Covid-19-samevatting: Lugmag sluit sy hoofkantoor tydelik

‘n Dakota-vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag ter illustrasie. (Foto: SALM)

Die Suid-Afrikaanse Lugmag het vandeesweek sy hoofkantoor in Pretoria tydelik gesluit nadat twee amptenare positief getoets het vir die nuwe koronavirus.

Die lugmag het Dinsdag in ’n verklaring gesê die hoofkantoor sal vir die volgende twee dae gesluit wees sodat die gebou ontsmet kan word.

Luidens die verklaring is die betrokke amptenare wat positief getoets het vir Covid-19 reeds in kwarantyn geplaas.

“As ʼn voorsorgmaatreël moet alle werknemers wat op enige gegewe tydstip in die afgelope 14 dae met diegene in aanraking gekom het, onmiddellik met mediese spesialiste konsulteer om vir Covid-19 nagegaan en getoets te word,” lui die verklaring.

Covid-19 in tronke

Argieffoto Foto: veooz.com

Die departement van korrektiewe dienste se herstelsyfer het intussen met 126 toegeneem. Altesaam 438 gevangenes en korrektiewe beamptes het nou reeds van Covid-19 herstel.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het in ’n verklaring gesê nog 85 pasiënte in tronke in die Wes-Kaap het onlangs herstel van die nuwe koronavirus.

In die Oos-Kaap het nog 40 pasiënte in die tronk herstel en in die Noord-Kaap het een pasiënt in ’n tronk eindelik negatief getoets nadat hy of sy voorheen positief vir Covid-19 getoets het.

Die getal aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika se tronke staan nou op 779.

Volgens Nxumalo het die departement egter tot op hede 1 225 bevestigde gevalle aangemeld van wie 479 korrektiewe beamptes en 746 gevangenes.

Altesaam 383 verpleegkundiges is tans in korrektiewe sentrums in die land ontplooi, veral by tronke in die Wes- en Oos-Kaap wat die meeste gevalle tot op hede aangemeld het, het Nxumalo gesê.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fedup

It’s ‘s not a new virus.
It’s 7 months old now.

Pierreli

Hulle toets positief, hulle is nie dood nie! Dieselfde met HIV, hulle toets positief, nog nie dood nie!