Covid-19-samevatting: ‘Kinders mag nie tussen ouerhuise beweeg’

Lindiwe Zulu spreek die media Saterdag toe. (Foto:. Jairus Mmutle/GCIS)

Lindiwe Zulu, die minister van maatskaplike ontwikkeling, het Saterdag gesê ouers wat in aparte huishoudings woon se kinders mag nie gedurende die algehele landwye afsondering albei ouerhuise besoek of afwisselend daar bly nie.

Volgens Zulu bly kinders vir die volgende drie weke slegs in die toesig van die bepaalde ouer waar die kind hom of haar ten tyde van die instel van die afsondering bevind het. Die minister moedig die ander ouer aan om steeds gereeld met die kind of kinders in verbinding te wees deur hulle gereeld te bel of elektroniese boodskappe te stuur.

“Jy moet jou kind beskerm,” het Zulu te midde van die Covid-19-pandemie gesê.

SAUK

Die SAUK het aangekondig dat inligting oor die nuwe koronavirus op meer kanale uitgesaai sal word in reaksie op die toenemende behoefte aan openbare bewustheid van en inligting oor die virus.

Alle mediakonferensies en ander aankondigings rakende Covid-19 sal vanaf Saterdag regstreeks op SABC2 en/of SABC3 uitgesaai word. Daar sal vroegtydig aangekondig word op watter kanaal ’n spesifieke mediakonferensie uitgesaai sal word, het die openbare uitsaaier in ’n verklaring gesê.

André de Ruyter (Foto: André de Ruyter/Facebook)

Eskom

Die kragvoorsiener Eskom het aangekondig dat hy sy Academy of Learning-fasiliteit in Midrand in Johannesburg aan die regering beskikbaar gaan stel om vir kwarantyndoeleindes te gebruik. Dié fasiliteit is ingerig met 416 beddens.

“Eskom belowe om ’n aktiewe vennoot van die mense van Suid-Afrika te wees terwyl ons die ongekende stryd teen die gemeenskaplike vyand bekend as Covid-19 aanpak,” het André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, in ’n verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Kyk maar op al die kanale die fotos van al die kwaeantyn aeras is dolleeg daar is geen enkele pasient nie…net n klomp lee beddens kyk maar op yahoo en bbc…so hoekom alamal so bangmaak…

Cherokee ·

‘n Paar vrae
Waarom het enkelinge soveel sê wanneer dit ‘n ‘demokratiese bestel’ genoem word? (ek sou anders bestel het!). Waarom lyk dit altyd of De Ruyter nie vir Eskom werk nie, maar vir Colgate? Het julle al opgelet hoe irriterend die ‘vra maar net’ rympie geword het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.