Covid-19-samevatting: Zwelinzima Vavi toets positief

Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van Saftu

Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van die SA Federation of Trade Unions (Saftu), het positief getoets vir die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak.

Vavi het Donderdag aan eNCA gesê hy het Vrydag simptome van griep getoon. Hy het egter teen Saterdag slegter begin voel, waarna hy Sondag vir die virus getoets is. Hy toon egter geen respiratoriese simptome nie.

Vavi het gesê hy het geen idee waar hy moontlik Covid-19 kon opdoen nie en is nou in selfisolasie.

Ikeys bevestig sesde geval

Die Universiteit van Kaapstad het Donderdag sy sesde bevestigde geval Covid-19 aangemeld – dié keer nog ’n student.

Elijah Moholola, woordvoerder van die universiteit, het in ’n verklaring gesê die student het Sondag positief getoets. Alle moontlike kontakte word nou opgespoor.

Altesaam drie studente aan die universiteit het nou positief vir Covid-19 getoets. Drie personeellede het reeds ook die nuwe koronavirus opgedoen. Al ses pasiënte is tans in kwarantyn.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

AfriForum skenk handreiniger

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Woensdag 5 000 bottels handreiniger aan polisiestasies regoor Gauteng geskenk om te verhoed dat polisiebeamptes Covid-19 opdoen.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het in ’n verklaring gesê die handreiniger is aan polisiestasies in die suide van Gauteng, die Wes-Rand, Oos-Rand en Pretoria geskenk nadat verskeie polisiestasies nie voldoende voorraad handreiniger gehad het nie.

“Polisiebeamptes werk op die voorste linies tydens hierdie pandemie en hulle moet in staat wees om hul pligte uit te voer met die nodige beskerming teen die virus,” het Cameron gesê.

Bemanningslede op skip toets positief

Meer as 200 bemanningslede aan boord van die Ruby Princess- assasierskip toon simptome van Covid-19. Die passasierskip is in Sydney in Australië vasgemeer nadat meer as 500 passasiers positief getoets het vir die virus en sewe sterftes weens Covid-19 aan die skip gekoppel word. Talle passasiers is op 19 Maart toegelaat om die skip te verlaat sonder dat hulle vir Covid-19 getoets is.

Daar word nou gevrees dat meer as 1 000 bemanningslede aan boord van die skip die virus kan opdoen.

Daily Mail berig mediese dokters is Donderdag op die skip toegelaat om bemanningslede te toets nadat ’n sewende passasier in ’n hospitaal weens die virus omgekom het. Dié pasiënt was 85 jaar oud.

’n 66-jarige bemanningslid is Donderdag van die skip af begelei om mediese behandeling te ontvang.

‘n Gereguleerde ingangspunt na ‘n woonarea in Wuhan. Foo: (Chinatopix via AP)

Tegnologie in Wuhan

’n Selfoontoepassing word nou in Wuhan in China gebruik om aan te dui of ’n persoon Covid-19 het of nie. Die toepassing vertoon ’n groen simbool wanneer iemand nie Covid-19 het nie. Die persoon kan dan die selfoon vertoon om op ’n trein te klim of in ’n hotel te bespreek.

Diegene wat simptome toon of reeds positief vir Covid-19 getoets het, kan hul toestand op die toepassing aandui, wat dan geel of rooi simbole toon. Streng reisbeperkings geld steeds vir dié mense.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

katerinadiekat ·

Nou maar hoe dan nou? Ek dog swart mense is immuun? Ek meen dis wat hulle self heeltyd se? Well colour me confused..

Jan ·

Xhina is al lankal weer up en running dit beteken hul fabrieke werk weer terwyl die weste hulsslf isoleer..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.