Covid-19-samevatting: Nooddienswerker blootgestel op ongelukstoneel

Argieffoto (Foto: memyselfaneye, Pixabay)

ʼn Nooddienswerker van die brandweerstasie in Oudtshoorn in die Wes-Kaap het onlangs op ’n ongelukstoneel in kontak gekom met ʼn persoon wat nou positief getoets het vir Covid-19.

Reginald Smit, waarnemende munisipale bestuurder, het Donderdag in ’n verklaring gesê die betrokke persoon het Woensdag positief getoets vir die virus, nadat die persoon in ʼn hospitaal opgeneem is. Die nooddienswerker is intussen in self-isolasie geplaas.

Volgens Smit het die munisipaliteit die res van die brandweerstasie se personeel tot eerskomende Maandag huis toe gestuur. Die brandweerstasie en sy voertuie is reeds ontsmet.

Vullisdepots

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nog ’n Kaapse vullisdepot is intussen tydelik gesluit weens Covid-19.

Die Stad Kaapstad het Donderdag gesê ’n vullisdepot in Mitchells Plain is noodgedwonge gesluit nadat ’n werknemer positief getoets het vir die nuwe koronavirus. Dit volg drie dae ná ’n vullisdepot in Woodstock sy deure moes sluit toe ’n werknemer positief getoets het.

Altesaam drie werknemers van vullisdepots in die Moederstad het nou reeds die virus opgedoen, het die Stad bevestig. Een van die werknemers is deel van die spanne wat vullis in die stad verwyder. Die ander twee is kantoorpersoneel.

Die munisipaliteit waarsku inwoners van Woodstock en omgewing en Mitchells Plain dat hulle moontlik ’n vertraging in vullisverwyderingsdienste gaan ervaar as gevolg van die vullisdepots wat tydelik gesluit moes word vir ontsmetting.

Die inwoners word versoek om hul vullis vir tyd en wyl in hul erf te hou totdat dit verwyder kan word.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.