Covid-19-samevatting: VSA skenk nóg geld aan SA

President Donald Trump praat Donderdag by die Withuis in Washington. (Foto: Evan Vucci, AP)

Die Amerikaanse regering gaan nog geld aan Suid-Afrika bewillig om die land se hantering van die Covid-19-pandemie te steun.

Die VSA het Donderdag in ’n verklaring op die webtuiste van die Amerikaanse ambassade en konsulate in Suid-Afrika gesê die land gaan nog sowat R33,7 miljoen ($1,8 miljoen) aan Suid-Afrika skenk. Die geld kom uit die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAID) se noodreserwefonds.

Luidens die verklaring het die VSA hom nou verbind om altesaam sowat R51,5 miljoen ($2 770 000) aan Suid-Afrika te skenk vir die stryd teen Covid-19. Dít volg nadat die VSA verlede maand reeds sowat R18 miljoen ($970 000) bewillig het.

Die aankondiging volg kort nadat pres. Donald Trump sy administrasie opdrag gegee het om die land se steun aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) te staak. Die besluit het egter wye teenkanting ontvang.

Maroela Media het vroeër berig die VSA is die grootste enkele finansierder van die WGO en het verlede jaar $400 miljoen aan die organisasie oorbetaal.

Vakbond steun die geleidelike ophef van afsondering

Nkosazana Dlamini-Zuma (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die vakbond Uasa het gesê hoewel die regering se plan om die algehele landwye afsondering geleidelik op te hef nie ’n maklike besluit is nie, is dit wel die regte besluit.

“Aangesien ons ekonomie reeds onder ernstige druk verkeer het nog voordat die virus sy verskyning gemaak het, moet ons die situasie geleidelik normaliseer,” het Stanford Mazhindu, woordvoerder van Uasa, in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdag op ʼn mediakonferensie enkele veranderinge aan die afsonderingsregulasies aangebring. Die veranderinge sluit in dat sekere sektore weer kan begin werk.

“Dit is ʼn moeilike besluit wat slegs kan werk as die kwesbaarste mense beskerm word, terwyl die sterker werkers vorentoe beweeg om die land van bankrotskap te red. Die hersiene regulasies beteken dat meer mense nou weer aktief kan deelneem aan die ekonomie en geld kan verdien vir hul gesinne,” het Mazhindu gesê.

Wuhan se dodetal hersien

‘n Man stap Donderdag n Wuhan in China. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Die sterftesyfer in Wuhan in China weens die nuwe koronavirus is hersien en nóg 1 290 sterftes is aangemeld. Dit dui op ’n toename van 50%.

Volgens die jongste syfers het 4 632 mense werklik aan Covid-19 in China gesterf sedert die virus in Desember in Wuhan uitgebreek het. Dit volg nadat die land se dodetal weke lank rondom die 3 300-kerf stilgestaan het.

Die aantal sterftes moes egter hersien word nadat enkele mediese instansies aanvanklik nie sterftes by Wuhan se siektevoorkoming-en-beheerstelsel aangemeld het nie.

“Weens die gebrek aan toelatings- en behandelingsvermoë het ’n paar mediese instellings in die vroeë stadium van die uitbreking nie betyds met die nodige owerhede kontak gemaak nie. Hospitale en noodwerkers was ook oorval met pasiënte,” het ’n amptenaar by Wuhan se siektevoorkoming-en-beheerstelsel se hoofkantoor aan die Xinhua News Agency gesê.

Volgens die amptenaar is gevalle as gevolg hiervan laat, verkeerdelik of glad nie aangemeld nie.

Owerhede in Wuhan hou vol dat die werklike syfers nie opsetlik van die publiek weerhou is nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nie Verbaas ·

Wonder net hoeveel van die skenking gaan by die mense in nood uitkom en nie net “verdwyn” nie.

Jacobus ·

Nou toe nou, nou moet ons regering ook leer om nie te vinnig uit die blokke wees om China terwille te wees. Met al die lingse histerie glo ek vas dat die besluit om geld van WHO (Tydelik) te weerhou nie ligtelik geneem is nie. Wanneer die krisis eendag verby is, moet die wêreld ernstig kyk na die instansies wat veronderstel is om na die beste belang van alle mense om te sien. Begin maar gerus by die VN.

marius ·

En geen woord van dankbaarheid van die futlose kant nie ? Het enige afrika land ooit geld of hulp aangebied vir die VSA ?

Schalk N ·

Ek ondersteun DT 100% dankie VSA vir die fondse. Die GROOT vraag is vir wat/wie gaan die fondse gebruik word?
Die stof moet eers BEHOORLIK gaan lê, (en nat gespuit word.) Voordat daar besluite geneem word om die Lock down van die hand te wys.
Ja, dit is vir ons Land en almal bitter moeilike omstandighede, maar ons is steeds BAIE beter af as vele ander Lande.

Drico ·

Ougrote, duidelik is jy een van die wat of n pensioen kry elke maand en nie bekommerd is nie of jy is een van die wat nog n werk het en ook van jou inkomste verseker is. Jy sal n heel ander deuntjie sing as jy in my skoene staan.

Mieke ·

Ek wil nou nie ‘n demper op alles plaats nie, maar die eerste vraag/gedagte wat by my opgekom het was: Gaan iemand nou nie die geld wanbestuur? Gaan die persone wat dit werklik nodig het baat vind?

Fedup ·

I am so going to apply for a job in parliament. I need to get some of that cash. As no one else in this country will not see a dime of it. China need to sort out their mess they created. As the same thing happening here, counting was never introduced to schools. Thanx trump, for being an idiot, again.

Bets ·

Ja dit is die waarheid hoeveel van die geld gaan by die mense uit kom goeie vraag

Rodger17 ·

Trump moenie geld vir SA skenk nie,hulle maak hom heeltyd sleg.Onttrek alle skenkings aan SA mnr Trump dis wasted money gló my!Ons kort n president soos Trump!Viva Trump!!!!!!

Piet parys ·

Mnr Trump moet eerder die geld vir Solidariteit of Afriforum gee dan is hy verseker dat die geld reg bestee word.

Hennie ·

Nie dat ek noodwendig ‘n Trump aanhanger is nie, wonder ek net waar die sg beleërde leier en sy trawante van die verdwene ekonomiese vryheids vegters dan nou is. Moes hulle nie nou vir Trump gesê het sy geld is nie welkom nie? Net soos hulle dié man by geleentheid gruweluk aangeval en beledig het tydens ‘n parlementêre sitting. Hoekom is Rupert en Oppenheimer se humanitêre geldhulp nie geweier nie aangesien hulle na bewering ook die vyande van die grootste gedeelte van ons SA anderskleuriges is.Hoe en wanneer gaan hierdie rassewaansin eendag eindig?

Ruben ·

Vsa julle moet niks skenk vir die klomp nie.Julle kon netsowel n skip vol luukse motors vir hulle gestuur het.Dis waarvoor meeste van die geld sal gaan.

netekalleen ·

Sad but true. Die geld gaan nie aangewend word vir die doel waarvoor die vsa dit gegee het nie

Amatambo ·

My “KRISTALBAL” vertel my dat meeste van daardie geld gaan in die sakke en mae van die African National Corruption se sakke enmae beland…

Anoniem ·

SA moet begin kyk na sy amptenare veral die essensiele werkers soos die hospitaal skoonmakers, wat geen verhooging ontvang het nie maar hierdie mense moet so n belangrike rol speel. Vergeet van die groot koppe en begin dink aan die klomp kleiner mense wat uiteindelik die grootste rol speel terwyl die ander in hulle kantore sit, is hierdie mense “on the front line”, en dis hoe hulle “waardeer” word deur geen verhoging! Daai mense het ook gesinne, daai mense betaal ook stygings in produkte en huur! Ons regering staan vir n pot snot, hulle wys hulle omgee op verkeerde plekke, net vir aandag kry! Wie dink jy mnr President gaan na daai minder bevoorregtes aan wie julle nou kos uitdeel kyk as hulle covid 19 opdoen?! Waardeer jou essensiele mense ASOOK die minder bevoorregtes, jy gaan definitief nie aan daai essensiele werkers se gesinne kospakkies uitdeel nie want die staatswerkers kry mos “baie” geld!! Hou op dom wees!!!

madels ·

Sooo bly dat Trump sy ondersteuning vir die WHO organisasie gestaak het. Ek bid dat Trump hulle NOOIT OOIT weer n sent sal gee nie. Hulle is n duiwelse spul.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.