Covid-19-samevatting: ‘Land moet skoongemaak word’ – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa, dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid en die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrikaners moet ʼn massiewe landswye skoonmaakveldtog onderneem. Só sê pres. Cyril Ramaphosa na afloop van ʼn besoek aan Durban waar hy ʼn vergadering van die provinsiale bevelsraad vir Covid-19 bygewoon het. Tydens dié vergadering het die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikala, die president ingelig oor dié provinsie se optrede om die koronavirus te beveg. Teen Maandagaand het dié provinsie 1 106 bevestigde Covid-19 gevalle aangemeld, met 35 mense wat gesterf en 415 wat herstel het.

Zikala het onlangs onder skoot gekom toe hy gesê het dat almal wat in dié provinsie positief toets vir Covid-19, noodgedwonge in die regering se kwarantynfasiliteite geplaas sal word. Hy het later dié stelling teruggetrek.

Ramaphosa het gesê namate die vlakke van afsondering afwaarts aangepas word, is dit nodig vir Suid-Afrikaners om woonbuurte en veral digbevolkte areas skoon te maak. “Daar is geen rede waarom ons mense moet voortgaan om in haglike toestande te lewe nie.”

Hy het ook gesê hy verwag dat nog baie meer mense met die virus besmet kan word, maar dat dit belangrik is om die infeksiekoers so laag moontlik te hou.

SANParke se oorde bly gesluit

SANParke Stormsriviermond-ruskamp (Foto: LekkeSlaap)

Lede van die publiek kan steeds nie tydens die vlak 4-afsonderingstydperk in parke gaan stap wat deur SANParke bestuur word nie. Dié organisasie het die naweek gesê sy parke en oorde bly gesluit tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk. “Ten spyte van die bepalings in die vlak 4-afsonderingsregulasies dat mense binne ʼn 5 km radius van hul huis mag stap, draf of fietsry, bly toegang tot nasionale parke vir alle lede van die publiek verbode.

Die parlementêre komitee vir toerisme het Maandag gehoor dat die Suid-Afrikaanse toerismebedryf op sy knieë gedwing is weens afsonderingsregulasies om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Daar is nog geen aanduiding wanneer die toerismebedryf weer oopgestel sal kan word nie. Reis, behalwe onder spesifieke omstandighede, bly verbode.

Tronkbewaarders geviktimiseer

Die departement van korrektiewe dienste het sy misnoeë uitgespreek oor wat hy noem die belediging en stigmatisering van beamptes van korrektiewe dienste. Dit nadat verskeie gevalle van Covid-19 onder gevangenes en bewaarders in verskeie tronke landwyd aangemeld is.

“Die situasie raak nou ondraaglik, veral in die Oos-Kaap waar beamptes onmenslik behandel word wanneer hulle winkels en ander openbare plekke besoek. Sommige winkeleienaars verbied ons beamptes toegang tot hul winkels en in ander gevalle wys lede van die publiek vinger na ons beamptes in uniform,” sê die departement in ʼn verklaring. “Hierdie tipe optrede is ontmoedigend en het ʼn negatiewe impak op ons beamptes wat ʼn noodsaaklike diens in moeilike tye lewer. Ons doen ʼn beroep op lede van die publiek om onmiddellik dié optrede stop te sit.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Burgermeester ·

Dié grootste rede hoekom die land ‘vuil’ is en skoon gemaak moet word, is omdat die ANC die land vir die aftelope 26 jaar bevuil het met: rassistiese wetgewings, kleptomanie, en kommunistiese ideologië.

marius ·

Niks oor sy boodskap aan sjina nie ? Die land moet eers skoongemaak word van korrupte plunderaars !

Anoniem ·

Het jy al gesien hoe skoon lyk die dorpe en stede wanneer die taxies nie op straat is
nie? Nou kan jy net dink hoe die hele land sou lyk as die hele ANC die pad sou vat.

JohanR ·

Het ophou luister na Ramaphosa en sy KGB raad. Na amper ses weke is genoeg genoeg!!

Jaco ·

Geagte president ramaphosa: Maak sommer die land ook skoon van wit mense asseblief. Met sleg behandeling in kwarantynsentrums, BEE en regstellende aksie, ontkenning van plaasmoorde, is dit mos nou duidelik dat julle nie van ons wit mense hou nie. Dump ons almal in die Wes-Kaap en maak dit ‘n wit tuisland, OF nog makliker, deporteer ons na Europa en Amerika. Dan is die “bron” van al die ongelykheid en sommer alles wat volgens julle verkeerd is in SA, mos finaal weg.

Fedup ·

Okay cyril. You, zumsa, lesufi, sile and zwele, should get spades, pitch forks and brooms. Be an example. I will come and inspect.

Michael 1 ·

Om die land skoon te maak moet ons die anc regering uitstem .

Okmardom ·

Luister nie meer na CR nie. Hy is net op papier in bevel. Hy het nie die sé nie. Wonder wanneer vat die kopdoek vrou oor as president?

Annette ·

Dan haal hy nog ander lande se soeaches op en maak dit sy eie.

david ·

Skoonmaak ? Maklik…stap een: vervolg al die korrupte en misdadige kaders wat nou al uitgewys is. Stap twee–laar die KIESERS in die munispaliteite hulle amptenare aanstel..nie kader aanwysings vanuit Luthuli huis nie. Stap drie..Skaf die MRK en al sy “regters” af. ..en maak die regbank skoon, Stap vier..verklaar regstellende aksie en al sy uitvloeisels soos BEE en Kwotas as ‘n misdaad teen die mensdom…Stap vyf….repatrieer al hierdie buitelandse “vlugtelinge” sodat ons mense weer werk kan kry….en laastens–verwyder al julle belaglike belastings en heffings op brandstof…julle versmoor die land…..
Nie te moeilik nie, meneer die President ?

Erica ·

Glo niks wat die man se nie. Want oor 3 dae se die Zuma iets anders

Annette ·

Dit is omtrent tyd dat hy sien hoe vuil is die land.
Die dorpe en stede is besaai met gemors wat net gestrooi en neergegooi word.
Benoni en Germiston is in totale verval so ook ander dorpe wat eens oo n tyd skoon en netjies was is nou in chaos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.