop en eet. As daardie tipe praktyke lankal verbied was en beheer was, het hierdie pandemie nooit uitgebreek nie. Vir so ‘n antieke beskawing verwag mens hoër standaarde nie waar nie

Frans ·

Daar is duidelike waarskuwings in die Bybel oor watter diere geskik vir menslike gebruik is.
Dit kan breedweg ingedeel word in diere in die lug,op land en in die see.
Aasdiere in al drie die sfere, nl die vullisverwyderaars is oor die algemeen nie geskik vir menslike gebruik nie.Roofdiere in al drie sfere. Diere met skubbe,die pangolin (ietermago) ens is nie geskik vir menslike gebruik nie.

Pleks om miljoene te spandeer om soos nou ‘n virus te bestry,sal opvoeding oor wat is eetbaar en nie,
veel beter resultate behaal.As die mense van Wuhan maar net toegang tot die Bybel gehad het en die lesse daarin vervat verstaan en toegepas het sou die wêreld ‘n beter plek gewees het.

Hoop die deelstaat se aansoek slaag,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.