Covid-19-samevatting: Trump staak befondsing aan WGO

Pres. Donald Trump praat Dinsdag by die Withuis. (Foto: Alex Brandon, AP)

Die Amerikaanse president Donald Trump het Dinsdag gesê hy het sy administrasie opdrag gegee om die land se befondsing aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) te staak.

Volgens Trump het die WGO sy basiese plig versuim vanweë die manier waarop die organisasie op die pandemie gereageer het.

“Ek het my administrasie opdrag gegee om finansiering te staak terwyl die rol van die Wêreldgesondheidsorganisasie in die wanbestuur en die verspreiding van die koronavirus bepaal word,” het die president gedurende ’n mediakonferensie by die Withuis gesê.

Die VSA is die grootste enkele finansierder van die WGO en het verlede jaar $400 miljoen aan die organisasie betaal, berig die BBC.

“Ons is bekommerd oor of Amerika se vrygewigheid te midde van die uitbreek van die Covid-19-pandemie reg aangewend word,” het Trump gesê.

Die VSA is tans die episentrum van die pandemie met 614 246 bevestigde gevalle Covid-19 wat reeds hier aangemeld is. Meer as 26 000 mense het reeds in die land weens die nuwe koronavirus omgekom.

Meer as 2 miljoen gevalle wêreldwyd

Die aantal bevestigde gevalle Covid-19 reg oor die wêreld het nou die 2 miljoen-kerf oorgesteek. Altesaam 2 004 383 mense in 210 lande het reeds die koronavirus opgedoen sedert die virus se uitbreek in Desember. Altesaam 126 811 mense het reeds weens die virus omgekom.

Volgens die wêreldbarometer Worldometer se statistiek oor Covid-19 het 485 303 pasiënte reeds herstel.

Luidens die statistiek is daar tans 1 392 269 aktiewe Covid-19-gevalle reg oor die wêreld. Dit sluit pasiënte in wat tans die virus onder lede het en nie weens die virus gesterf of reeds herstel het nie.

Die Chinese president Xi Jinping (Foto: Xie Huanchi/Xinhua via AP)

China waarsku publiek eers ‘week later’ oor pandemie

Luidens interne dokumente verkry deur The Associated Press het Chinese owerhede eers ses dae nadat hulle begin vermoed het dat hulle ’n pandemie op hande het, die publiek daarvan in kennis gestel. ’n Massa-banket vir tienduisende mense is in dié tyd gehou, terwyl duisende Chinese burgers begin reis het vir die Chinese Nuwejaar.

Die Chinese president Xi Jinping het die publiek op die sewende dag, 20 Januarie, gewaarsku. Meer as 3 000 mense was reeds teen die tyd met Covid-19 besmet, lui die dokumente.

“As hulle ses dae vroeër opgetree het, sou daar baie minder pasiënte gewees het en mediese fasiliteite sou voldoende gewees het,” het Zuo-Feng Zhang, ’n epidemioloog aan die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles, in reaksie op die onthulling gesê.

Nog ’n epidemioloog, Benjamin Cowley aan die Universiteit van Hongkong, meen egter die Chinese owerhede kon nie die publiek waarsku voordat hulle die omvang van die pandemie begryp het nie, aangesien hulle hul geloofwaardigheid kon inboet.

Dr. Zweli Mkhize ontvang Dinsdag die skenking by Li Nan van die Chinese ambassade. (Foto: Jairus Mmutle, GCIS)

Groot skenking aan Suid-Afrika

China het ’n besending mediese toerusting en persoonlike beskermende toerusting aan Suid-Afrika geskenk. Die skenking sluit in 11 000 N95-maskers, 50 000 chirurgiese maskers, 3 000 stelle beskermende oorpakke, 500 draagbare infrarooi termometers, 3 000 brille, 11 000 pare chirurgiese handskoene en 11 000 pare skoenoortreksels.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge, het die skenking Dinsdag namens die Suid-Afrikaanse regering ontvang.

Die ANC het sedertdien die skenking verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

charmaine ·

Trump het n punt beet wie weet of die geld na die regte “sakke” toe gaan? En naturrlik sal China vir SA sponser want hulle wil hulle vingers in SA slaan. Ek sal ook 2keer dink voor ek iet skenk.

Linda ·

Ek dink hulle ( Chinese) hele hande en arms tot by die elmboë is al in SA. Volgende koop hulle al die myne wat so sluit op vir ‘n appel en ‘n ei en deporteer hulle mense om daarin te kom werk. Onse Cyril dink hulle gaan SA red met n towerstaffie , maar hulle gaan die massas in Afrika nog in die grond inwerk.. Miskien nie in ons tyd nie, maar kom ons kyk oor ‘n 100 jaar.

Die Wolf ·

100 jaar! Nee mens binne die volgende 15 jaar of minder.

BoerSonderRoer ·

Sjina se bas.
Ons kon al daai maskers en toerusting in SA vervaardig het.
Ons soek asemhalings masjiene.
Youtube is vol videos van die lae gehalte produkte wat Sjina skenk.

Linda ·

Nee wat ons Suid Afrikaners is te besig om rou eiers en suiker en brandewyn te drink en videotjies rond te stuur via social media.

Die Wolf ·

Die doel van hierdie is om fondse in te samel vir oues van dae.Ek dink n mens moet maar eers seker maak wat aangaan.

ES ·

Ek weet nie van een persoon wat die rou eier-ding doen wat geld geskenk het nie.

marius ·

En afrika se leiers kruip voor die kilste nasie in die geskiedenis , vir ‘n paar teerpaaie en munte .

Burgermeester ·

President Trump het daar die regte ding gedoen. China skenk niks verniet nie. Ek wonder hoeveel van SA het die ANC al aan China verpand?

Fedup ·

Lets be clear on one thing. I don’t like trump at all. But. I agree. No one knows how that money is spend. And china did try to cover up the outbreak in wuhan. And what do poor old south africa do? Side up with those responsible for this whole mess. Wake up you puppets. China’s foot is up deeper than you think.

RB ·

Fantasties Trump! Jy is in niemand se sak en ook nie bereid om jou land te verkoop.

Kan nie dieselfde van enige ANC minister of president sê. So verkoop hulle hul siele èn hul land aan kommuniste – hulle kom maar uit dieselfde kraal. Albei lieg en bedrieg ook, nes dit hulle pas.

Eerlik ·

Ek het geen probleem met Trump nie, hy het common sense. China soek nog grond in SA met minerale, hulle het geen skenkings aan ander lande oorhandig nie. SA het al die groot maatskappye wat al die toerusting vervaardig.

Filistyn ·

Pragtig. 10 uit 10 vir ‘n man wat sy man kan staan. Goed om te weet nie almal is omkoopbaar nie.

Erik ·

Trump het duidelik baie ondersteuners hier op MM. Vreemd, want oor die algemeen lag mense hom uit. Selfs in sy eie land is hy ‘n grap en spot die media en publiek met hom. Ek is nie ‘n ANC ondersteuner nie, maar as dit oor die president as persoon gaan verkies ek veel eerder vir Ramaphosa as Trump. Trump is sonder twyfel ‘n narcissis, vir wie geld belangriker as lewens is. Wonder hoe vorder sy muur?

Die Wolf ·

Jy is geregtig op jou opinie . Gun die ander ook hulle opinies. Onthou smaak verskil. Skakel hom en vra hom hoe ver is sy muur al gevorder.
Groetnis

Wessel ·

Die hoofstroom media verteenwoordig nie die publiek nie. Ons het dit gesien gedurende sy vorige verkiesings velddtog. Eintlik is die Amerikaanse hoofstroom media die narre in die verhaal met die manier hoe hulle hom probeer afbreek. Die hoofstroom media hou jou oningelig, daarom wonder jy of die muur vorder. Kyk ‘n bietjie op youtube, en jy sal sien.

Fufu ·

Trump is n hero. Ek was in Wes Afrika gedurende die Ebola krisis n paar jaar gelede – en nee ek het nie weg gehardloop toe dit erg gegaan het nie. Hoe die WHO geld gespandeer het was skokkend. 10 % van die WHO befondsing het vir die regte doel gegaan. Die res is gespandeer op luukshede, luukse hotelle en luukse gehuurde voertuie. Draai die krane toe Trump. Dit is tyd dat korrupte politikuste en NGO’S n les geleer word.

Pieter J ·

Australiĕ het een miljoen maskers terug gestuur aan China oor die kwaliteit daarvan hoegenaamd nie aan die nodige standaarde voldoen nie nou skenk die Chinese dit aan Afrika want hulle weet die sal minderwaardige goed aanvaar.

Ruben ·

Trump maak die regte besluite hou jou geld vir jou eie mense.Trump en sy administrasie werk elke dag aan hoe hulle die ekonomie weer aan die gang kan kry.Hier by ons hoor jy nie woord nie.Hoor net hoe goed en pro aktief hulle is om die insluitting in te stel die regering is goed vir niks.Maak oop die land hy gaan brand.

gatgogga ·

Hier by ons hoef die regering hulself nie oor die ekonomie te bekommer nie. Cyril het alreeds die ekonomiese stand in junk verander – niks kan meer daaraan gedoen word nie.
Ag toe nou, Maroela – modereer en kry klaar.

Chris ·

Eric, elke mens het die reg tot ‘n opinie, maar ek glo nie jy is ernstig met jou kommentaar nie. Trump is ‘n gehate man in sy eie land en in ander liberale state. Trump is beslis nie ‘n politikus nie. Hy het eenvoudig nie die finesse om een te wees nie en het ook ‘n tekort aan diplomasie. Wat hy egter gedoen het is om die monopolie wat Sjina het of gehad het te verbreek. Hy het ook al teen NAVO uitgevaar, nou is dit die WGO se beurt. Die Sjinese het die weste om die bos gelei. Die gevaar van die virus is vir te lank van die weste weerhou. Toe dit “bekend” word, skep die Sjinese ‘n vrees en pendemie. Iets klop net nie vir my nie.

Die Wolf ·

Trump verkoop nie die VSA ekonomie uit nie. Die vorige President was beslis nie opgewasse vir sy taak nie. Die VSA wasop die rand van bankrotskap toe Trump oorgeneem het. Doen maar navorsing en sien die allemintige groei in baie van die state.
HY mag miskien nie die finesse besit wat kamtig verlang word nie, maar hy is n fris briessie in die wereld omdat hy nie skroom om sy opinie te lug nie. As ons meer van sy kaliber in wereld politiek het sal dit baie beter gaan met die wereld . Boris Johnson is ook een wat hom nie laat intimideer nie.

ES ·

Trump onttrek die befondsing na die WGO maar wat het hy gedoen om die virus te bekamp in sy eie land? Die VSA het tans meer as ‘n halfmiljoen bevestidge sake van die COVID-19 virus maar sy mond is die grootste? Ek kan net my kop skud.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.