Covid-19-samevatting: Tweede onderwyser by skool toets positief

(Argieffoto: Leonie Bezuidenhout)

’n Tweede onderwyser by ’n Kaapstadse laerskool het die nuwe koronavirus opgedoen. Dít enkele dae nadat die eerste onderwyser by die betrokke skool positief getoets het vir Covid-19.

Hyde Park Primary School in Parkwood het in ’n omsendbrief gesê albei onderwysers se leerders is huis toe gestuur en ouers word gevra om hulle te monitor vir enige simptome van die virus.

Volgens die skool was die eerste onderwyser wat positief vir Covid-19 getoets het, die afgelope week glad nie by die skool nie. Die skool ontken nou dat die betrokke onderwyser die virus op die skoolterrein opgedoen het.

Die skoolgebou is reeds Woensdag ontsmet.

Altesaam 56 780 bevestigde gevalle Covid-19 is tot op hede in die Wes-Kaap aangemeld, met 1 652 pasiënte wat in dié stadium weens die virus gesterf het. Altesaam 39 475 pasiënte het reeds herstel.

Tshwane-busdiens opgeskort

Argieffoto: http://upload.wikimedia.org/

Die Stad Tshwane se busdiens is vanaf vanmiddag (Vrydag) tydelik opgeskort nadat dit ’n positiewe Covid-19-geval aangemeld het.

Die Stad het in ’n verklaring gesê busdepots sal tot verdere kennisgewing gesluit wees aangesien alle depots en busse ontsmet moet word.

Maroela Media het vroeër berig Gauteng is die nuwe episentrum van die koronavirus in Suid-Afrika met dié provinsie wat tans meer aktiewe gevalle Covid-19 as die Wes-Kaap het.

Altesaam 28 746 pasiënte in Gauteng het reeds positief getoets vir die virus. Dié provinsie se dodetal staan tans op 149 met 10 439 pasiënte wat reeds van Covid-19 herstel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois ·

Hoe kom dit in die skool. Dit se vir my hulle was nalatig om die onderwysers te toets voor hulle die skoolterein ingaan

Antoinette ·

Wil net noem dat ek so bietjie op YouTube rondgeblaai het, en onder andere afgekom het op inligting oor bekendes wie in Junie 2020 oorlede is. Inigting oor die die bekende skryfster Elsa Joubert (97) se oorlye verskyn toe ook daar tussen die spul onbekendes, synde dat sy oorlede is aan Covid 19. Hoe nou?

Ronel ·

Een van my dogter se vriende is in April dood as gevolg van motorfiets ongeluk. Sy was 2 dae in hospitaal op haar doods sertifikaat staan ook Covid-19.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.