Covid-19-samevatting: Nasionale biddag afgekondig

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Presidensie/Twitter

President Cyril Ramaphosa het alle Suid-Afrikaners uitgenooi om deel te neem aan ʼn nasionale biddag vir dié wat geraak word deur die koronavirus wat die siekte Covid-19 veroorsaak.

Alle Suid-Afrikaners word uitgenooi om Donderdag, waar ook al hulle is, tussen 18:00 en 18:30 twee minute van stilte of gebed te handhaaf.

“Hierdie is uitdagende tye. Ons is nou op ʼn pad wat ons nog nooit voorheen gereis het nie. Daar is baie wat vreesbevange, onseker of uitgelewer is. Ek vra daarom dat mense ʼn gebed van beskerming en genesing vir ons land en sy mense sal sê,” het Ramaphosa Woensdagaand in ʼn verklaring gesê.

“Deur hierdie gebede wil ons ook hoop bied aan ons dapper gesondheidswerkers wat op die voorgrond van die krisis is en help om lewens te red saam met ons polisie, nooddienswerkers en militêre personeel,” sê Ramaphosa.

Leiers van verskeie gelowe het verlede week ʼn beroep op die president gedoen om ʼn dag van gebed in te stel. Verskeie ander lande het verlede week soortgelyke inisiatiewe geneem, insluitend Amerika, Italië, Brittanje, Kenia en Mexiko.

Argieffoto

Intussen is drie van Standard Bank se werknemers met die virus gediagnoseer.

“Ons as bank neem die pandemie baie ernstig op en werk nou saam met die betrokke owerhede om die risiko aan ons werknemers, kliënte en gemeenskappe te beperk,” sê die bank in ʼn verklaring.

“In al drie gevalle het ons al die nodige stappe gedoen om kollegas wat aan die virus blootgestel kon word, hieroor in te lig en hulle bygestaan om die nodige mediese bystand te kry en in kwarantyn te gaan. Ons moes ongelukkig in een geval ook ʼn tak sluit om dit te ontsmet.” Standard Bank het wel aangekondig dat hulle hul werksaamhede voortsit tydens die algehele afsondering wat vanaf vanaand geld.

Covid-19 in Afrika

Egipte het nog ʼn sterfte aangemeld. Dié land het ook 40 nuwe gevalle van die virus tussen Dinsdag en Woensdag aangemeld. Egipte, met sy 442 gevalle, is nou die land in Afrika met die tweede meeste Covid-19-gevalle, naas Suid-Afrika met 709 mense wat hier positief getoets het.

Meer as 90 pasiënte het reeds in Egipte herstel sedert die virus aan die begin van Maart daar uitgebreek het.

Intussen het ʼn goewerneur van Nigerië, Bala Mohammed, ook positief getoets vir Covid-19. Dié land het nou 46 gevalle, met geen sterftes tot dusver nie. Mohammed was boonop onlangs in kontak met die land se adjunkpresident, Muhammed Atiku Abubakar. Dié twee was saam op ʼn vlug en het glo blad geskud. Een van Abubakar se seuns het onlangs positief getoets vir Covid-19.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanF

Ons bid vir die hele wereld, en veral diegene wat direk betrokke is en gaan wees met die behandeling van siekes en die bevegtiging van die virus.

Santie

Wat n grap. Vir wie gaan hy bid? Kyk maar al die videos waar hy sangomas besoek. Hul se heeltyd God in hul toesprake. Watter God praat hul van? Ek bid elke dag in my huis. Ek het nie nodig om aan n bid dag saam heidene deel te neem nie. Ons gooi ons land weg omdat ons die heidene in ons land goed praat. Ons regering is nie Christelik nie. Hul kan voor die media voorgee maar God sien en weet als. Moenie die heidene se tradisies volg nie.

Hoe nou?

Van n President wat nooit met gebed open nie? Waarom sê u nie eerder dít nie? “Vader, vergewe ons vir wat ons gedoen het. Vergewe ons dat ons versuim het in ons plig om U aarde te bewaar en versuim het om diere regte te beskerm. Vergewe ons dat ons nie U boodskap hoor nie, of nie wil begryp nie. Vergewe ons dat alles nogtans gaan oor “alles vir die mens”, “besigheid” en bowenal, Die Ekonomie!”. Rig ons in U weë, tot ons begryp want God is Liefde, Liefde is God! Mag liefde oorwin, vir mens en dier. Amen”

werner

Die virus is op van die geld koop eerder met jou kaart moenie vaste geld note te veel hanteer nie vee hande af Na die tyd met n sinatêre sproei middel

Hekwag

Jesaja 26:20-21. Gaan lees maar gerus! Lankal vermoed Hy is net so moeg vir die spul.